As ek nie my sondes ontsien nie

April 12, 2012 at 7:13 vm 7 Kommentaar

Wee jy, dit maak my briesend kwaad as ek die dag ys soek en daar is vier ysbakkies in die yskas en alvier staan daar met een of twee ysies in.  Arrie gedorie, is dit so moeilik om die bakkie vol te maak?

Kyk, ek is ‘n fariseer.  Ek drink wyn met ys.  Baie ys of ek drink dit glad nie.  Net soos met koeldrank, ek soek baie ys of glad nie.  Nadat ek nou gisteraand die aerobics oefening gedoen het, het ek lus vir iets soet gehad.  Maar paaseiers was buite die kwessie.  ek meen nou, wat is die nut ek kasty my liggaam om my tent grote af te bring as ek my gesig vol paaseiers gaan prop?  Dus was die suikervrye “lite” koeldrank nou ‘n logiese keuse.

Ewentwel, eerste is die water in die bottel net genoeg om die boom van die glas nat te maak.   Toe is my kuite alklaar styf.  Dit gaan dus beteken ek gaan ‘n berg ys nodig hê.  Toe kry ek water uit die kraan en maak die koeldrank aan soos voorgeskryf.  Toe ek die ysbakkies uithaal, was daar wragtig net vyf ysies tussen die vier bakke.  Toe sê Bessie ggggg en draf na die deur.  Die deur was egter toe en ek moes my tirade onderbreek om die deur oop te gaan maak.  Dit het darem die stoom uit my seile gehaal maar my moer was nog bitter suur.

Ek dink dikwels dis Homer se manier van wraak neem.  Hy weet mos ek drink net tee en water sonder ys.  Dit gebeur bitter selde dat ek kouewater drink of koeldrank sal drink.  Maar as ek die dag ys soek, dan soek ek baie.  As ek  sien dat hy ys wil koop, dan steek ek gou ‘n stokkie daarvoor.  Ek kan net nie insien hoekom die whiskey of drie wat hy wil drink ‘n hele 3kg(?) ys regverdig nie.  Dan lê die kamoerse sak ys in my pad elke keer as ek die vrieskas oopmaak om iets uit te haal of te bêre.  Glo my die sak sal nog driekwart vol wees, dan koop hy al ‘n ander een en uiteindelik sal daar soveel yssakke wees dat die vrieskas nie kan toemaak nie.  Ek het eenkeer sewe vol en gedeeltelik gebruikte pakke ys uitgehaal en weggesmyt.  Sederdien weier ek dat hy die goed koop.

As hy die ysbakke vol hou, sal daar altyd ys wees.  Ek meen, hello????  ‘n mens het nie meer as vier bakke ys nodig om ‘n whiskey of drie te drink nie.  Genugtig tot nou toe nog toe!!!!  Self ek sal nie meer as vier bakke ys nodig hê of ‘n wyntjie of vier te drink nie.

Gedagte van die dag:  Ek kon dan maar van die staanspoor af ‘n paaseier verorber het.

Entry filed under: Bitch en Moan.

Wakey wakey Winter alweer.

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Annemari Coetser  |  April 12, 2012 om 8:09 vm

    Ai – dit klink vir my dit gaan maar in baie huishoudings net soos in myne!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  April 12, 2012 om 8:40 vm

    Ek het nooit ys by my huis nie. Buitendien, wyn met ys is krimineel.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  April 12, 2012 om 1:47 nm

      ek se mos ek is n fariseer.

      Antwoord
  • 4. Loli Pretorius  |  April 12, 2012 om 10:19 vm

    Eish 🙂

    Antwoord
  • 5. rondomtaliedraai  |  April 12, 2012 om 8:10 nm

    Jy moet soms ‘n sakkie koop wat net joune is.?

    Antwoord
  • 6. jagternw1976  |  April 13, 2012 om 10:09 vm

    He he. Ek drink ys tot in my bier. En dieselle probleem word ondervind met leë ysbakkies, die oplossing: Ek het ‘n ysmasjien gekoop. 🙂

    Antwoord
    • 7. Olga  |  April 13, 2012 om 2:13 nm

      so n ysmasjien sal seker ook leeg bly staan in die huis.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter