Kry grip asseblief

Maart 19, 2012 at 10:13 nm 9 Kommentaar

Maande gelede lui my foon eendag. Ek het geantwoord om die rokers stem te hoor brul “mev. de Koker?” Wat kon ek sê? Die enigste logiese antwoord was: “Nee, ek is Mev Oksel.” Wat presies was wat ek gedoen het.

Sederdien kry ek een oproep per maand wat dieselfde verloop. Vanaand het ek my geduld verloor. Ek kry oproepe op ‘n Sondag more terwyl ek in die kerk sit. Ek kry smse, ag minstens drie per week. In Engels, Afrikaans en die een of ander swart taal. Julle sal my nie glo nie, die dame van Lewis het my al vertel waarvoor hulle mev. De koker soek. Nou vra ek jou, wat op die gesig van die aarde het dit met my te doen? Wat hulle doen is onwettig. Sy het my al vertel dat “die dame van die debt councilling” haar my nommer gegee het, as mev. De Koker sn. Ook dat RICA dit bevestig het. Toe het ek geskree van die lag. As sy werklik by Rica navraag gedoen het, sou sy geweet het presies aan wie die nommer gerica is.

Bid jou aan, sy het my vanaand gebel, toe het ek my lelik vervies en gesê dat ek moeg is vir hulle teistering. Kan jy dit nou glo? Toe sal die vrou my wragtig vertel as ek hulle tegemoet kom, sal die teistering ophou. Hoekom volg hulle nie verwysings op as mense rekeninge oopmaak nie? Dan wil hulle onskuldige mense teister om hulle geld te kry. Bid jou aan! Vertel sy my wragtig vanaand dat hulle navraag gedoen het en alles het geklop. Ekskuus? Die nommer is al sedert 2004 my nommer en ek het nog nooit op enige stadium enige iets van Lewis stores op rekening of kontant gekoop nie. Wil sy nou wragtig hê ek moet glo dat hulle nie die mev. De koker gebel het om te sê die rekening is toegestaan nie?

Van wanneer af mag die “Debt councilling” mense besonderhede van hulle kliënte uitgee? Ek dink ek moet met ‘n kamoerse groot kennisgewing bord gaan uitkamp op al die groot verkeerkruisings in Bloemfontein en die mev De Koker vertel die feit dat hulle haar persoonlike inligting aan my uitgeblaker het, nadat ek hulle herhaaldelik verseker het dat ek mev. Oksel en nie mev. De Koker is nie, maak hulle skuldig aan crimen injuria en karakterskending en dan is hulle natuurlik teisteraars ook.

Toe kry sy wragtig ‘n kollega om my ook te bel, na 18:00 om my te oortuig dat hulle weet ek wil hulle nie help nie. Nee, wragtig, toe ek weer die Vrystaatse nommer gesien het, het ek Homer se foon gestel om die gesprek op te neem. Ek wonder net of ek dit eerder met ‘n prokureur of Lewis area bestuurder sal gaan bepreek. Die dames verdien nie om werk te hê as hulle nie weet hoe om hulleself te handhaaf nie. Hulle het nie eers die verskoning van gebrek aan kommunikasie nie, hulle vanne en aksente vertel my dat Afrikaans beslis hulle moedertaal is.

Gedagte van die dag: Geduld Olga, geduld.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Petrol prys Die pad deur Limpopo

9 Kommentaar Add your own

  • 1. seegogga  |  Maart 19, 2012 om 10:53 nm

    ai, tog! Ek is ook eenkeer so geteister, maar oor ander redes. Die arme vrou het geglo haar man het ‘n affaire met me, en ek het hom glad nie eers geken nie! Was omtren moeilik om haar te oortuig.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Maart 20, 2012 om 9:57 vm

      as hul meer poep, sal minder wind kop toe styg en hul met … Gedagtes laat sit krappie.

      Antwoord
  • 3. Olga  |  Maart 20, 2012 om 9:54 vm

    7.48 vanmore reeds, m.a.w voor kantoor ure reeds sms gekry wat se: mrs de Koker if you have not paid your overue Lewis by 17:00 this afternoon, it will be written off and legal action taken.’ dit 14 ure nadat ek die dom donners gese het EK IS NIE MEV DE 4KEN KOKER NIE.

    Antwoord
    • 4. jagternw1976  |  Maart 20, 2012 om 10:56 vm

      He he he, moer funny.

      Lewis, take note: Vat fkn legal action teen de Koker. Mev Oksel is gatvol vir julle kak.

      Antwoord
      • 5. Olga  |  Maart 20, 2012 om 6:37 nm

        2 x twice.

  • 6. rondomtaliedraai  |  Maart 20, 2012 om 2:45 nm

    Siestog. Ek kan my voorstel dat mens jou in ‘n ander bloedgroep vererg.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Maart 20, 2012 om 6:36 nm

      ek wil my id aek, rybewys, selfoonrekening, mediesefondskaart, bib kaart en ficahevestiging na Lewis in Hazyview neem en aandring op n verskoning.

      Antwoord
      • 8. rondomtaliedraai  |  Maart 20, 2012 om 6:41 nm

        Jammer ‘n prokureur kos geld … so koue formele brief kan dalk die ding doen!

      • 9. Olga  |  Maart 20, 2012 om 10:57 nm

        Of ‘n vuurwarm Olga wat vuur spoeg. 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: