Kla met ‘n custardslice

Mei 28, 2012 at 8:08 vm 6 Kommentaar

 

                                              

 

Ai, ‘n mens is tog so geneig om te kla as ons probleme het.  Ek ook.  Skinder is mos ‘n lekker ding.  Al is dit van myself wat ek skinder, of hoe???

So was my hart baie seer toe my Bad Boy my Vrydag geskakel het om te sê dat hy nie geslaag het nie.  Hy het een vak gedruip.  Hy kan dit darem oordoen sodra hy ‘n datum kry.  Met my hart soos ‘n swaar gewig binne in my, het ek die honde geneem en gaan stap.  Toe het dit my getref dat my Bad Boy eintlik heel goed gevaar het, veral toe ek besef het dat Homer en my noolste Nolie verskeie kursusse by kolleges gevolg het en my Bad Boy was nie naby enige kollege nie.  Hy het maar deur “trail en error” geleer.  Toe het ek God gedank dat hy net een vak gedruip het.

Die volgende keer as ek in die versoeking kom om te kla oor my probleme, gaan ek probeer om te dink oor probleme wat wat ander mense mag hê wat baie erger is as myne.  Net dalk, kom kry ek hernieude dankbaarheid vir die goeie dinge wat wel in my lewe is.

Advertisements

Entry filed under: Hartsake.

Een Sondag in die kerk Tyd

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Mei 28, 2012 om 9:24 vm

    Eerste

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Mei 28, 2012 om 9:25 vm

    Sterkte vir jou Bad Boy met sy volgende poging. Ek hoop hy kry vinnig ‘n nuwe datum.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Mei 28, 2012 om 10:00 vm

      dankie. 🙂

      Antwoord
  • 4. gerdajansen1  |  Mei 28, 2012 om 2:47 nm

    ja somtyds kla mens te maklik. dit laat my nou dink aan die grand merrems wie by die hospitaal stop met haar swart convertable merc. uitklim met haar labled klere en dan kla omdat sy tussen die menigtes moet sit en wag om diens te kry.

    Antwoord
  • 5. Kameel  |  Mei 28, 2012 om 5:44 nm

    My ma was so lief om vir ons te sê “‘n Mens kla nie met ‘n witbrood onder die arm nie.” As ons net altyd daardie witbrood wil raaksien nê? Vertrou jou seun slaag “hemelhoog,” volgende keer 😉

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Mei 28, 2012 om 11:58 nm

      dankie. Goedgaan.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: