Waar is God?

Maart 13, 2012 at 11:05 nm 14 Kommentaar

Ek wonder nie, eintlik weet ek. Maar wat my die vraag laat vra, is die feit dat mense, kinders, wil dit my voorkom so sonder God deur die lewe gaan.

Kan julle glo, as jy deesdae iets geseën wil hê, moet jy die padre glo ‘n stipende betaal. Ek het 108 jaar oud geword voordat ek moes uitvind dat ‘n seëning net teen betaling bekom kan word. In die kerk van my jeug, was dit gratis. Gratis? Nee, dit was outomaties.

Ek dwaal alweer af. Feitlik ‘n jaar gelede het my vriendin hier aangekom. In ‘n toestand. Sy was amper histeries. Sy het teen die winkel uitgevaar, teen die grondpad wat om en by ‘n km lank is. Die pad is nie regtig sleg nie. Sy is ‘n bekwame bestuurder dus het ek geweet dat iets anders verkeerd is. Uiteindelik het dit uitgekom dat haar kleindogter swanger was. Dit was ‘n Woensdag. Die volgende Maandag was die agterkleinkind gebore. Sy en haar man het sederdien finasieël vir hom gesorg. Elke liewe maand klim sy in haar karretjie en ry om die doeke, melk, purity, seep, sjampoe, klere wat hy ookal mag nodig kry te gaan koop.

Klokslag sal die klein *&%*# haar ouma vreeslik uitskel en van alles wat gemeen is beskuldig. Ek het al gesê skud die stof van jou voete af. Maar self ek weet dat dit makliker gesê as gedaan is. ‘n Ander x buurvrou se dogter is wel ouer en het weer ‘n hofbevel teen haar ouers gekry om hulle van haar af weg te hou. Die man met wie sy saamwoon, slaan en mishandel haar vreeslik. Die ou babatjie word afgeskeep. Stuur die ouma geld vir die kind, word dit uitgesuip. Die kind is so duidelik ondervoed, regte kwasijorkor eienskappe duidelik. Die hof sê die ouma en oupa moet wegbly. Hulle moet die hofbevel gehoorsaam.

Ek verdwaal al weer. Wat vir my deesdae vreeslik opvallend is, is die feit dat kinders nie meer Sondag skool of katkisasie of “cathecism” doen nie. Mense gaan nie meer kerk toe nie. Dit is asof almal dink dat hulle sonder God oor die weg kan kom. Sal die lewe ‘n beter plek wees as kinders weer soos dit hoort, die tien gebooie van kleins af geleer word? As mense terug keer na God? Dan weer, is die mense regtig so afvallig soos dit my soms voorkom? Ek hoor mense oor alles praat behalwe kerk. Dinge soos bybelstudie, katkisasie, doop, aangeneem en voorgestel is goed wat ek bitter selde hoor. Is dit dalk omdat ek so min mense ken dat ek dit nie meer hoor nie?

Ek vind dit altyd vreemd as iemand doodgaan en die familie laat weet skielig dat hy/sy ‘n stoere katoliek is. Dog het ek hom of haar nooit in die kerk gesien nie. Ok, nou moet ek toegee, ons is so “toegewy” ons het net een kerkdiens per maand. Dus is die kans bitter klein dat ek die persone of hulle families in die mis misgekyk het. Tensy hulle natuurlik die ander drie, vier Sondae die mis bygewoon het.

Ek vang weer vis in die pispot. Sou dit beter gegaan het as die dogters God in hulle lewe geken het? Ag, daar aanvaar ek sommer weer dat hulle Hom nie ken nie.

Gedagte van die dag: Kinders draai selde uit soos ons hulle wil hê. Dan weer, ons het ook nie uitgedraai soos ons ouers ons wou hê nie.

Advertisements

Entry filed under: Hartsake.

Aerobics Weer mense regte

14 Kommentaar Add your own

  • 1. seegogga  |  Maart 13, 2012 om 11:24 nm

    Soms kan ‘n mens te goed ook wees. Die ouers kan die kinders gaan aanmeld by Kindersorg en v ra dat die maatskaplie werker na die welstand van die kindjie kyk. Die kinders hoef nie te weet wie dit aangemeld het nie. Maar dit sal wel die kindjie help.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Maart 14, 2012 om 12:50 vm

      kindersorg kan net nie gepla wees nie.

      Antwoord
    • 3. Olga  |  Maart 14, 2012 om 1:00 vm

      hi krappie. Hoekom kan ek nie meer op jou blog 5c los nie. Dis skielik n log in storie. Ek is dan alreeds n wp gebruiker. As ek die blokkies invul, dan wil wp nog n blog aan my afsmeer.

      Antwoord
  • 4. seegogga  |  Maart 13, 2012 om 11:25 nm

    Ek dink Godsdiens is wel ‘n behoudende faktor, en dis jammer mense dink hulle het dit nie nodig nie, want hulle HET.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Maart 14, 2012 om 12:52 vm

      ek het gGod nodig. Elke minuut van elke uur.

      Antwoord
  • 6. Xena Phoenix  |  Maart 14, 2012 om 7:50 vm

    God is ‘n gentleman en dring Homself nie op waar hy nie welkom is nie. 😉

    Ek kan jou in elk geval belowe as die jonge dames jou post gaan lees, gaan hulle baie beledig voel. Volgens hulle is hulle waarskynlik goeie christenne.

    Antwoord
  • 7. Loli Pretorius  |  Maart 14, 2012 om 8:10 vm

    Weet julle wat, godsdiens werk nie. So groot gemaak, en so gelaatstaan. Tog, het my lewe verander toe ek face toe face met Jesus in aanraking kom. MAAR, omdat mens van kleins af sekere dinge leer, bly mens terug verval na die reëls wat sê, ‘as ek so lewe, dan sal God my seën.’
    Terwyl, inteendeel, Hy ons reeds als gegee het aan die kruis dood van Sy seun, en dit maak my vry. Ja, selfs van godsdiens!

    Hoe meer ek na sulke goeie nuus luister oor Jesus, (Rom.10:17) , en nie oor ‘doen dit, doen dat’, hoe meer glo ek dat Hy werklik vir my lief is EN val al my sonde begeertes weg!

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Maart 14, 2012 om 10:23 vm

      goed vir jou loli. Mense sien dikwels ‘seen’ net in aardse besit.

      Antwoord
  • 9. Sonlig  |  Maart 14, 2012 om 9:59 vm

    Die probleem van die kinders wat nie meer Sondagskool toe gaan nie, lê nie by die kinders nie, maar by die OUERS.

    Mense maak nie meer erns daarmee om hulle kinders in die Bybel te onderrig of te laat onderrig nie, want: “Ons het mos ook ‘n lewe!” Dis baie lekkerder om naweke by Sun City rond te lê as om te sorg dat die kinders by die Sondagskool is.

    Totdat ons aangeneem en voorgestel moet word….dan kan die Mammas BAIE ontsteld raak as die dominee vir hulle sê hulle kinders is nie gereed nie.

    Antwoord
  • 10. Olga  |  Maart 14, 2012 om 10:19 vm

    feite. So verheiden nog n geslag. Want instede van die kind dan op sy verpligting te wys, word die skuld pertinent voor ds en die katkisasie onnie se onbevoegdheid en die kerkraad se gatkruipery gelE. Dan onttrek hul van die kerk en die bybel se leerstellings word teenstrydig en verouderd verklaar.

    Antwoord
  • 11. rondomtaliedraai  |  Maart 14, 2012 om 12:55 nm

    Dinge het baie verander. Kindersorg moet ingryp voor dit te laat is. Grootouers se regte word ook beskerm… maar soms het ‘n saak nog ‘n kant en meng groot ouers baie in.

    Antwoord
    • 12. Olga  |  Maart 14, 2012 om 4:27 nm

      ook waar ne.

      Antwoord
  • 13. Toortsie  |  Maart 15, 2012 om 7:20 nm

    Ai, Olga. Wat word van ons???

    Antwoord
    • 14. Olga  |  Maart 15, 2012 om 8:46 nm

      Dit is ‘n baie goeie vraag Toorts. Wat word van ons???

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: