Sing saam

Maart 7, 2012 at 11:12 nm 3 Kommentaar

Laat ek maar aangaan met kerkliedere.

My gunsteling lied is lied 102. Go, the mass is ended. Ons het lank terug en vêr weg ‘n monnik gehad wie dikwels as die Padre elders besig was, die mis gelei het. Die man was ‘n sanger soos min. Hy het die betowering wat die lied vir my het, verdubbel. Op strategiese plekke sou hy begin “chant” go go go go. Dit was regtig magies. Veral as ‘n sekere dame die orrel gespeel het instede van ‘n voorbarige tiener dogter.

Ewentwel, soos ek reeds gesê het, ons is maar ses gesinne in die kerk. Almal se kinders is elders woonagtig, dus is dit feitlik net die ouers in die kerk. Maar nou ja, dikwels is my kinders einde van die maand tuis en dan gaan hulle saam kerk toe. My dogters het ‘n paar maande gelede toe die Filipynse Padre die mis gelei het, die “go go go” stukke gedoen. Die gemeente was verdeeld daaroor. Maar dit is mos maar hulle saak. Agterna het een van die dames my vertel dat die padre baie ongelukkig was oor wat hulle gedoen het. Ek het haar vertel dat my dogters volwasse is en die padre ook. As hy ‘n probleem daarmee het, het hy hulle selfoon nommers, hy kan dit met hulle uitmaak. Hy weet ook waar ons woon, hy kan met hulle kom praat het.

Met die laaste mis, was dit weer die Filipynse padre se beurt om die diens te lei. Groot was almal se verbasing toe hy op die strategiese plekke begin “go go go” chant het. Hy het dit so duidelik geniet om dit te doen.

Gedagte van die dag: Self die leiers kan leer deur wat hulle waarneem.

1. Go, the Mass is ended,
children of the Lord.
Take God’s Word to others
as You’ve heard it spoken to you.
Go, the Mass is ended,
go and tell the world
the Lord is good, the Lord is kind,
and loves us ev’ry one.

2. Go, the Mass is ended,
take God’s love to all.
Gladden all who meet you,
fill their hearts with hope and courage.
Go, the Mass is ended,
fill the world with love,
and give to all what you’ve received
—the peace and joy of Christ.

3. Go, the mass is ended,
strengthened in the Lord,
lighten ev’ry burden,
spread the joy of Christ around you.
Go, the Mass is ended,
take God’s peace to all.
This day is yours to change the world
—to make God known and loved.

Advertisements

Entry filed under: Hartsake.

Sing along Aquilegia

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Maart 8, 2012 om 9:30 vm

    EERSTE!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Maart 8, 2012 om 9:32 vm

    Julle kerk met net 6 gesinne het ook wragtig meer drama as al die gemeentes in ‘n stad saam. 🙄

    Go the mass is ended is veral magical wanneer die padre vir sy mangels probeer vergoed het

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Maart 8, 2012 om 10:51 vm

    wel, ons pdre kom daar. Gee hom net bietjie kans. Jong, jy sal die politiek in ons kerk nie glo nie. Die een dink hy besit die kerk. Die ander een dink sy besit die padre. Tussen die gevegte vergeet ek my pastorale magte, gryp die besem en vee, die mop en was, die mr min en poleer die altaar, die skropborsel en op my kniee skrop ek die mat. 😆 and what do u know? Hulle word bedank vir die skoon kerk en aanvaar dit gelate. 😉 baklei dan seker verder oor wie het die kerk skoon gemaak.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: