plekkie in die son

Mei 21, 2012 at 7:50 vm 8 Kommentaar

 

Daar gebeur die afgelope tyd so min goeie dinge in die lewe van ‘n Nie Swart mens.  Wat is die beste nuus wat jy onlangs gekry het?

Ek het julle al vertel dat my BB nie matriek gemaak het nie.  Hy is disleksies en omdat hy nie so goed kan lees en skryf nie, was hy in ‘n spesiale skool.  Ek raak tog so verbitterd as ek sien dat hoeveel mense wie matriek in gewone breëstroom skole gemaak het, spel nog slegter as my BB.  Tog was hulle in gewone skole aangehou en kon matriek maak.  My seun met ‘n ver bogemiddelde ik, moes na ‘n spesiale skool gegaan het.

Maar dis nie waaroor ek wil praat nie.  Die goeie nuus is dat hy ‘n kans gegun word om tog as ‘n ambagsman te kwalifiseer.  Whoop whoop.  hy was vir jare des jare misbruik.  Kan julle glo, op ‘n stadium moes hy die gematriekuleerde vakleerlinge leer hoe om sekere goed te doen.

Wat goed het in julle lewe gebeur?

Gedagte van die dag: Gun aan ‘n ander ook ‘n plekkie in die son.

Advertisements

Entry filed under: Go Go.

Nare take Die spies

8 Kommentaar Add your own

  • 1. gerdajansen1  |  Mei 21, 2012 om 9:45 vm

    daar gebeur regtig so min goeie dinge dat ek nou vreeslik ver moet dink. laat ek sien…
    EERSTE!

    Antwoord
  • 2. gerdajansen1  |  Mei 21, 2012 om 9:53 vm

    weg is my lang txt oor wat my goeie nuus is. deesdae is dit al baie goeie nuus as ons water skoon is en veral AS JOU SELFOON SEIN HOU.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Mei 21, 2012 om 4:11 nm

      😉 so soort van geen nuus is goeie nuus.

      Antwoord
  • 4. Xena Phoenix  |  Mei 21, 2012 om 10:42 vm

    Sterkte vir jou seun se ambagstoets. Ek is seker dat sal goed gaan.

    Nee wat, ek reken die lewe is oor die algemeen ‘n lied. Mits die internet werk natuurlik.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Mei 21, 2012 om 4:10 nm

      goed vir jou.

      Antwoord
  • 6. freddieburger  |  Mei 21, 2012 om 5:43 nm

    Van die wêreld se briljantse mense was en is disleksies. Wanneer gaan onderwysers iets hieroor leer sodat hierdie kinders ‘n regverdige kans gegun kan word. Hoeveel talent word gaan nog onderdruk word?

    Antwoord
  • 7. Olga  |  Mei 21, 2012 om 7:37 nm

    het ek jare lank gevra en geen antw gekry nie, freddie. Die kinders word eerder uitgesonder vir onderwyser se spot waaraan die klasmaats mettertyd deelneem. So is nog n kind in sy moer. Jy ken mos die definisie van n onderwyse. ‘!Boelie tussen kinders maar n lafaard tussen volwassenes.” jy kry egter die uitsondering. Maar hulle is FEW AND FAR BETWEEN. Glo my gerus.

    Antwoord
  • 8. Kameel  |  Mei 22, 2012 om 1:51 nm

    Ons glo jou seun gaan sy plekkie in die son kry, geniet en uitleef!!! Al sit ons nie meer in VOLson nie, maar onder ‘n skaduboom waar die son kol, kol deurslaan, is ek dankbaar vir elkeen van daardie sonkolle. 😉

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: