Kan jy nou meer!!!!!

April 16, 2012 at 7:43 vm 7 Kommentaar

Heyyyyy, dis Maandag!!!!  Ek mag bitch en moan!!!!

Kyk wat jy ookal van die NP regering kan sê, kan niemand ontken dat hulle respek vir God gehad het nie.  Ek weet!  Ek weettttttt!!!!! Ou donker, verdrukte Suid Afrika.  Maar Sondag was aan God gewy, nie aan politiek nie.

Maar weet julle wat?  As respek vir God meen dat ek outyds is, dan is ek maar outyds.  Verdrukking kan ook in die mees verligte lande en kringe voortkom.  Belangrike wedstryde word op ‘n Sondag besleg.  Groot vergaderings op regeringsvlak vind oor die algemeen plaas op ‘n Sondag.  Dit wil soms voorkom asof die ANC net op Sondae tugverhore of appel teen tug-uitsprake kan hou.  Geen wonder die land is in die toestand wat dit nou is nie.

Kan ons dus ons kinders kwalik neem as hulle niks wil hoor van kerk toe gaan nie?   Kyk hoe maklik het die ANC regering Godsdiens uit skole verban.  Meeste kinders kry geen Godsdiens onderrig tuis nie.  Al wat hulle gekry het, wwas die basiese wat hulle in die Bybel klas op skool geleer het.  Toe word dit hulle ontneem want ander gelowe se kinders moet in aanmerking geneem word.  Ons as Katolieke het nog nooit geweier om bybel onderrig op skoolvlak van ‘n Protestantse onderwyser of uit ‘n Protestants gesinde sillabus nie.  Nadat die skole oopgestel was en selfs voor dit, het verteenwoordigers van veral die Jehovah getuies gekom om hulle kinders se bybel onderrig te kom waarneem in die gegewe tyd.

Ek moet hier erken, ek het nog nooit ‘n swart mens teegekom wie nie ‘n Christen is nie.  Ek vind dit eintlik vreemd dat meeste swart mense Christene is as die ANC wie hulle tradisies so goed behoort te ken, die mense is wat Christelike gebruike ontken.  Wie Sondag sien as ‘n dag om lastighede uit die weg te ruim sodat hulle Maandag tot Vrydag kan bestee aan wat dit ookal is wat hulle doen.  Alle stukture in die land is besig om te verkrummel, dus is dit moeilik om te glo dat hulle Maandag tot Vrydag WERK.

Bring asseblief Christelikheid terug in ons land.  Een van die dae, sal ons ook “ondergrond” Christelikheid moet beoefen.  Dit, in ‘n land wat veronderstel is, om ‘n demokratiese land te wees.

Gedagte van die dag:  Is daar nog tyd vir God??? Ek voel asof ek laster pleeg as ek so ‘n vraag vra.  Maar luister op ‘n Sondag nuus, kyk nuus op tv.  Vra jouself dan, kon dit nie gewag het tot Maandag nie?

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

vir Krappie Politieke wonders

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  April 16, 2012 om 8:09 vm

    EERSTE!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  April 16, 2012 om 8:14 vm

    Ek dink Christenne kan net hulle self blameer. Daar is geen rede hoekom jou kind by die skool moet leer van die Bybel nie. As jou kind dit by die skool moet verneem, kan jy my nie vertel dat jy Christenskap voorop stel nie. As jy jouself nie vir vergaderings op ‘n Sondag beskikbaar stel nie (baie konferensies word ook op ‘n Sondag gehou), sal daar nie verpligtinge op ‘n Sondag wees nie.

    Dit kom basies neer op vraag en aanbod. En Christenne lewer nie die vraag nie.

    Hartseer, maar dit is hoe dit is.

    Antwoord
    • 3. gerdajansen1  |  April 16, 2012 om 9:36 vm

      suid afrikaners kan hulleself nie help nie. as iemand in gesag se spring dan vra ons mos net
      hoe hoog?

      Antwoord
    • 4. Olga  |  April 16, 2012 om 10:35 vm

      kan dit insien. Daarom le daar alreeds n stapel ‘catholic children’s bible’s’ en wag ingeval ek kleinkinders kry wie die katolieke geloof gaan volg. Die huidiges doen nie die mafia-weg nie. 😉

      Antwoord
  • 5. Loli Pretorius  |  April 16, 2012 om 9:38 vm

    (Askuus, Olga, daai comment nie vir jou site, delete asb, ek leer nog!)
    Ek wou sê, daar is tyd vir God, nie vir godsdiens nie.Godsdiens word baseer op wat jy moet doen vir jou god.
    Christenskap, op wat Hy gedoen het vir ons. Dit maak die lewe soveel ligter, en sonder las…elke dag van die week….nou back to the ‘dashboard’….

    Antwoord
    • 6. Olga  |  April 16, 2012 om 11:01 vm

      jy is reg, aar is tyd vir God. As n familielid sterf, wil trou of n baba moet gedoop word, of dan onthou almal waarheen om te gaan. Beter nog, dan is daar al die tyd in die werld en moet vergaderings, rugby wedstryde ens almal maar in die ry inval. Prioriteite. Dis waarmee ons perspektief verloor het.

      Antwoord
      • 7. Loli Pretorius  |  April 16, 2012 om 12:53 nm

        Hy het tyd vir ons! 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: