Wittebrood is verby
Februarie 9, 2012 at 10:43 nm Olga 6 Kommentaar
Ander dag het ek en ‘n vriendin gesels oor kosmaak toe sy my vertel het van die eerste keer dat sy skaapkop gebak het. Dit was blykbaar katatrofies. Sy het nie geweet van die een of ander kliere, ek dink tog sy het gesê die traan-kliere wat sy nie verwyder het nie.
Dit het my toe laat dink aan die eerste keer dat ek vir Homer vla gekook het. Dit was nie die eerste keer dat ek vla gekook het nie. Heng, ek het al dikwels tevore vla gekook. Ewentwel, dit was in die dae voor boksies vla.
Ek het vir hoofgereg gevulde pannekoek en slaai gemaak. Toe sy gunsteling, jellie en vla vir nagereg. (gou hoor wat sê Grieters.) In elk geval, toe ek kom aansit het ek gesien dat hy ‘n groot klont jellie, en blik perskes ingeskep het. Maar geen vla nie. Ek het toe gevra of daar fout met die vla was. Waarop hy geantwoord het dat ek dit tog nie kommersieël moes maak nie. Hoekom nie? het ek verontwaardig gevra terwyl ek die lepel in die geel goed gedruk het. Gesteek het. Gekap het. Dit was dik en hard.
“Wel” het hy gesê, “sou jy dit doen, sal jy wragtig twee jaar harde arbeid daarvoor kry.”
Gedagte van die dag: Gelukkig het die lepel in die vla vasgesit.
Entry filed under: Staaltjies.
6 Kommentaar Add your own
Lewer kommentaar
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
1.
Xena Phoenix | Februarie 10, 2012 om 8:53 vm
EERSTE!!!!!!
2.
Xena Phoenix | Februarie 10, 2012 om 8:56 vm
Ek het eenkeer piesangbrood gebak. Ek het mooi 250 ml meel afgemeet en nooit gesien ek kort 4 koppies nie. Wat ‘n gemors.
3.
Olga | Februarie 10, 2012 om 12:49 nm
het jy toe mie piesang pannekoek met die deeg gemaak nie?
4.
Gerda. J | Februarie 10, 2012 om 1:21 nm
he he. 😉
5.
Reinhardt | Februarie 14, 2012 om 2:52 nm
Jy laat my glimlag terwyl ek jou vla-storie lees. Baie oulik! :))
6.
Olga | Februarie 14, 2012 om 10:55 nm
Ek sou die hond kon doodgegooi het met daardie klont vla. Dan sou dit nog teruggebons het en my teen die kop kon tref.