Wanneer liefde en haat bots

Mei 14, 2012 at 8:21 vm 6 Kommentaar

Grieters het alweer huiswerk uitgedeel en die uwe moet spring want sy weet waar ek woon.  Dit is my poging.

Hy kyk na die nommer op die kurkbord teen die muur, sug diep, neem sy sak op en verlaat die kantoor.  Oppad huis toe stop hy eers by die bottelstoor vir die feitlik aandlikse sixpack.  Die eerste leë blik word sommer met die uitklimslag in die vuilis blik langs die afdak gegooi.  Hy sluit die deur oop, trek die gordyne oop en maak die venster oop.  Toe stap hy, blik in die hand, na die groot huis toe.  Skree “hello” toe hy verby die sitkamer stap en raak doenig in die kombuis.

Terwyl hulle eet mor sy die hele tyd, die aartappels het geskroei, die rys is hard en hy kook binne.  Wonder hoe hy deur die aand gaan kom.  Hy wens vuriglik dat hy net in sy ou Volla kan klim en kan wegry.  Hy dink aan die ander ene, die ene wie hom nie sal aanvaar alvorens hy nie alle bande met die morrende vrou wie langs hom op die ou rusbank voor die tv sit en eet nie.  Hy kyk onderlangs na hom en suur wel in hom op.  Want hy weet dat hy nie kan besluit nie.  Al wat hy moet doen is om uit te stap tog kan hy net nie sover kom nie.

Die volgende dag kan hy nie wag om sy selfoon uit te pluk en op die internet te kom nie.  Dit tref hom gelukkig.  Al is dit so vroeg, is sy reeds aanlyn.  Hy glimlag van oor tot oor en tik op die skermpie “Hello my dolla.  Was jou koffie darem nog warm?  Jou water net reg?“    Amper dadelik kom die antwoord “Heerlik, dankie.  Lekker geslaap?”  Hy sug diep.  “I wish.”  Prewel hy maar tik toe “Heerlik soos altyd as ek van jou gedroom het.  Het jy van my gedroom?”  Hy trommel met sy vingers op die lessenaar kyk na die rekenaar skerm om te sien of daar deur die nag enige probleme in sy sfdeling was.  “ Sali sê nie.” Kom die antwoord op die skerm.  Gevolg deur “ Geniet die dag.  Jy is al by die werk, ek moet nog bad.  Mwa tot later.”  Met ‘n hemelse glimlag druk hy die toetsies op sy selfoon, skuif dit toe en bere die selfoonin sy hempsak.

Die aand stop hy weer by die bottelstoor oppad huis toe.  Daar druk al by voorbaat ‘n knop in sy keel.  Tuis gekom, sien hy dat die buitekamer se deur alreeds oop is.  Voordat hy nog die leë blik in die vuilisdrom kon gooi, skree sy al:  “ Sal ons ooit iets bymekaar kry as jy elke sent wat jy verdien uitsuip?  Fok, kyk waarmee ry jy?  Jy sal ook altyd net ‘n sukkelaar bly.”  Hy pluk nog ‘n bier uit die plastiek en skree terug “En jy sal altyd net nog ‘n teertou wees.  Te lui om asem te haal.”  So gaan dit terwyl hy die venster en gordyne oopmaak, die vuil asbak gaan leegmaak en dan aanstap kombuis toe.  Hy vervloek weer die dag dat hy met haar, toe ‘n sestienjarige in die bed beland het.  Sy het swanger geword.  Hy betaal steeds die prys, elke dag.  Al het die swangerskap in ‘n miskraam geeindig.  Ses jaar gelede al.  Sederdien was daar net niks.  Al wat oor gebly het nadat sy lus verdamp het, was net die skuld gevoel.  Die pligsbesef.  Hy haat homself amper meer as wat hy haar haat. Hy wens dit was al more oggend.  Hy wens so die ander enetjie wil van plan verander.  Wil hom in persoon ontmoet.  Hy weet net as hy haar ooit ontmoet sal alles in plek val.  Maar sy is nie bereid om meer as ‘n mxit kennis te wees nie.  Sy het haar hart teen sy pleidooie verhard.

Al sugtend klim hy die volgende oggend in sy kar om werk toe te ry.  Sy skree nog eenstryk deur uit die kamer uit.  Hy kyk op die horlosie in die karretjie en sien dat hy laat is.  Toe hy om die hoek gaan, haal hy al sy foon uit en  begin dadelik glimlag toe hy haar naam in groen op die skermpie sien.  “Ai” sug hy.  As jy net weet wat jy aan my het of kan hê.”  Op die selfoon tik hy “More my Dolla.  Bad water reg?  Koffie darem nog warm?”  Stop by die verkeerslig en wag vir haar antwoord.  By die werk aangekom kyk hy weer na die selfoon nommer op die kurkbord.  Hy wens vuriglik dat hy die nommer kan bel.  Haar stem kan hoor.  Die warm gevoel in sy maag kan kry wanneer sy foon antwoord en sê “Mej Kotze, goeimore.”  Maar hy mag nie bel nie, want sy sal nie antwoord  nie.  Op die skerm is dit ‘n speletjie op haar foon.

Hoe die ander enetjie uitgevind het van die ene by die huis is nie duidelik aan hom nie.  Sy sê iemand van sy tuisdorp het haar vertel.  Die ene by die huis sê sy het die mxit slet gebel.  Dit is hoekom die selnommer op die kurkbord by die werk is en nie op sy selfoon nie.  Dit het gekom op die vooraand dat hy die ander enetjie op die buurdorp sou gaan ontmoet het.  Sy het hom egter gebel toe ahy al in die Volla gesit het en ongeduldig gewag het dat die karretjie warm word.  Toe het sy gesê sy sien nie kans om hom te ontmoet nie, want hy is toe nie so single as wat hy te kenne gegee het nie.  Hoe dit ookal sy, hy kan nie net die ene by die huis los en na die ander enetjie toe gaan nie.  Sy sou immers teen die tyd die ma van sy kind gewees het.  Al wens hy met sy hele hart dat hy na die ander enetjie toe kan gaan.  Na vele gewik en geweeg, sleutel hy die nommer in, hy kyk na die skerm, hoor die luitoon en druk die foon dood.  Voel die yskoue wrewel in sy keel opstoot.

Advertisements

Entry filed under: Huiswerk.

Vir moeders Waaaaaatttttttttt???????????

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Mei 14, 2012 om 9:54 vm

    Eerste

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Mei 14, 2012 om 9:59 vm

    Goed geskryf. Dankie vir die saamspeel.

    Antwoord
  • 4. Son  |  Mei 14, 2012 om 3:52 nm

    Jy sal ‘n vervolg moet skryf 🙂

    Antwoord
  • 5. gerdajansen1  |  Mei 14, 2012 om 5:16 nm

    kripties maar great.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Mei 14, 2012 om 9:42 nm

      🙄 Ek moes kripties in die woordeboek gaan opsoek. 😀

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: