Speletjies

Januarie 9, 2012 at 12:06 vm 3 Kommentaar

Ek dood absoluut oor blokraaisels. Dalk is dit net woordspeletjies waaroor ek dood. ek speel graag woordspeletjies. Dit moet wees hoekom ek ook so graag Grieters se speletjies speel. Dis net woorde. Met ‘n twist hiervan en ‘n skeet daarvan.

Wiskunde speletjies vind ek egter mindbogling. Dit smokkel my kop soos in heeltemal. Tog was ek glad nie vrot met wiskunde op skool nie. Dit was nou bo en behalwe Meetkunde. Dit was nog regtig die een bobbejaan puzzle wat my altyd ‘n bubble laat hap het.

Ek hou nie van bord speletjies nie, ek verloor dan altyd. Tog vrek ek oor kaart-speletjies wat ek ook altyd verloor. Ek gee ook glad nie om om te verloor nie. Die een speletjie wat ek geheel en al nie van hou nie, is monopoly. Dit is nou wragtig so blerrie “rivier sonder end” speletjie. Ek kan nie eers ‘n woordeboek daarvoor gebruik nie. Dis ook seker hoekom ek nie van wasgoed stryk, hou nie. Dit is net so ‘n nimmereindigende takie.

Ai, ek moet my bure van die afgelope jare leer om scooprummy te speel.

Gedagte van die dag: Geloof gee ons die versekering dat dit wat ookal voor ons lê, aan God bekend is en dus onder sy beheer is.

Aan almal wie môre weer na die kerstyd begin werk, mag julle ‘n voorspoedige, belonende en gelukkige werksjaar beleef. Versig ry, altyd.

Advertisements

Entry filed under: Sucker.

Sukses Wenners

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Januarie 9, 2012 om 7:13 vm

    Eerste!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Januarie 9, 2012 om 7:14 vm

    Ek is mal oor 30 Seconds. Toegegee, dit kan soms ‘n frustrasie wees as jy in ‘n span is wie nie eers weet wie Helen Zille is nie. 🙄 Ja, daar is sulke mense

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Januarie 9, 2012 om 10:42 vm

      die dag en datum? Heng, wat kyk en luister hul?

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: