Gebed

Februarie 26, 2012 at 11:14 nm 4 Kommentaar

‘n Padre het eendag vertel hoe skaam hy die spesifieke dag vir homself gekry het. Dit was in die dae voor selfone. Iemand het hom geskakel met slegte nuus van sy tuisland. Hy het van die studeerkamer af teruggegaan badkamer toe en op die bad se rand gesit en bid. Toe het die plek waar hy gebid het, tot hom deurgedring en hy het God om verskoning gevra vir die feit dat hy op ‘n “onbehoorlike” plek gebid het.

Ek het toe skaam gekry en hom vertel dat ek al so dikwels op die troon gesit het en dan gebid het omdat daar dankbaarheid, blydskap, kommer of vrees in my hart was. Ek het al met graaf of hark in my hande gebid, terwyl ek in ‘n fliek gesit het, of agter die stuur van my kar, waar ek na kinders gesit en kyk het, ag, te veel plekke om op te noem. Meestal nie op my knieë met saamgeslaande hande nie. Sommer terwyl ek aangegaan het met wat ek besig is of was om te doen. Waarop hy toe geantwoord het dat hy nou weet dat daar nie ‘n regte plek of ‘n verkeerde plek is om te bid nie. Want sy “badkamer” gebed was ook verhoor. Sedert kindertyd, het ek nog nooit ‘n groot vertoon gemaak van die feit dat ek besig was om te bid wanneer ek tussen vriende stil geraak het nie. Ek het nog altyd gebid en klaar gekry.

Is daar ‘n regte plek vir bid en ‘n plek wat absoluut ongeskik is om enigsins te bid?

Gedagte van die dag: Gebed is die mees direkte pad na God se hart.

Advertisements

Entry filed under: Hartsake.

Dogs playing poker Wraak is soet

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Februarie 27, 2012 om 5:57 nm

    Eerste!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Februarie 27, 2012 om 6:05 nm

    Die wat is seker aansienlik belangriker as die waar. Ek hou niks van die idee om elke dag n langer bid op Facebook te bid nie

    Antwoord
  • 3. Painterman  |  Februarie 27, 2012 om 7:18 nm

    oepa-foken-daysie! kyk hoe staan die mense tou om hier te comment. koes! dak! val plat! seker al die moffies wat jy so afgepis het wat hule blok.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Februarie 27, 2012 om 11:00 nm

      Good for them!!!

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: