Klagtes, gedagtes

Mei 8, 2012 at 7:07 vm 6 Kommentaar

Onlangs het heelwat mense in huisgenoot gebitch en gemoan oor hulle haarkappers. Of eerder dan, oor die misverstande wat hulle met hulle haarkappers het. Die ene sny nie soos die kliënt gevra het nie, daardie ene blaas nie reg nie en so aan en so aan.

Iemand wie ‘n diens lewer sal altyd kritiek kry. Veral as dit betaaltyd kom. Ek het lank genoeg klere gemaak en koek gebak om te weet waaroor dit gaan. Ek dink dikwels dit is hoekom ek nie graag kla nie. Nie omdat ek altyd tevrede is nie. Maar wragtig, genoeg is genoeg. Dis nie asof die vrou op hoogte bly van nuwe haarmodes of neigings nie. Sjuut Olga. My laaste haarsny en blaas verlede jaar, was in November. in Januarie toe ek weer vir ‘n haarsny gegaan het, kla sy steen en been dat haar gebou se huur met 10% opgegaan het, dat brandstof se prys op is, elektrieseteit gaan ook op en en en. Dit was veral die 10% vir die huur wat haar erg gegrief het. Daar was in die vyf jaar dat sy die gebou huur niks aan die gebou verbeter of herstel nie. Maar jaar vir jaar gaan die huur met 10% op.

Stel jou my verbasing voor toe haar rekening vir my haarsny en blaas met 25% opgegaan het. Ewentwel, toe ek my vriendin sien, is die eerste ding wat sy gesê het dat ek ‘n nuwe haarkapper moes oorweeg. Dit lyk of my kop in ‘n skroef vasgedraai was en die hare rondom is versnipper. Wel, vriende moet mos eerlik met mekaar wees. Maar, dit is ook waar die probleem inkom. Mens kan nie die argwaan van jou prokureur, bankbestuurder of haarkapster bekostig nie. Sover ek geweet het, het ek die haarkapster nie op enige manier te na gekom nie. Hoekom dan my kop in ‘n skroef vasdraai?

Dus, toe ek ‘n paar maal toevallig in die spieël gekyk het en ‘n tante met ‘n Donny Osmond kappie op haar kop het na my terug gekyk, het ek gou gou ‘n afspraak gemaak. Voordat ek die gebou binne gegaan het, het ek eers seker gemaak dat ek die regte bedrag in my beursie had. Sy neem net kontant, nie kaarte nie want as sy kaarte moet vat, sal sy ‘n bankrekening moet open wat gaan beteken dat sy sal moet diensfooie betaal en haar kliënte nog meer moet vra. Stroes Bob, uit haar eie mond. Ewentwel, toe sy klaar gesny en geblaas het, is haar tarief toe wragtig met ‘n verdere R10 op. Die petrol prys, jy weet. Dit terwyl sy minder as 2km ver woon.

Dis toe nou waar ek besluit het dat ‘n Donny Osmond kappie dalk nie so ‘n slegte idee is nie. Ek meen, sy is nie die enigste haarkapper in die laeveld nie. Maar petrol is nou horribaal duur. Dus gaan dit beteken die uwe sal voorts beslis minder haar stoele gaan warm sit.

Gedagte van die dag: Daar is wragtig steeds net eenhonderd sente in R1.

Entry filed under: Bitch en Moan.

Gmf watse bog! Hoe deel mens geluk?

6 Kommentaar Add your own

  • 1. seegogga  |  Mei 8, 2012 om 7:22 vm

    Gelukkig is lang hare nou mode!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Mei 8, 2012 om 8:20 vm

    Hie Hie Hie

    Jy begin dalk ‘n Donny mode. 😉

    Ek neem aan jou haarkapster betaal nie ‘n sent belasting nie. Nog ‘n rede hoekom sy nie ‘n bankrekening soek nie.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Mei 8, 2012 om 8:46 vm

      wel, dit hou koste vir haar kliente af. 😉

      Antwoord
  • 4. Toortsie  |  Mei 8, 2012 om 11:21 vm

    Haarkapsters moet die kliënt laat onstpan. Dis deel van hulle werk. Hulle mag nie die hele tyd kla nie!! Die kliënt moet lekker voel as sy daar uitstap!

    Antwoord
  • 5. Olga  |  Mei 8, 2012 om 12:13 nm

    in haar verdediging, as sy nie haar stywe verhoging van tariewe regverdig nie, dan doen sy, beslis. Dis hoekom ek haar nie wil de vieste in maak nie. Vir my is dit die enigste manier om dorpsnuus te kry.

    Antwoord
  • 6. gerdajansen1  |  Mei 9, 2012 om 12:31 nm

    ek kan nogal die ooreenkoms sien. 😉

    Antwoord

Lewer kommentaar op Olga Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter