Winter alweer.

April 12, 2012 at 9:48 nm 15 Kommentaar

Ja, ja, ek weet.  Almal praat al van die begin van somer af van die vroeë winter wat ons in die gesig staar.  Dus behoort dit nie ‘n verrassing te wees nie.  Tog het dit behoorlik op ons afgesluip en skielik net surprise surprise geskree.

Ek hekel al die afgelope ses maande aan ‘n lap.  (Pure luiheid dat dit so lank neem.)  Maar nou ja, nou dien die lap ook sommer as ‘n kniekombers terwyl ek daaraan hekel.  Winter meen gelukkig ook lekker dik soppe, geurige bredies en lekker sterk kerries.  As die winter aerobics klasse so hectic gaan wees soos dit vanaand was, behoort die bredies en kerries darem nie te lank op my heupe te vertoef nie.

Geniet die naweek en bly warm en veilig.

Gedagte van die dag: Alles wat lekker is, kos iets.  Die lekkerste goed, behoort hulle prys 😉  werd te wees.

Gedagte van die dag:

Advertisements

Entry filed under: Go Go.

As ek nie my sondes ontsien nie Ledige hande

15 Kommentaar Add your own

  • 1. Annemari Coetser  |  April 12, 2012 om 9:56 nm

    Amper lees ek: alles wat lekker is, is kos. 🙂

    Antwoord
    • 2. Olga  |  April 12, 2012 om 10:05 nm

      Sover dit kos betref, maak ek ook sulke foute. 😆

      Antwoord
  • 3. seegogga  |  April 12, 2012 om 11:33 nm

    njammies foto’s- en oor 50 gaan niemand my oortuig dat ek moet hongely vir maer heupe nie.

    Antwoord
    • 4. gerdajansen1  |  April 13, 2012 om 9:13 vm

      krappie, 😉 mans hou van kurwes, honde gaan vir bene. ek eet.

      Antwoord
      • 5. Olga  |  April 13, 2012 om 9:26 vm

        is dit hoe dit werk gertjie? 😆 ek eet ook. Ek het reeds vir bessie en ouman. Dis genoeg.
        Krappie toe ek die tweede foto gesien het, kon ek die kerrie ruik. Ek het amper begin kook.

      • 6. seegogga  |  April 13, 2012 om 4:44 nm

        so praat mens!

  • 7. gerdajansen1  |  April 12, 2012 om 11:53 nm

    as ek nou n man was sou ek gese het ek sal my linker klinker gee vir n bord kerrie met n lekker vetterige roti en komkommer sambals daarby.

    Antwoord
    • 8. Olga  |  April 13, 2012 om 9:29 vm

      joh, vrydag die 13 en my lus vir kerrie sleep deur. Wie het n roti resep? Joh gerda, as ek kerrie dink, sien ek rys. Ma roti is die ultimate bederf.

      Antwoord
  • 9. Xena Phoenix  |  April 13, 2012 om 8:55 vm

    Ons het nog nie winter nie. Mens kan nog sushi in die aand eet. Maar ja, dit raak tyd om die rooies en sjerrie aan te vul.

    Antwoord
    • 10. Olga  |  April 13, 2012 om 9:30 vm

      is da plek vi my en bessie?

      Antwoord
  • 11. rondomtaliedraai  |  April 13, 2012 om 1:56 nm

    Die lekkerste goed behoort hulle prys werd te wees – skerp!
    Lekker naweek

    Antwoord
  • 12. dirkiedoep  |  April 13, 2012 om 3:19 nm

    Ek sien ..jy sê jy hekel nou al 6 maande aan ‘n lap – nou is ek nuuskierig ,wat se lap? Ek neem my voor om ‘n item te hekel dan beland dit in ‘n skinkbord…natuurlik nou nie wol goeters nie, maar ek’s deesdae nie juis kreatief nie.

    Antwoord
    • 13. Olga  |  April 13, 2012 om 9:56 nm

      😉 Hoe beland dit in die skinkbord?

      Antwoord
      • 14. dirkiedoep  |  April 13, 2012 om 10:11 nm

        Tafeldoek /word loper/ loper word plekmatjie / naderhand / skinkbordlappie – dit gebeur as ek ‘n motief hekel. Raak lui, herhaling van blokkies.
        Het met sulke growwe tou ‘n arty patroon begin- sou mooi gelyk het buite op ‘n patio tafel !!

  • 15. Olga  |  April 13, 2012 om 11:04 nm

    Ek is ook besig met ‘n tafeldoek. Maar daar is net nog 14 rye om te hekel oor. Dit sal my ook seker ses maande neem.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: