Die swakker geslag? Raai weer!

April 19, 2012 at 10:30 nm 7 Kommentaar

Ai, mans kan darem so gullible wees. Daar was die vriend van neef Mac. Sal ons hom ou Schnoss noem?

Be that as it may, hy besluit toe mos om die perd te koop. Almal wie die perd ken, of sien, vertel hom die ou perdjie het haar chips gehad. Jare en jare gelede al. Sy is “good for nothhing and fast asleep.” Maar om sin in ‘n man se kop te praat, is mos ‘n onbegonne taak. Hy koop toe die perd, ten duurste. Die ding lê waar sy lê. Dan se Schnoss net dis vatiek. Sy staan waar sy staan, dan sê hy weer dis “vatiek.” Sy sal regkom.

Eendag kom hy by die stalle en daar het hy sy veearts vriend aangetref. Sy eie perdjie is mos ook in ou Schnoss se stalle. Die veearts staan kopskuddend na die ou merrie en kyk. (Heng, het ek dit gesê?) Hy staan na die merrie en kyk. Gou is Schnoss by die merrie in die stal en dit word gekoer en gevryf.

Toe kyk hy na sy vriend en vra: Wat dink jy, sal ek haar kan race?” Sy vriend het die perd nog een kyk gegee en geantwoord: “Ja wat! Jy gaan haar nog wen ook.”

Gedagte van die dag: Die waarde van ‘n mens word nie bepaal met wat sy / hy het nie, maar eerder deur wat sy / hy is.

Geniet die naweek en bly veilig.

Advertisements

Entry filed under: Staaltjies.

Be that as it may wdf???

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Reinhardt  |  April 20, 2012 om 12:58 vm

    Briljant!! :))

    Antwoord
  • 2. gerdajansen1  |  April 20, 2012 om 11:17 vm

    wel, dan sal hy in elk geval kan se hy het gewen. en n wen is n wen. of dit op die perd se hoef of sy eie is. n wen en n plek is geguarantee. 😛

    Antwoord
  • 3. Olga  |  April 20, 2012 om 1:51 nm

    ook weer waar gertjie.

    Antwoord
  • 4. Blog-ontploffing « Kouevuur  |  April 20, 2012 om 3:29 nm

    […] Olga – wat skryf wat sy wil en bogger die res […]

    Antwoord
    • 5. Olga  |  April 20, 2012 om 9:54 nm

      sover my kennis strek, is vryheid van spraak nog aan die orde van die dag.

      Antwoord
  • 6. Xena Phoenix  |  April 22, 2012 om 8:46 nm

    LOL

    Ons Merries moet nie onderskat word nie.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  April 22, 2012 om 8:57 nm

      Net so ne.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: