Die een ou spook kan hol

Mei 11, 2012 at 8:12 vm 6 Kommentaar

                                             

Man, kyk, julle weet mos nou al dat ek ‘n baie ywerige verbeelding het.  Nou ja, Maandag aand toe ons van die aerobiese oefensessie terug gekom het, het ek die buurvroue gaan aflaai by hulle huis.  Ons neem beurte om te ry.  Julle weet mos, mens oefen dat die sweet jou aftap dan is daar “afkoel” oefeninge maar jou liggaam is warm en die koue aandluggie is nie goed op ‘n warm geoefende lyf nie.  Daarom laai ons mekaar af.

Terug by my hek, het ek uitgeklim om gou die hek oop te maak.  Die volgende moment storm Bessie en ou Blaffer by my verby en ek het in die Fordjie gespring en amper die hek van sy skarniere afgehaal in my haas om in te kom.  Gisteraan oppad klas toe, vertel ek hulle daarvan.  Kyk, oorkant my huis is net die donker dennebos.  Ewentwel, ek het besluit om my honde in die binnehof toe te maak en die hek oop te laat toe ek gery het, dan sou ek mos net kon inry en stop wanneer ek eers in die erf is.  Nadat ek die buurvroue gaan aflaai het, ry ek toe sommer oor die oop grond langs ons huis en ry in die erf in, nes ek beplan het.

Die honde sit toe ‘n keel op, hulle is die toemakery nie gewoond nie.   Ek het utgeklim en die hek toegemaak.  Toe ek omdraai, was dit vas,  soos in kaboems teen hierdie koue, swart gedaante vas.  Mensekinders!  Waar was julle?  Ek het dit eers oorweeg om in die fordjie te spring.  MAAR DIE HEK WAS TOE!!!!  Toe hardloop ek.  Mens!  Vinniger as wat ek gedink het ek kan hardloop.  Ek het gesien die honde blaf.  Maar ek het niks gehoor nie.  Behalwe natuurlik dat die “gedaante” agter my is.  Om die huis sleep ek.  Dit het gevoel of die gedaante se hand my so rakelings aan die skouer beet gekry het,  toe het ek my innerlike turbo ontdek.  Toe hol ek dat die kak spat.

Intussen het die bure besluit dat hulle gou oor die pad gaan hol om net seker te maak dat ek ok is.  Man, kyk,  hulle moes net die klein hek toegemaak en het nader gestap gekom deur toe ek nou om die hoek gesnol kom.  Die “ding” agterna.  Hulle het die toneel ingeneem en tot die gevolgtrekking gekom dat dit nie gewens sal wees om op hulle  spoor terug te gaan nie.  Hulle het rieme neergelê, ek agter hulle, die “ding” agter my.  Die Fordjie in die oprit, luierend, ligte aan, deur oop, was nie eers ‘n opsie nie.  Dis ‘n fris hek.  Daar gaan ons, tweede keer om die huis.  Die bure voor, ek agter hulle aan, die honde histeries in die binnehof en die buurhuise te ver om ons te hoor.  Ek weet in elk geval dat ek nie geskree het nie.  Maar tussen die bure en die honde, was dit ‘n rumoer.

Toe ons die donkerkant van die huis  met die tweede omkom haal,  het die bure al hulle voorsprong vergroot.  Ewentwel, die volgende oomblik spring hulle kortom.  Hol my onderstebo.  Daar lê ek toe.  Winduit geval met die buurvrou ‘n kortkop agter my besig om holderstebolder op haar voet te kom toe die stem sê:  “Daai eroubies was nie goed as julle nog so kan hardloop nie.  Ek moet julle gaan oefen.”  Ou Bettie buk vooroor om na elkeen van ons ‘n hand te reik.

Sy het weer op haar beurt besluit om my in te wag en die hek toe te maak nadat ek in gery het, maar ek was ‘n bietjie te vinnig vir haar.  Wel, gelukkig was daar ‘n vol bottel White Horse in die spens.  Ons alvier het dit nodig gehad.  Dit is nie meer vol nie.

Gedagte van die dag:  Vriende is daar vir mekaar.  Al is dit vir ‘n andrenalien rush.

Geniet die naweek en bly veilig.

Entry filed under: Rooi gesiggies.

Maatjie-dag Vir moeders

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Mei 11, 2012 om 8:31 vm

    LOL!!!!!

    EERSTE!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Mei 11, 2012 om 8:32 vm

    Whahahahahahahahaha!!!!

    Sal Bettie leer om in die daglig by julle te kom draai. Sy kon amper ‘n Fordjie gescore het.

    😆

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Mei 11, 2012 om 9:11 vm

      en alles daaqin. Cd 3 o.a ook van my solid gold versameling. Dit sou katastrofies gewees het.

      Antwoord
  • 4. Kokkewiet  |  Mei 11, 2012 om 9:12 vm

    Whahaha!!

    Antwoord
  • 5. rondomtaliedraai  |  Mei 11, 2012 om 2:52 nm

    O tyd… dis dalk hoog tyd vir ‘n elektroniese hek?

    Antwoord
  • 6. gerdajansen1  |  Mei 12, 2012 om 9:10 vm

    hoe het die koppe vrydag gevoel?

    Antwoord

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter