Fat bottomed girls

Februarie 23, 2012 at 6:37 vm 8 Kommentaar

‘n Tydjie gelede het my jeugvriendin my genooi vir ‘n naweek kuier. Ek moes toe maar noodgedwonge vir Bessie by die huis los, aangesien Mollie ‘n stuk of vier tewe het wat ook maar haar huis en werf vol loop.

Ek het toe maar die 280km met net Gabi om my te lei aangepak. Daar gekom, gewapen met my aktetassie, het ek ‘n groot verrassing gekry. Ander jeugvriendinne was daar. Of dan twee van hulle en die een, Shani se dogter ook. Gou het dit duidelik geword dat ons nou twee spanne gaan wees. Hulle, die vriendinne uit Kaapprovinsie en ons, die Tranvalers, aka die …. sug. Die dikgatte. Ons was gou in kennis gestel dat ons tog nie aanstoot moet neem nie, hulle is net al so gewoon om eerlik en reguit te praat en ons kan nie stry nie, ons het dik geword. Nou ja. Ek het nog nooit omgegee wat mense my noem nie. Ek het my dae gehad, mind you. Dit was lank terug en vêr weg. 😉

Ewentwel, die dikgatte word gegooi om elke draai en elke hoek. Dis asof hulle ‘n intense genot daaruit geput het om in te vryf. Seker maar met reg ook. Toe ons jonger was, was hulle die dikgatte en ons, nou ja. Maar, my wyse ou Moedertjie sou snel en hewig met my gal gewerk het as hulle of enige ander mens ‘n dikgat sou noem. Dan ook, Mollie se skoondogter is nie regtig dik nie. Haar baba was op die stadium drie maande oud. Die hele naweek hoor ons van ons dikgatte. Die Sondag middag om die etenstafel hoor ons steeds van ons dikgatte.

Op die stadium het hulle met ‘n kritiese oog elke liewe skep kos in ons borde bekyk voordat hulle so ‘n sampletjie in hulle borde geskep het en voor jy mes kon sê verorber en weer geskep het. Vir die hoeveelste keer het Mollie my onder die tafel deur geskop en ‘n woordelose grrrrrrrrr gewys. Toe vra ek “Sharni, hoeveel kere was jy al getroud?” Net die eenkeer met die “poephol” sê sy. Hoeveel saamwoon- verhoudings vra ek weer. Daar word met kleur en geur genoem. ‘n Stuk of twaalf in twintig jaar.

Ek vra Anette ook. Daar was drie huwelike. ‘n Stuk of nege saamwoon verhoudings, dis nou, as ons die twee lesbiese verhoudings ook tel. Fyn, dan tel ons dit ook. Die dogter? Sy het nog nie eintlik saamgewoon nie. Daar was die een en daardie een en so aan maar dit kan nie tel nie, want hulle het sommer by haar ma “gebunk.” Dan het sy by die ene in sy woonstel gebly terwyl sy swanger was met daardie een se kind, maar dit tel ook nie, want hy was net “a bit on the side.” Dan was daar ditse fling en datse fun. Gr8 stuff.

Is dit nie eienaardig nie, sêvra ek. “Wat?” Kom uit vyf kele tegelyk. “Ons dikgat girls kon ons mans behou. Terwyl hulle gou gou uitgelê geraak het by julle sexy girls. Dit moet wees dat die bene hulle seer gemaak het. Want al sien jy dit ook hoe, bene het maar skerp hoeke.” Eers het hulle nes die hele naweek uit hulle kele gelag. Toe sink wat ek gesê het in. Toe snak hulle na hulle asem. Gelukkig was die naweek verby. Ek was nog nie Dullstroom deur nie, toe Mollie my gebel het om te sê “Dit was nou wragtig blerrie goed gesê. Hoekom het jy so lank gewag?”

Gedagte van die dag: Sticks and stones….

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Reis deur die lewe Dogs playing poker

8 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Februarie 23, 2012 om 8:59 vm

    EERSTE!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Februarie 23, 2012 om 9:00 vm

    Hoekom het jy so lank gewag?

    Antwoord
  • 3. Kokkewiet  |  Februarie 23, 2012 om 10:00 vm

    Jy het hulle baie mooi op hulle plekke gesit!! 🙂

    Antwoord
  • 4. Olga  |  Februarie 23, 2012 om 12:30 nm

    ek gee nie n vy om wat mense van my se of dink nie. Maar ek dink hul het dit 1 x te veel gese.

    Antwoord
  • 5. Sonlig  |  Februarie 24, 2012 om 8:45 vm

    Bwahahaha! R50’tjie vir jou Olga!

    Revenge is a dish best served COLD!

    Antwoord
  • 6. eelt  |  Februarie 24, 2012 om 10:42 nm

    Ja, baie goed gesê!
    En verder, slankheid maak jou nie vanself sexy nie. Vet vroue kan net soveel sexy wees as die slankes.

    Antwoord
    • 7. Toortsie  |  Februarie 25, 2012 om 12:13 nm

      Stem saam. Jy het behoorlik lank gewag! Dit was ongevraagd en onsensitief om die hele tyd van dikgatte te praat. Good for you!

      Antwoord
      • 8. Olga  |  Februarie 26, 2012 om 10:41 nm

        Ek het dit buitendien van die begin af gedink. Ek het dit net nie die sê werd gevind nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: