Wie gee om???

Mei 1, 2012 at 11:21 nm 9 Kommentaar


Ons het die lang naweek gaan kuier in die stad. Mens nog voordat ons behoorlik in Gauteng was, het die oranje “e’s” op feitlik al wat padteken was begin pryk.

Kyk, ek hou van oranje, dit is ‘n vrolike kleur. Hoekom moes hulle nou ‘n heel aanvaarbare kleur loop staan en beswadder het deur die “e-tol” strooi daaraan te gaan staan en koppel? Dit wil my op die stadium voorkom asof die ANC regering absoluut vasberade is om ons sakke leeg te hou. As jy nie die gautrein gaan gebruik nie, dan gaan jy deur jou nek vir tolgeld betaal. Maar by hook or by crook gaan hulle die bietjie wat in die voue van jou sak mag agterbly, uithaal

Oppad terug, moes ons van die m12 af met ‘n ompad deur Middelburg gaan omdat ‘n brandstof tenk glo ‘n ongeluk gehad het by Van Dyksdrif. Ewentwel, dit duur toe feitlik 120 minute om weer terug op die deurpad te kom. Dit mag ‘n kwessie van tien kilometer gewees het. Vir ons wie oppad terug was Mpumalanga toe, was dit maar net ‘n ligte irritasie. Vir die Gautengers oppad terug GP toe, moes dit ‘n absolute nagmerrie gewees het. Die verkeer het bankvas gestaan vir sowat 10 kms. Gestaan. Om hulle beurt af te wag om van die deurpad af te kon gaan om die ompad deur ‘n Middelburgse woonbuurt te neem om sodoende om die ongelukstoneel te kon kom en weer op die deurpad terug te kon kom. Hoekom word ons tog so getreiter?

Perfekte treinspore en treine wat ou Ben Wieletjies in stand gehou het, was eenvoudig in onbruik gelaat om weg te roes. Hoeveel spoorwerkers het daardeur hulle werk, pensioen en mediese voordele verloor? Dit was wragtig nie net witmense nie. Terwyl die spore besig is om op te roes en op sommige plekke is die menigtes besig om die spore te stroop en vir skroot te verkoop, solank hou die slagting op ons paaie aan. Hoe dikwels hoor mens van ongelukke met trokke? Te gereeld om daaroor gerus te wees. Of het ek nou die kat aan die stert beet?

Nog ‘n euwel is taxies. Glo my terwyl ons nou wragtig voetjie vir voetjie deur Middelburg beweeg het, het ten minste twee taxie bestuurders kans gesien om oor die sypaadjies te vlieg om voor en terug op die deurpad te kom. So dikwels hoor ons ook van taxie ongelukke. Tog kan julle maar dophou, die verkeersowerhede is te bang in 99.99% van alle gevalle om ‘n taxie wat oortree af te trek. As die verkeersowerhede eerder hulle gaan toespits op die oortredings wat taxiebestuurders en trok bestuurders begaan, gaan hulle nie die etol stelsel eers nodig hê nie. Dan kan hulle net taxie stilhouplekke annekseer om meer winsgewend te wees as. Ek glo hulle gaan ‘n vet slag slaan.

As ek net in Graskop alleen elke keer as ek in die dorp uitkom die motors sien wat parkeersoortredings begaan het, dan word ek eintlik spyt dat ek nie ‘n “spietkop” is nie. Hulle behoort binne drie maande al die strate in Graskop te kan teer net uit die geld wat hulle uit parkeerboetes kan maak. Dan moet julle in ag neem, dat ons in Graskop geen parkeer meters het nie. In ‘n jaar se tyd sal hulle al die strate wat toegang toe Graskop verleen te kan oorbou as hulle net meer oortreders wil vasvat. Maar hoekom sal hulle nou wil werk om geld te maak soos die NP regering dit al die jare gedoen het?

Dis mos net soveel makliker om eerder weg te kyk as daar ‘n trok smack in die middel van die pad stilhou om vroulike passasiers op te laai en geen motoris kan verby kom nie. Dis net soveel makliker om eerder in die munisipale biblioteek te gaan sit en jou dik te vreet as om taxie bestuurders wie oortree, aan te spreek en met ‘n vet boete in lyn te hou. Wie gee tog om wat word? Net ek. Of jy. Of hy. Of sy.

gedagte van die dag: Moenie dat foute en tekortkominge jou gevange hou nie. Werk eerder hard om hulle raak te sien en uit te skakel.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Nuwe waardes Wys of nie???

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Maryke  |  Mei 1, 2012 om 11:53 nm

    Dis alles waar wat jy hier skryf! Ek dink die e-tol ding gaan nog in hulle gesigte opblaas. Die ANC maak reeds ligte kermgeluidjies. Lekker gelees.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Mei 2, 2012 om 10:45 vm

      waar was die regering en die president toe staatswerkers se pensioen in sanral bele was? Die paaie was net geannekseer terwyl daar geen oorlog aan die gang is nie en nou moet ons betaal om te ry op paaie wat ons alreeds laat bou het. Bolle! Sluit die beleErs toe. Hulle het wederegtiglik met ander mense se pensioen gedobbel. Dit kom, myn insiens, op diefstal en bedrog neer.

      Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Mei 2, 2012 om 8:19 vm

    Ek weet darem nie. In Gauteng is die wetters gereed om boetes vir elke bakatel uit te skryf. Wettig en onwettig. Hulle sit omtrent onder elke brug met hulle kameras en staan reg as ‘n verkeerslig buite werking is, om boetes vir selfoongebruik te skryf. Dit gaan nie oor verkeer reguleer nie, maar geld maak. Op enige manier.

    Antwoord
  • 4. Gogga  |  Mei 2, 2012 om 9:45 vm

    Die storie is om alle kar eienaars te befoeter. Hulle weet mos die mense wat gaan betaal is die wetgehoorsame klomp watby hulle werk moet kom.
    Is ek reg as ek sê die taxis gaan nie e-toll betaal nie? Hoe gaan hulle die geld by daai klomp kry?

    Antwoord
  • 5. Olga  |  Mei 2, 2012 om 10:50 vm

    waar is die gp ‘wetters’ wanneer die karnarre parkeerplekke annekseer en van jou, bestuurder van n MP voertuig, verwag om R100 parkering te betaal vir die 10 minute wat jy in gebou was? Of verkies hulle om elders besig te wees omdat hul kommisie od die parkeergelde kry?

    Antwoord
  • 6. Olga  |  Mei 2, 2012 om 10:57 vm

    weet jy gogga, ek wonder of alle motoriste die tolgelde gaan betaal of net alle ‘nie swart motoriste.’ dit is alk soos die natis heffrings. Ek het al by verskeie mense gehoor dat dit n heffing is wat net op nie swartes van toepassing is. Kwambe sou my sy motorvoertuig-lisensie hernuwingskennisgewing gebring het as bewys dat hy nie n jokker is nie. Toe word hy oorgeplaas en ek wag steeds op die kennisgewing.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Mei 2, 2012 om 10:59 vm

      dis is dit steeds ma my mening net n storie.
      n Liegstorie?

      Antwoord
  • 8. rondomtaliedraai  |  Mei 2, 2012 om 5:56 nm

    Ek is onrustig…

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Mei 2, 2012 om 9:56 nm

      Met reg ook Rondomtalie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: