Een Sondag in die kerk

Mei 25, 2012 at 7:36 vm 4 Kommentaar

Die goeie ou dae. So jammer in sommige gevalle dis vir altyd verby. Ons het groot geword in ‘n dorp waar daar ‘n groterige militere opleidingskamp was. Die orienteringstyd was altyd baie opmerklik met die spul rofies met hulle kort geskeerde hare sowat drie rye van voor af in die kerk. Tydens hulle “basics” moes hulle elke Sondag kerkdiens bygewoon het. Sover moontlik elkeen in hulle eie kerk.

Ons padre van destyds, ek praat so van die middel ’70’s (ai gee ek nou my ouderdom weg) was ‘n man wat ‘n preek kon doen. Hy moes net ‘n lang aanloop hê. As ‘n mens nie vlug van begrip was nie, het jy gewoonlik die punt gemis. Maar in elk geval, die spesifieke Sondag lees hy die gelykenis van die lam man. Tydens sy “homily” sien jy hier sak ‘n kop en daar sak ‘n lyf laer af in die bank en jy sit reg want jy weet mos wat kom.

Die Sondag bou die padre weer sy aanloop. Ons kyk rond, die rofies lê soos die stokkies waarmee mens “pick up stix” speel. Omtrent elkeen in sy eie rigting. Die padre is goed begeester en slaan sy vuis op die preekstoel en bulder, “STAAN OP!” Ek wens julle kon sy gesig sien. Want nog voordat hy kon vervolg met “neem op jou bed en loop” spring die twintigtal rofies soos een man kierts regop.

Gedagte van die dag: Waar is die dae toe ‘n uniform nog gerustellend was?

Advertisements

Entry filed under: Staaltjies.

En die Prostudent is…… Kla met ‘n custardslice

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Mei 25, 2012 om 9:32 vm

    EERSTE!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Mei 25, 2012 om 9:32 vm

    Whahahahahahaha!!!

    Ek reken almal het gelê soos hulle lag

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Mei 25, 2012 om 7:28 nm

      eers het almal geskarrel om weg te kom. Onthou, dit was troebel tye.

      Antwoord
  • 4. Kameel  |  Mei 27, 2012 om 6:03 nm

    Ek lief die beskrywing dat hulle soos “pick up sticks,” gelê het… kan dit sien 😆

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: