Met ‘n pap snoek.

Maart 27, 2012 at 6:19 vm 8 Kommentaar

Die oproepe van die telebemarkers wie BLAPSA my telefoonnommer gegee het, het net begin moed opgee, toe kry ek ‘n sms van ENB wat my vertel dat ek ‘n oproep van hulle kan verwag want hulle het ‘n nuwe produk wat hulle bekend stel. Ek kry die sms toe sommer drie keer na mekaar. Daar was natuurlik ’n “opt out” opsie by. Maar laat ek julle dit vertel, die laaste keer toe ek van die “opt out“ opsie gebruik gemaak het, het dit my R15 gekos. Stroes njannies. Ek het amper die horries gekry. Maar nie Vodadom of die narre van die dag wou my geld terug gegee het nie.

Toe my foon lui en dit wys “unknown number“ toe laat ek dit lui. Vier keer. Gisteraand om 6. 27 volgens my foon, net toe “laan van die patete” begin, begin my foon lui, met ‘n nommer wat wys. Ek het geantwoord en jou wrintie, daar was dit toe die ENB telebemarker. Sy verwys na die sms en ek antwoord dat ek dit gekry het maar nie belangstel nie. Stry die mens wragtig met my. Hoe weet ek ek stel nie belang nie voordat ek gehoor het wat sy aanbied. Sy verduidelik toe dat dit ongeluksdekking is. Vir slegs R66 per maand, kry ek tot R150 000 ongeluksdekking. Gr8, seg ek en as ek van natuurlike oorsake sou sterf? Nee, in daardie geval betaal hulle nie uit nie. Weer bedank ek haar hartlik. Waarop sy antwoord dat sy die opsie vir my sal oophou. Want, mev Oksel moet weet die enigste ding in die lewe wat seker is, is die dood.

Natuurlik is dit stem ek geredelik in. Maar ek het al sedert 1986 ongeluksdekking. Hoekom sal ek, ’n werklose dame van net 108 nou ekstra ongeluksdekking wil hê. Maar die pakket is te goed om te laat verby gaan. Waarop ek sê dat bo en behalwe die R66, gaan ENB ook R6, 70 diensgelde neem. As sy ’n goedkoper pakket het, sal ek beslis belangstel. Want ek gun die bank nie al die R6,70’s vir elke transaksie van R500 of minder nie. Nee, sê sy sy het nie so ’n pakket nie. maar sy sal my oor enkele dae weer bel. Want mev Oksel moet begryp, niks in die lewe is sekerder as die dood nie. Wat sal my geliefdes kry sou ek van natuurlike oorsake sterf vra ek weer. O, niks nie. Nie ‘n sent nie. Weer sê ek ek het ongeluksdekking. Tensy sy vir my ’n goedkoper diensplan kan beding, moet sy my tog asb nie weer bel nie. Teen die tyd hoor ek dat die eerste advertensie al op is.

Wragtie, daar vertel die slim dame my weer hoedat die dood die enigste sekerheid in die lewe is. Oor hoe die “cover“ te goed is om te laat gaan. Kyk toe ontplof ek en vertel haar dat ek reeds gedek was, vier &^%@#* kere al. Toe kom die laaste strooi; “ Well, why didnt you say so earlier?” Slaat my uit met ‘n pap snoek.

Gedagte van die dag: This little light of mine, I’m gonna let it shine.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Hoe dom Ma se houtoog.

8 Kommentaar Add your own

  • 1. pienkpantoffels  |  Maart 27, 2012 om 8:15 vm

    Ja kyk. Hulle kan ook baie ongeskik raak as jy sê jy’t nie geld nie! Iemand het my nou die dag gesê hulle sê vir die oor aan die ander kant – “Please hold on” dan sit hulle die foon op die tafel neer sonder om af te lui en gaan doodgewoon aan met wat hulle besig was. Die oor aan die anderkant, vang mettertyd die skimp.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Maart 27, 2012 om 11:56 nm

      Ek het van meet af gesê ek stel nie belang nie. Ek besef hulle probeer ook maar ‘n bestaan maak. Maar hoekom luister hulle nie net soms nie.

      Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Maart 27, 2012 om 10:23 vm

    Mens weet hulle doen net hulle werk, maar hulle werk behoort in te sluit dat hulle leer wat Nee beteken

    Antwoord
  • 4. klippie  |  Maart 27, 2012 om 10:37 vm

    Miskien hoop hulle jy sê ja net om van hulle ontslae te raak.

    Antwoord
  • 5. jagternw1976  |  Maart 27, 2012 om 2:30 nm

    Ek seg virrie oor NEE DANKIE en sit die foon neer. The end.

    Antwoord
  • 6. gerdajansen1  |  Maart 27, 2012 om 2:38 nm

    😉

    Antwoord
  • 7. Toortsie  |  Maart 27, 2012 om 5:32 nm

    Ek sê in die begin – wil u iets aan my verkoop? want dankie, ek stel nie belang nie. tot siens!!

    Antwoord
  • 8. rondomtaliedraai  |  Maart 27, 2012 om 6:13 nm

    Ai dis lastig. Ek is nie regtig ‘n ongeskikte persoon nie maar sê dadelik ek stel nie belang nie

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: