Die pad deur Limpopo

Maart 20, 2012 at 11:57 nm 5 Kommentaar

My noolste Nolie het mos vir die goewerment gewerk. Doer vêr in Levubu. Ons moes eenkeer sy motorfiets daarheen neem en hy het vir my aanwysigings geëpos. Vroeg dag het ons in die pad geval, die Suzi agter op Homer se bakkie vasgestêp. Ons het die instruksies mooi gevolg. Deur die Abel Erasmus-tonnel, Tzaneen en so voort.

Toe kom ons in ‘n plek wat nie op die lys is nie. Ons het verwag om Soekmekaar te kry. Homer het van die pad afgetrek en ons het weer die padkaart en aanwysigings bestudeer om te sien waar ons verkeerd gery het. Alles was soos hy gery het. Natuurlik was daar nêrens ‘n polisie-man of ‘n spietkop in sig nie. Homer het dit begin oorweeg om ‘n paar broadies te gooi daar in die hoofstraat sodat ‘n spietkop of polisie-man agter die regte boom kon uitspring. Die pad was egter te smal en hy het nie kans gesien om in hierdie verkeerde dorp in die selle te gaan sit nie. Toe besluit ons maar om die die dorp se stof van ons voete af te skud en aan te ry en kyk wat sê die bordjies. Dit mag dalk wees soos Leandra en dan sê die laaste blok Leslie.

Alles skree egter Morebeng sover as wat ons kon sien. Die mense (swart net waar jy kyk) het ook geensins vriendelik gelyk nie. Tog het die huise en winkels ons oortuig dat dit nie een van die swart dorpies kon wees nie. Toe Homer uit die parkering wegtrek, ry die fiets met sy vraggie van drie seuns van die sypaadjie af en het my laat wens dat oom Daantjie daar was dat ek hulle gatte aan die brand kon maak. Hulle het egter die oorkantste sypaadjie veilig bereik toe sien ek dit! Ari gedori, ek kan julle nie vertel hoe verlig en vies ek terselfde tyd was nie. Die naam van die hoek-winkel in die volgende blok was sleg verbleik teen die symuur geverf “Soekmekaar Algemene Handelaar.”

Gedagte van die dag: Kyk en jy sal sien.

Advertisements

Entry filed under: Staaltjies.

Kry grip asseblief Sonde met die sampioene

5 Kommentaar Add your own

  • 1. gerdajansen1  |  Maart 21, 2012 om 3:22 nm

    toets toets toets.

    Antwoord
  • 2. gerdajansen1  |  Maart 22, 2012 om 10:04 vm

    kyk hierdie ‘log in’ ding is nie ayoba nie. ek hoop nie ek moet elke keer die hele volle ou wordpress ding doen nie. ek wil mos nie n eie blog he nie.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Maart 22, 2012 om 10:38 nm

      Dis oral ‘n probleem hoor.

      Antwoord
  • 4. gerdajansen1  |  Maart 22, 2012 om 10:08 vm

    die keer bly my goed in. een van die dae moet n mens jou id nr en adres ook insit. dis amper soos soekmekaar wat morebeng geword ht. die naam veranderings is kinderagtig en bleddie kleinlik, om dit saggies te stel.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Maart 22, 2012 om 10:39 nm

      Dan sal dit tyd wees om op te hou blog. Ons regeerdes het nie genoeg werk om mee besig te bly nie, of hulle poep te min.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: