Ledige hande

April 14, 2012 at 2:27 nm 4 Kommentaar

Ek vertel altyd dat ek voor die tv hekel of brei.  Ek wil hiermee vir http://dirkiedupl.wordpress.com/ wys waarmee ek my die afgelope ses maande voor die tv besig hou.  😉

Ek is ongelukkig een van daardie mense wie nie kan tv kyk met ledige hande nie.  Die feit dat ek na ses maande nog nie klaar gehekel is aan die ou lappie nie, bewys seker net hoe min ek tv kyk.  (Of dalk is dit die rede hoekom ek so min tv kyk?  😉 )

Dit is my ou lappie van nader gesien.  Dit werg regtig kopvreet soos ‘n luis soos my vriendin Kortgat sou sê.

Dit is wat ek het om mee te werk.  reeds omdat ek net voor die tv hekel, maak ek dikwels foute en moet dan weer lostrek en oorhekel.  Dan gryp ek maklik ‘n ander tol gare en hekel iets anders totdat ek weer onthou dat die fout myne was en nie die lappie sn nie.  Anders kon ek lankal klaar gewees het.  👿

Toe ek begin hekel het, het die tol aan die linkerkant dieselfde gelyk as die vette aan die regterkant.  Ek het nog 12 rondtes oor.  Hopelik doen ek dit in minder as ses maande.  🙂

Mag ek jou, tag om te wys waarmee jou hande besig is?

Advertisements

Entry filed under: Huis en Haard.

Winter alweer. vir Krappie

4 Kommentaar Add your own

  • 1. dirkiedoep  |  April 14, 2012 om 3:13 nm

    Liewe Ouers Olga…. jy is ‘n doring, veral daardie patroon werk nie reg uit as mens nie konsentreer nie….. en met sulke dun gare, en kyk daardie hekelwerk se spanning !! Perfek , soos die Ingelse sou sê ‘ I’m impressed!” Dit van ‘n grafiek af …. ai jai jai!!.
    Ek het so lanklaas gehekel…. ek beter weer begin- het so fototjie iewers , sal moet soek . Lank terug se werk.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  April 14, 2012 om 4:01 nm

      😉 damkie.

      Antwoord
  • 3. rondomtaliedraai  |  April 14, 2012 om 7:52 nm

    Mooi … ek het so flukse sus… ek kan ook maar is net te lui!

    Antwoord
    • 4. Olga  |  April 14, 2012 om 8:52 nm

      Ek is ook lui. Die verskil is net, ek kan nie net sit nie. So as ek tv wil kyk, moet ek maar my hande besig hou.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: