Aerobics

Maart 12, 2012 at 11:25 nm 5 Kommentaar

My buurvrou het so week of drie gelede hier aangekom om my te nooi om saam met hulle te gaan gym. Aangesien ek op daardie stadium omtrent dubbelgevou was van rugpyn, het ek die uitnodiging van die hand gewys.

Hulle is egter heel beïndruk met die aerobics klasse. Die groot rede vir die uitnodiging is maar weer omdat die Engelse nogal reg was toe hulle gesê het dat veiligheid in getalle lê. ‘n Kar vol dames gaan darem beter werk as net twee.

Ek moet erken dat ek vreeslik sku is vir die storie. Ek is die lompste mens wat ek ken. Ek het myself dan al katswink geskop deur net te masjeer. Kan julle dink wat gaan gebeur as ek meer as dit moet doen? Wel, hulle sê (Weer met die Engelse perde ploeg) “In for a penny, in for a pound.” As ek hier tussen hulle kan plant en stap, kan ek ‘n gat van myself tussen hulle gaan maak. As ek uit my klere gaan pop daar op die vloer, gaan hulle skamer as ek kry. Hulle het my daar aangebring.

Ek het darem nog drie weke oor waartydens ek nie van plan mag verander nie. Ek kan myself nie toelaat nie. Ek sal ook nie. Ek wil ook nie. Huh? Wie het dit gesê?

Gedagte van die dag: Ek sal darem agter my ouderdom kan wegkruip.

Advertisements

Entry filed under: Waarhede.

Wat kook Waar is God?

5 Kommentaar Add your own

  • 1. seegogga  |  Maart 13, 2012 om 12:42 vm

    Ek kon nog nooit verstaan dat mens iemand geld moet betaal om oefeninge te doen waar van jy nie hou nie om fiks te word waarvoor jy nie lus is nie. Mens kan( as jy rerig wil) mos by die huis op die mat oefen, of om die blok hardloop( net so sinloos) of dalk dinge doen soos gras sny, wasgoed ophang , winkel toe loop ens. Dans ,al is dit met jouself, is mos baie lekkerder. Dis natuurlik die heel lekkerste om net in die bad te le en lees. O ja en seks verbrand blykbaar baie kaloriee. Dus: gyms is uit vir my.

    Antwoord
    • 2. Gerda. J  |  Maart 13, 2012 om 10:14 vm

      dis net meer pret om dit saam te doen. ek lag al net vir die gedagte van wat olga gaan aanvang.

      Antwoord
  • 3. Sonlig  |  Maart 13, 2012 om 9:18 vm

    Jou prentjie is hilarious!

    Antwoord
  • 4. Olga  |  Maart 13, 2012 om 11:23 vm

    n mens dans deur 1 liedjie, dan is jy nie meer lus nie. Ek stap met my honde, na my bure, in die dorp van winkel tot winkel. Ek maak huis skoon, ek werk in die tuin tog doen ek bodybuilding. Ag, ek sal die ander dames iets gaan gee om oor te lag. Ek wil net heelvoor wees.

    Antwoord
  • 5. Xena Phoenix  |  Maart 14, 2012 om 7:47 vm

    Yikes, dit lyk gevaarlik.

    Ek haar iets soos aerobics. Ek voel altyd of ek 10 hande en 12 bene het en lyk soos die nar in die klas.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: