Nuwe waardes

April 26, 2012 at 7:45 vm 16 Kommentaar

Het julle al gemerk hoe alles kleiner raak in die winkels maar die pryse raak meer? ‘n Plak sjokolade was altyd 100g. Natuurlik het jy die 200g plak ook gekry. Tog om die een of ander rede as mens van ‘n plak sjokolade praat, was dit altyd die 100g wat te sprake was.

Ruk gelede het ek opgemerk dat dit skielik sonder drommegerol 90g geword het. Daar is nog 100g beskikbaar. Maar deesdae moet jy mooi kyk of jy neem die 90g. Het ek gesê 90g? Homer het tuis gekom met twee plakke sjokolade. Ek het regtig lanklaas sjokolade geeet of gekom. Dit was mos lent. Al is lent byna drie weke gelede al oor, het ek nog nie sederdien sjokolade gekoop nie.

Ek het egter dadelik toe ek die plak opneem, agtergekom dat dit nie normaal voel nie. Draai toe maar in die rondte en jou waarlik, dit is net 80g. Ek vind dit nogal verbasend dat sulke veranderinge net so goedmoeds deurgaan. Neem maar ‘n sak hondekos. Vir jare was dit 10kg. Toe ewe skielik word die sak kos baie gou klaar. Toe het ek agter gekom dat dit net 8kg is. Deesdae moet jy ook maar goed kyk, want vir elke 8 kg sak hondekos op die rak, is daar een 7 kg sak ook.

Aartappels was sedert my kinderjare 15 kg sak. Toe skielik word dit net 10 kg en jy het nie eers die keuse of jy die groter of kleiner sak wil koop nie. Die ou sak, die 15 kg een was net nie meer beskikbaar nie. Deesdae is daar ‘n 7 kg sak beskikbaar. Ek wonder hoeveel langer sal die 10 kg sak nog beskikbaar wees.

Kyk maar gerus volgende keer of jou 750 ml bottel drank nie dalk al gekrimp het na net 700 ml nie.

Tog was die prys nooit dienooreenkomstig verlaag nie. Die prys het nog in elk geval gebly as die groter verpakking waaraan ons gewoond was.

Gedagte van die dag: Gun ‘n ander dit wat jy nie het of kan kry nie.

Geniet die lang naweek en bly veilig. As jy oppad laeveld toe is vir die langnaweek, pak gerus jou warm klere in. Jy sal dit nodig kry.

Entry filed under: Bitch en Moan.

Vir Laviga Wie gee om???

16 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  April 26, 2012 om 8:22 vm

    Brood raak ook by die dag ligter. Ek onthou ‘n artikel jare terug dat brood eers 1 kg geweeg het. Toe raak dit 900g, toe 800g en ek dink dit is nou 700g.

    Koeldrankblikkies was eer 340 ml maar is deesdae iets soos 310 ml.

    Dit keer glo uiterste prysverhogings. In plaas om dit hoër te sit, maak hulle die hoeveelheid minder. Dit is wat ek iewers gelees het in elk geval.

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  April 26, 2012 om 8:22 vm

    Amper vergeet ek!! EERSTE!!!!!!!!

    Antwoord
  • 3. seegogga  |  April 26, 2012 om 8:49 vm

    Hier in Holland, is die sjokolade nou goedkoper as verlede jaar hierdie tyd. 200GM cote d’or( die lekkerste belgiese sjokolade denkbaar) is vanjaar ongeveer 1.88 euro Dit is ongeveer R18(afhangende van die winkel,ek hoor daar is nog goedkoper winkels) en verlede jaar was dit 1.98euro. ‘n Boksie lasagne velletjies(250gm) kos 97c( ongeveer R9.70) 2 liter 2% melk is 1.13 euro( ongeveer R11.30) . Is Europa regtig soveel duurder as SA ? Is ons nie besig om die duurste land te word nie?

    Antwoord
    • 4. Olga  |  April 26, 2012 om 9:18 vm

      lankal krappie. 2l melk kos nou al tussen r18, 99 vir hombrand en r22, 49 vir clover.
      Kaas kan ons net na kyk.

      Antwoord
  • 5. Olga  |  April 26, 2012 om 9:15 vm

    great. Die masjiene wat die verpakkings maak, word met die druk van 1 enkele knoppie aan te pas.

    Antwoord
  • 6. jagternw1976  |  April 26, 2012 om 11:37 vm

    “Ek het regtig lanklaas sjokolade geeet of gekom.”
    Huh ?

    Antwoord
    • 7. gerdajansen1  |  April 26, 2012 om 11:23 nm

      skuus jagter. GEKOOP.

      Antwoord
    • 8. Olga  |  April 28, 2012 om 10:58 nm

      ekskuus, ek het lanklaas tjoklits geKOOP.

      Antwoord
  • 9. Annemari Coetser  |  April 26, 2012 om 11:59 vm

    Ek het dit sowaar ook nie agtergekom nie.

    Antwoord
  • 10. gerdajansen1  |  April 26, 2012 om 12:04 nm

    ons is te geneig om net die pryse te kyk. dan kom ons nie eers agter dat ons bevark word nie. van wanneer af gee hulle om of ons meer betaal?

    Antwoord
  • 11. rondomtaliedraai  |  April 26, 2012 om 5:28 nm

    Ja ja, ja, en toiletpapier is nou skielik 9 rolle vir die prys van 10. Koffie ook. Miskien moet ons bly wees oor die tjoklit – nou eet ons minder

    Antwoord
  • 13. Toortsie  |  April 28, 2012 om 9:48 vm

    Tandepasta is al jare gelede verander… die bek raak net groter en groter, so ons gebruik meer en meer. Jy sit nie skielik minder op nie!!

    Antwoord
    • 14. Olga  |  April 28, 2012 om 11:01 nm

      eerlank is dit ook 90ml.

      Antwoord
  • 15. Gogga  |  April 30, 2012 om 11:02 vm

    Orals maak hulle sulke “klein” adjustments.
    Maar hulle is blissems. Gin wonder jy sukkel jou gat af om ‘n maand uit te kom met “dieselfde” goed in jou trollie nie, en dan is van die goed nog duurder vir minder ook.

    Antwoord
  • 16. Olga  |  April 30, 2012 om 3:58 nm

    feit soos 2 perde. Dan gaan die prys in elk geval op oor die ‘klein adjustments’ wat hul gembk het. Du4 kon hul ma in dlk geval die prys opgesit het.

    Antwoord

Lewer kommentaar op seegogga Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter