Gmf watse bog!

Mei 7, 2012 at 7:50 vm 8 Kommentaar

Grieters het geblog oor mense wie reken diere het geen persoonlikheid (Moes dit dalk hondlikheid gewees het?)sulke mense is die soort wie honde het, maar niks aan of vir hulle het nie. O, ekskuus, hulle mag die honde voer en laat versorg, maar dis ook omtrent al.

Ek het sowat vyftien maande gelede my honde uitgeneem vir ‘n stappie toe die lig skielik begin taan het. Ek was op die tydstip sowat 3km van die huis af. Toe ek opkyk, was dit om te sien dat die wolke heeltemal toegemaak het. Dit het gekook en gekolk en ek het geweet dat ek my honde moes tuiskry voordat die storm ons tref. My honde, nes meeste ander is glad nie gemaklik met donderweer nie. Ons het omgedraai en sommer teen dubbel die spoed begin huis toe stap. Sowat agthonderd meter van die huis af, teen ‘n steil, ongelyke afdraend, het ek op ‘n skerp klip getrap. Die klip het verbrokkel en daar was niks wat ek kon doen om te verhoed dat ek val nie. Ek het reg agteroor geslaan en seker sowat tien meter verder tot stilstand gekom. Met die opstaanslag al het ek agtergekom dat daar fout was, die arm wat ek gereken het om op vas te druk, het geen snars beweeg nie. Ek kon egter regop gekom het sonder enige arm om op te stut.

My honde se leibande was in my linkerhand. Ek het weer probeer om my regterarm op te tel, maar kon nie. Toe het ek geweet dat ek so gou as moontlik tuis moes kom en nie net as gevolg van die dreigende storm nie. halfpad huis toe moes ek ou Blaffer losmaak om my arm met sy leiband teen my liggaam vas te maak. ek kon nie Bessie sn gebruik nie, met my wat in die moeilikheid was en haar omkykery wat my vertel het dat sy dit weet, kon ek haar nie los laat loop nie. Enige een wie die pad gebruik het, sou in gevaar gewees het. Maar Toughey was slim genoeg om “by my” te bly tot by die huis.

Maar dit ek wil kom by wat daarna gebeur het. Ek is allergies vir net omtrent alles. Die dokter het my een soort pynpil gegee en die ortopeed het gevoel dat hy my ‘n beter pil kon gee. Om nou ‘n lang storie kort te maak, daar was ek toe, in erge pyn en so bont uitgeslaan soos geen dalmatiese hond my kon namaak nie. Almal wie al ‘n “groot gewrig breek” opgedoen het, sal weet dat parasetamol net omtrent useless is teen die pyn, dus het ek nie eers die moeite gedoen om die pille, omtrent die enigstes wat ek kon gebruik, te neem nie. Tien dae na die “ongeluk” het ek nog erge pyn ervaar. Ewentwel, Homer en die kinders wie die naweek tuis was, het al gery. Toe het ek maar tweede beste gedoen, pyn-patrollie geloop. Gang op tot in die sitkamer, gang af kamer toe. Bessie steunend en grrrrrend agterna.

Ek het later besef dat ek sal moes gaan sit totdat Bessie kalmeer en ek haar kan uitsit voordat ek die patrollie hervat. Gang af, kamer toe het ek toe maar geslof. Saggies op my bed gaan sit. Sy het dadelik teen my kom skuur. Ek het toe maar “honde nonsies” met haar begin praat, toe sy my met haar kop stamp. Siestog, sy het geweet dat ek pyn ervaar en wou my troos. Sy het die “gammon” been wat Homer haar gegee het, in haar bek gehad en my bly stamp totdat ek die “pynoffer” uit haar bek geneem het. Wie sê nog ‘n hond het geen persoonlikheid nie?

Gedagte van die dag; Vriendskap is nie net oor KRY nie, dit gaan oor die GEE.

Wens julle ‘n wonderlike week toe.

Advertisements

Entry filed under: Diere Maniere.

Gebed Klagtes, gedagtes

8 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Mei 7, 2012 om 8:43 vm

    EERSTE!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Mei 7, 2012 om 8:44 vm

    Diere kan dalk mense se emosies beter lees as ander mense. Dalk omdat hulle meer op instink staat maak en minder op slimheid.

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Mei 7, 2012 om 10:02 vm

    daar is n defnitiewe verskil tussen alle honde se persoonlikhede.

    Antwoord
    • 4. Xena Phoenix  |  Mei 7, 2012 om 10:34 vm

      Ek weet. Soos daar verskille tussen mense se persoonlikhede is.

      Antwoord
  • 5. rondomtaliedraai  |  Mei 7, 2012 om 12:48 nm

    Ai ek het sommer ‘n knop in die keel …

    Antwoord
  • 6. Sell any dream to me « Herriemerrie  |  Mei 7, 2012 om 2:27 nm

    […] mee te begin gaan ek vir Olga, Hoendersop, Seegogga en Tannie Gypsie huiswerk […]

    Antwoord
  • 7. nats90210  |  Mei 7, 2012 om 4:33 nm

    Ons het in my leeftyd sover 11 honde gehad, en elke een het ‘n ander persoonlikheid gehad!

    Tang was ‘n ongelooflike hond, en ek het nog nie weer so ‘n hond tee gekom nie! Ek wens weer vir ‘n hond soos sy!

    Iemand wat nie diere se persoonlike sien nie, kyk met hul oë na diere en nie hul hart nie.

    Antwoord
  • 8. Sonlig  |  Mei 10, 2012 om 3:11 nm

    Ai! Bessie is ‘n beaut!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: