Alweer…. sukke tyd

Februarie 29, 2012 at 11:46 nm 10 Kommentaar

Paasfees is alweer oppad. Ek weet nou nie van ander kerkverbande nie, maar ons mafia mense doen “lent” ter herdenking aan die 40 dae en 40 nagte wat Jesus Christus in die woestyn deurgebring het en deurentyd deur die duiwel versoek was.

Kom ek ek ander dag in die winkel en “what do you know?” My gunsteling wyn is op special en ek moes verby stap. My neus het op aandag gespring, die katjie in my maag het “mewwwwwwww” geskree, die tuimeldroër het aangegaan en ek moes sulke lang slukke gesluk het. Kaneel. “Allspice.” Nee, defnitief kaneel. Nee, dem, dis spoeg. Stap Olga, stap. PAASBOLLETJIES!!!!! My hande reik uit en ek trek hulle vinnig terug. Stap doelgerig na die toonbanke en gaan staan in die ry.

Ari, gedorie. Die rakke om die tille kreun van die paaseiers. Nie enige paaseiers nie, dis piepklein, dem cute en verleidelik. Ek dink ek is nou eindelik aan die groot word. Ek kan ‘n tjoklit sien en uitlos. Wat my wel opgeval het aan die verleidelike hasies wat sy aan sy staan in hulle snoesige opvallende boks daar by die til, was die pryse. Een hasie is sweerlik hoogstens 3 cm hoog. Regtig, ek het vanaand weer besef dat ek op niemand se rug groot geword het nie, ek moes 3cm riffelsteek gebrei het oor 84 steke en wragtig toe ek dit kom meet, was dit net mooi 3cm. So die ou hasie is 3cm hoog. Vir ‘n onbetaamlike R34, 99. Ek het nader geleun, dit kan mos nie, ek sou gedink het ten duurste R15. Maar helaas. R34, 99. Die Lindt hasies langsaan, in net sulke opvallende boks nessies, is sowat 5 cm hoog vir R29, 99.

Mense, ek het gegril tot in my skoene. Hoeveel kindertjies gaan daarvoor skrou? Wie gaan dit koop? Vir R29 tot R35 kan ek ‘n behoorlike bek vol biltong kry. Self in die laeveld. Ek was eintlik spyt dat dit op die toonbank staan gemaak was en nie op die rakke weerskante van die tou nie. Dink net hoe lekker kon die bbbee kopers se kinders daaraan weggelê het terwyl hulle toustaan. Dit sou PnP se verdiende loon gewees het om sulke goed daar by die tille aan te hou. Donners. My arme Frikkedil gaan meer as eendag baie teleurgesteld huis toe gaan. Hou goeie moed, Frikkedil. Een van die dae is paasfees verby.

Ongelukkig vir my gaan paasbolletjies dan ook weg wees.
Ek is dol oor paasbolletjies. Maaar aangesien dit lent is, mag ek nie as op my kop gooi en my klere skeer om te wys dat ek vas nie. (Ek moes kos ook opgegee het.) Daarom sal ek nooit weet of paasbolletjies en Rosè goeie pasmaats is nie.

Advertisements

Entry filed under: Sucker.

So maklik soos … Mannewales

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Maart 2, 2012 om 8:41 vm

    EERSTE!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Maart 2, 2012 om 8:44 vm

    Lindt is nie ‘n kinder sjokolade of eerder sweetie nie. Die probleem is seker dat kinders dit nie weet nie. Daar is waarskynlik ‘n groepie bloedjies wat hulle volstop met Lindt.

    Paaseiers is skokkend. Daardie pakkies met 4 tot 6 eiers in, neig na R20 – R30. Blikemmer. Dan koop ek eerder ‘n pakkie smarties vir ‘n kind wat tog in elk geval meer plesier sal verskaf.

    Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Maart 2, 2012 om 8:45 vm

    Ek beskou paasbolle as aanvaarbare lent kos, veral as jy dit vir ontbyt of middagete eet. Nie as ‘n lekkerny nie.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Maart 2, 2012 om 9:05 vm

      ongeluk vn die saak is, mens kan nie wyn met ontbyt of middagete geniet as dit lent is nie.

      Antwoord
  • 5. Toortsie  |  Maart 3, 2012 om 7:02 vm

    Ek wil graag meer hoor van julle (jou) vas. Wat mag jy en wt nie? Dis iets wat my aandag al meer trek.

    Antwoord
  • 6. Olga  |  Maart 3, 2012 om 11:02 vm

    Toortsie, doen julle so iets in julle kerke? Indien wel, wat word dit genoem? Om die een of ander rede was ek onder die indruk dat dit is wat julle “Pinkster” noem. Ek het seker sowat twee jaar gelede agter gekom dat ek die kat aan die oor beet gehad het. Dus weet ek ook nie wat “Pinkster” is nie. Ons doen die “lent” ter ering van die veertig dae wat die duiwel Jesus Christus in die woensyn versoek het. Daar word nie ‘n vas van ons verwag nie. (Soos met die Moslems) Basies gee jy iets waarvoor jy baie lief is, soos bv. iets om te eet, dans, as dit jou passie is, fliek, ens op vir die ses weke van lent. Iemand het my eenjaar vertel dat sy boontjies gaan opgee vir “lent.” Sy het nog nooit boontjies geeet nie. Vir baie mense is die “lent” seisoen soos nuwejaarsvoornemens. Hulle doen die “opgee” ding met groot vertoon, dan kyk hulle hoe vinnig hulle dit kan breek.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Maart 3, 2012 om 11:06 vm

      Ekskuus, die volle vas word nie meer vandag van ons verwag nie.

      Tog word daar wel van ons verwag om liggies te vas op ‘n Vrydag. Vandaar dat die “staunch” Katolieke in die tyd steeds vis en brood op ‘n Vrydag eet.

      Antwoord
  • 8. Xena Phoenix  |  Maart 3, 2012 om 11:26 vm

    Olga

    Pinkster ken jy as pentacost. Die 50 dae na paasfees. 😉

    Antwoord
  • 9. Olga  |  Maart 3, 2012 om 12:16 nm

    Wil jy nou vir my sê die protestante kerke het hulle vastyd vir 50 dae na paasfees?

    Antwoord
  • 10. Olga  |  Maart 3, 2012 om 12:24 nm

    wat gaan vandag met wordpress aan?????????????????

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: