Ek weet, EK WEET!!!!

Mei 18, 2012 at 7:47 vm 10 Kommentaar

                                  

Ek was mos lank terug en ver weg ‘n katkisasie “juffrou.”  Daar was die dogter in my klas, ‘n blondine.  Ouer as die ander maar nou ja.  Hulle was ‘n gemengde groep kinders en tieners wie nog nooit gedoop was nie.  ek moes hulle voorberei op die sakrament van die doop.  Ek het hulle soms toetsies laat skryf, ander kere het ons vasvrae gehad en so aan.

Die dag het ons weer ‘n vasvra gehad.  Ek het die vrae gevra, met die ry afbeweeg en so het elke kind mos ‘n beurt gekry om te antwoord.  Toe die blonde tiener, kom ons noem haar Edna, aan die beurt kom, vra ek haar “Weet jy wat God se naam is? ”  Ons het die vorige week ‘n les gehad waarin God iemand geantwoord het, met “ek is.”  Dit was die antwoord wat ek in elk geval verwag het.  Waarop sy antwoord “Ja, ek weet.”  Ek het gevra “Wat is sy naam dan, Edna?”  Waaro sy antwoord “Dis Andy, Tannie.”  ek het in ongeloof gevra “Andy?”  Sy antwoord toe “Ja.”  Ek het haar toe gevra “Hoekom sê jy so?”

Sy het my ‘n baie bejammerende kyk gegee en gesê “Tannie, die liedjie wat ons in Sondagskool geleer het sê mos so.” Huh?  “Edna, watter liedjie sal dit wees?”  het ek oorbluf gevra.  Sy sê “In the garden, Tannie. ”  Toe moes ek eers stupid gelyk het want sy het aangehou verduidelik.  Tannie weet mos waar ons sing” toe het sy weggetrek in ‘n soet helder stem “Andy walks with me Andy talks with me,  Andy tells me I am his own gesing.”

Gedagte van die dag:  Onvoorwaardelike liefde is die grootste geskenk wat enige iemand kan gee of ontvang.

Geniet die naweek en bly veilig.

Advertisements

Entry filed under: Staaltjies.

Gelukkige Hemelvaart Nare take

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Loli Pretorius  |  Mei 18, 2012 om 8:17 vm

    Ek weet dis nie die punt nie…maar …’blondes have more fun’
    😉

    Antwoord
    • 2. gerdajansen1  |  Mei 18, 2012 om 8:31 vm

      😉 kan sien hoekom.

      Antwoord
      • 3. Olga  |  Mei 18, 2012 om 9:36 vm

        if not, y not.

  • 4. Xena Phoenix  |  Mei 18, 2012 om 9:19 vm

    LOL!!!!

    Antwoord
  • 5. dirkiedoep  |  Mei 18, 2012 om 10:27 vm

    Wonder net hoe oud was sy….

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Mei 18, 2012 om 11:12 vm

      sy was 15 toe dit gebeur het.

      Antwoord
      • 7. dirkiedoep  |  Mei 18, 2012 om 11:24 vm

        Liewe Ouers !!

      • 8. Olga  |  Mei 18, 2012 om 2:36 nm

        gewoonlik was katkisasie die laaste ding wat hul wou he wanneer hulle eers op hoErskool kom. Dat die ene bereid was om deur te druk het gemaak dat ek haar met graagte gehelp het om dit te verwesenlik.

  • 9. Kameel  |  Mei 20, 2012 om 6:49 nm

    Ag dit is nou net te goed!!! 😆 “A blonde moment”

    Antwoord
    • 10. Olga  |  Mei 20, 2012 om 9:29 nm

      Ai jong hulle het al die liedjies se woorde gehad, maar lees is seker nie so lekker soos sing nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: