I’ll be a fool for you

Januarie 12, 2012 at 7:00 vm 4 Kommentaar

(Ja, Grieters, ek weet dis ‘n reel in die liedjie nie die titel nie.)

Ek is die ganse 108 jaar van my lewe ‘n Rooms Katoliek.  Dis al wat ek weet hoe om te wees.  Ewentwel, ons het twee priesters, albei uitlanders.  Een van die Filipyne, een van Kenia.  Onlangs het die Keniaan ‘n vriendin, ‘n mede kerkganger, ‘n mede buiteposter vertel sy hoort nie “hier” nie.  Toe sy hom vra wat hy bedoel, het hy haar armvel tussen sy vingers  geneem en vir haar gesê: “your skin is not the right colour.”  Haar eerste impuls was om hom te slaan.  Wie sou haar kon kwalik neem?  Toe klim sy maar in haar kar en gaan huis toe.  Ek sal altyd wonder wat hy met die “hier” bedoel het.  Die kerk?  Bolle man, self in Kenia het ‘n wit man die geloof ingebring.  Daarvan is ek vas oortuig.  Die sendingstasie?  Weereens, ‘n wit man het dit as erfenis nagelaat.  Die kerk het al sowat 60% van hierdie grond gratis en mahala gegee vir die grondeiese kommissie.  Easy come, easy go.  Fair and simple.  Die provinsie?  Wat sou hier gewees het as dit nie vir wit velle was nie? 

Eintlik jammer sy het hom nie gevra nie.  Sy antwoord kon interessant gewees het.  Ek het egter besluit, ek gaan nie kerk toe om brownie punte te score nie, ek gaan ook nie wegbly om hom te plesier nie.  Ek gaan kerk toe met die wete dis vir Iemand beter, groter as hy.  Die Persoon was ook nie swart nie.  As ek dan ‘n gek moet wees om God te gaan loof, dan sal ek.  hy het Sy Seun gegee om te sterf sodat ek, jy, hy en sy, nie verantwoordelik gehou kan word vir apartheid nie.  Daar was buitendien onregte aan albei kante gepleeg.  Maar ons almal moes dit aanvaar of afvallig van die staat, en dus landsverraaiers wees.  Maar ek dwaal alweer af.  Padrè, as jy ons nie daar wil hê oor die kleur van ons vel nie, laat die pous na die media gaan en deur hulle vir ons vertel dat ons nie daar hoort nie.  Tot dan Padrè, sorry vir jou!  Ek sal Sondag daar wees. 

Gedagte van die dag: Doen wat jy kan doen, vir die res, bid en God sal dit vir jou doen.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Sulke tyd vervolg Kiep kiep kiep

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Januarie 12, 2012 om 9:15 vm

    EERSTE!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Januarie 12, 2012 om 9:17 vm

    Ek sou hom by die biskop laat verkla het.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Januarie 12, 2012 om 10:46 vm

      dis so nie die moeite werd nie. Jy weet mos, as jy swart is, is alles toelaatbaar.

      Antwoord
  • 4. Gerda. J  |  Januarie 12, 2012 om 10:53 nm

    dat hy so openlik en blatant so blerrie rasisties kan wees!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: