Tv kyk is vir gekke of is dit???

Februarie 1, 2012 at 10:52 vm 5 Kommentaar

‘n Vriendin het my Maandag-aand gebel. “Slaap jy?” het sy gevra. Dit was darem al tienuur. “Ek weet jy kyk nie tv nie, maar wil jy nie aansit op 2 nie?” As spesiale vergunning aan haar het ek en bly kyk tot byna middernag. Iemand wie gereken het Jesus het die tydperk in sy lewe vanaf veertien jaar tot dertig jaar, waaroor die bybel nie juis uitgewei het nie, in India deurgebring.

Soos hulle dit verduidelik, sou dit ‘n tog van 4 000 km gewees het vir Jesus om te reis. Sou Hy 10 km per dag afgelê het, sou hy dit in ‘n jaar se tyd kon doen. Fyn, het ek gedink, dit kon seker maar gebeur het. Tog snaaks dat niemand daaroor geskryf het nie. Toe nie, hulle het geskrifte en al die bewyse daarvoor. Goodo! dink ek, nou sal ons sien hoe sy habdskrif dan moes gelyk het. Helaas, dis India. Die geskrifte en ander geskrewe bewyse het die goewerment op beslag gelê. Darom kan dit nie voorgelê word nie. Die ander museum het afgebrand. Natuurlik dink ek.

Toe beweer hulle dat Jesus die kruisiging oorleef het en met Maria gevlug het. Toe wou ek opgespring het en die tv sommer net in sy maai gooi met ‘n tafel. Tog het ek bly sit. Hulle het kort kort die mening van die publiek ingewin. Wat vir my opvallend was, was die feit dat al die “Christelike” geleerdes wie hulle ondervra het, almal Mafia mense was. Daar was tot ‘n forensiese ontleder daar om dna te verkry van die gebeente in Jesus se graf. Helaas, die regering het ‘n muur daarom gebou en weier natuurlik toegang tot die graf. Maar as ek nou korrek onthou, twyfel sy glad nie dat dit Jesus se gebeente kan wees nie.

Voorts het hulle beweer dat Maria tydens die vlug terug na India gesterf het. Haar en Jesus se grafte is baie naby mekaar. Hare in Pakistan, syne in India. Vir my was die clincher die ou Indiese omie wie se mening hulle wou hê. Hy is ‘n Moslem. Sy mening was: Iemand het ‘n boek geskryf…. Ja, swaer. Ek kon dit nie beter gestel het nie.

Gedagte van die dag: Daar is niks skoner en meer perfek as God se onvoorwaardelike liefde vir jou, vir my, vir ons nie.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Goed begonne bitterheid

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Februarie 1, 2012 om 11:45 vm

    Daar is niks soos ‘n goeie conspiracy theory nie. 😉 Al is dit dan nou net ‘n goeie storie.

    Antwoord
    • 2. Gerda. J  |  Februarie 1, 2012 om 1:14 nm

      ek dink jy wil met jou foto se ds bog? hoekom wil almal so graag die bybel verkeerd bewys?

      Antwoord
  • 3. Olga  |  Februarie 1, 2012 om 2:26 nm

    natuurlik is dit bog.

    Antwoord
  • 4. twattie  |  Februarie 2, 2012 om 10:25 vm

    Is dit nie verbasend hoe ons eerder mense se menings en teorieë oor als en nog wat sal/wil glo nie maar ons wil nie God se beloftes aan ons glo nie…
    Die dinge wat deesdae in die media verskyn is soms lagwekkend!

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Februarie 2, 2012 om 6:42 nm

      goedjoop sensasie. Wat is die beste manier om dit te doen? Se die bybel lieg.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: