Wys of nie???

Mei 2, 2012 at 11:17 nm 7 Kommentaar

Dit word glo as vreeslik common gesien as mens jou kuiergaste foto’s wys. Ek moet tog erken ek hou daarvan om ander mense se foto’s te kyk. Ek dink die enigste rede hoekom ek nie foto’s wys nie, is omdat dit ‘n helse mission is om die albums uit te haal waar ek hulle wegsteek.

Dikwels as mense kom kuier, dan sal Homer ongevraagd aangesteier kom onder ‘n stapel foto albums. Dan kan ek die man tog so ‘n asbak gooi. Die enigste probleem is, ons rook lankal nie meer nie, daarom is daar geen asbak te sien nie. As daar mense kom kuier, sommer net mense, dan gaan steek ek by voorbaar my albums weg. Deesdae is Homer weer te uitgeslape vir my. Ek sal net sien die kombuis word donker, dan staan sal wat mens is en wag vir hom om my rekenaar aan te sit om foto’s te kyk. Ek wil nog ‘n kode op die “My pictures” sit en elke keer voorgee ek het die woord vergeet. Dan sal ek graag wil sien hoe hy dit gaan oopbreek. Ek het jare gelede die albums in die “roomdivider” gebêre. toe hy weer eendag wou foto’s wys, het ek gesê dat ek nie geweet het waar die sleutel is nie. Kan julle glo? Hy het dood luiters afgebuk en die kas se deur oopgebreek. Maar kyk, ek moes op meer as net my tande gebyt het om hom nie sy moer te vertel reg daar voor die mense nie.

Nee, kyk, ek glo nie dis almal beskore om mens se foto’s te sien nie. As hulle of hulle kinders op geen van die foto’s is nie, sal ek hulle geen foto’s wys nie. Vir Homer aan die ander kant, het ek drie asbakke nodig. Kyk of wys jy eerder foto’s?

By nabetraging, ek weet nou ek hou nie daarvan om my foto’s vir sommer net enige iemand te wys nie. Dis nie net oor waar ek hulle bêre nie.

Gedagte van die dag: Probeer soos jy wil, jy kan nie almal gelukkig maak nie.

Advertisements

Entry filed under: Huis en Haard.

Wie gee om??? Gebed

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Annemari Coetser  |  Mei 3, 2012 om 8:20 vm

    Ek kyk graag foto’s, maar dan darem net na ‘n uitgesoekte paar, nie albums vol nie. My kinders beperk my ook tot so 25 foto’s per vakansie – dis te sê as hulle hoegenaamd kyk. Almal neem vandag links en regs foto’s, so dis nie meer so spesiaal nie.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Mei 3, 2012 om 12:33 nm

      almal sien n foto in iets anders. My fotos is altyd skeef en meestal uit fokus.

      Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Mei 3, 2012 om 8:56 vm

    Ek kyk ook graag foto’s, wys ook graag op versoek – maar ek weet baie mense vind dit vervelig. Ek is self skuldig om maklik 500 foto’s op ‘n dag te neem.

    Antwoord
  • 4. dirkiedoep  |  Mei 3, 2012 om 12:48 nm

    Ek sal kyk en geniet – moet asseblief net nie my afneem nie, kry so spasma om my kakkebeen .

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Mei 3, 2012 om 2:41 nm

      ek kry weer spasma in my oe. Ek hou nie van afgneem word nie.

      Antwoord
      • 6. dirkiedoep  |  Mei 3, 2012 om 3:01 nm

        So dankbaar dit is nie net ek nie!!

  • 7. rondomtaliedraai  |  Mei 3, 2012 om 5:10 nm

    Ek hou van foto’s kyk, maar wys nooit my foto’s vir ander nie…

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: