Sulke tyd vervolg

Januarie 10, 2012 at 11:01 nm 8 Kommentaar

Ek hou nie van die herhaling ding nie, maar dit moet ek tog met julle deel.

Ek het vandag by ‘n vriendin in die dorp gekom en sy was buite toe ek daar aangekom het. Ek het nie die dinge waaroor ek gister geblog het aan haar genoem nie. Maar sy het opgemerk dat iets anders is. Ek het nie daarop in gegaan nie. (By haar is iets altyd anders.) Ons het skaars gesit toe sy gesê het dat ek alleen gekom het. Natuurlik is ek alleen het ek vererg opgemerk. Toe sê sy dat sy voorheen niks wou sê nie, maar daar was dikwels iemand saam met my. Die mens het glo soms saam met my ingekom en ander kere net in die kar gebly. Nou volgens haar, is sy, julle weet, psigies.

Ek het haar toe vertel van dinge wat hier by die huis gebeur het. Nou ja, volgens haar maak dit perfek sin want dis glo ‘n kind.

Gedagte van die dag: Ek soek huis.

Advertisements

Entry filed under: Onverklaarbaar.

Sulke tyd I’ll be a fool for you

8 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Januarie 11, 2012 om 8:41 vm

    EERSTE!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Januarie 11, 2012 om 8:42 vm

    Yikes!!!!

    Ek is maar ‘n pissie en ek sou al lankal getrek het. Aan die anderkant, met die wat die kind saam met jou rondtoer, gaan ‘n ander huis mos nie help nie. 😉 Wie weet, jy kan hom / haar dalk oplei om met huiswerk te help.

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Januarie 11, 2012 om 10:03 vm

    pleks van behulpsaam met die huis wees, grieters, laat hy / sy eerder kondensmelk, versiersuiker, blikke vrugte en koekversiersel verdwyn. Draai lae krane en kasdeure oop. Ek wil die padre vra om n gebed te kom doen.

    Antwoord
    • 4. Xena Phoenix  |  Januarie 11, 2012 om 10:05 vm

      Hy / sy is verveeld. Stuur hom of haar skool toe. (Vreemd dat dit lekkernye is wat so verdwyn).

      Antwoord
  • 5. Selene Phoenix  |  Januarie 11, 2012 om 11:12 vm

    OMW dis scary!!

    Weet nie of dit ‘n goeie of slegte ding is dat dit ‘n kind is nie… kinders kan gevaarlik wees!

    Darem begin die skole amper, so kom ons hoop die is ‘n soet een en gaan pla die kinders by die skool! 😉

    Antwoord
  • 6. iemand wat weet  |  Januarie 11, 2012 om 4:54 nm

    nee, fok tog. ek wil vanaand in die bed klim en slaap.

    Antwoord
  • 7. klippie  |  Januarie 12, 2012 om 4:16 nm

    Ek dink dis ‘n goeie idee dat die padre ‘n gebed kom doen. Noudat hy/sy weg is, wil jy sekerlik he dat die kind moet wegbly. En dan kan jy veel langer aan jou lekkernye smul!

    Antwoord
  • 8. Olga  |  Januarie 12, 2012 om 8:24 nm

    As ek eerlik wil wees, Klippie, doen hy / sy my ‘n guns deur dit te laat verdwyn. Behalwe as ek vir my mensies iets wil maak om saam te neem en ek moet dan ry omdat dit wat ek weet ek het, net eenvoudig verdwyn het. Ek het vanaand ‘n gulde geleentheid laat verby gaan. Die padre was hier met sy ouers om te kom groet voordat hulle teruggaan Filipyne toe na hulle vakansie. Toe het ek vergeet, kan julle glo?

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: