Ma se houtoog.

Maart 27, 2012 at 11:36 nm 8 Kommentaar

Kleintyd as ek my kinders met iets wat hulle gedoen het gekonfronteer het, wou hulle weet “Hoe weet jy?” Dan het ek altyd gesê dat my houtoog gesien het.

Hulle was al amper volwasse, voordat hulle die houtoog saam met Kersvader en die paashaas geklassifiseer het. Dikwels as ek in wat hulle gedink het verborge was gesien het, het hulle dalk getwyfel aan die houtoog se plek.

My Noolste Nolie het 2010 gekwalifiseer en daarna sy cv die wêreld vol gestuur. Soos toeval dit wou hê, het hy werk gekry in die tuisdorp. Ewentwel, die naweek het die man gaan partydjie hou saam met vriende terwyl Mina tuis gelos was. Sy babbelas was nog pynlik, toe het my houtoog dit al raakgesien.

Natuurlik het ek hom oor die kole gehaal. Toe wou hy weet wat het tannie Annie my nog gesê. Toe moes ek hom ontnugter en vertel dat Tannie Annie nie ‘n woord gesê het nie. Hy het blykbaar so ‘n waarskuwing/ dreig sms gekry waarop hy nie gereageer het nie, toe het die persoon gedoen wat sy gedreig het en my gebel om te vertel dat hy met verkeerde vriende omgaan. Dit laat my nou eintlik gerus voel. Mense gee nog om. My houtoog werk darem nog.

Gedgte van die dag: Wanneer liefde in jou hart is, sien jy prag in alles.

Advertisements

Entry filed under: Huis en Haard, Jakkals en Wolf.

Met ‘n pap snoek. Meeting of the Brig Mercury with the Russian Squadron…

8 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Maart 28, 2012 om 8:32 vm

    EERSTE!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Maart 28, 2012 om 8:34 vm

    Shame!!!!

    En dit is nie eers of hy ‘n skoolgaande kind is nie.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Maart 28, 2012 om 9:10 vm

      wys jou net grieters, ten minste kan my hout-oog nog goed sien.

      Antwoord
  • 4. nats90210  |  Maart 28, 2012 om 10:54 vm

    Mal oor jou Gedagte van die dag!! 🙂

    My Ma het ook so oog!! En sy vang ons (nou nog) lekker uit as ons vir haar probeer jok so ek dink sy het so oor ook! He he

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Maart 28, 2012 om 1:49 nm

      😉 goeie oor. Ai, ek moes in een bele het. Maar ek was broke toe dit op special was. 🙂 hoe gaan dit met jou en tiny phoenix?

      Antwoord
      • 6. nats90210  |  Maart 29, 2012 om 10:55 vm

        Gaan baie goed met haar dankie Olga! Sy word lekker groot – weeg al amper 5kg! 🙂

      • 7. Olga  |  Maart 29, 2012 om 1:25 nm

        dis goed om te hoor. Epos so dan en wan n foto van haar, asb.

  • 8. gerdajansen1  |  Maart 29, 2012 om 5:43 nm

    😆 glo nie hy is impressed met die skinderbek nie.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: