Naasteliefde was so.

Desember 22, 2011 at 9:28 nm 7 Kommentaar

Toe ons kinders was, lank terug en ver weg, het daar ‘n gesin laer af in dieselfde straat in getrek. Hulle het ‘n swetterjoel kinders gehad. Die oudste was toe al volwasse, of dan wat destyds as volwasse kon deurgaan. Verder was daar ‘n kind van alle ouderdomme, tot die baba op die Moeder se heup. As kinders was ons gefassineer deur die vreeslike maer tannie met die groot ronde maag. Haar maag het nie lank rond gebly nie, toe was die laaste baba daar.

Hoe dit ookal sy, hulle het uitgeboer en rond getrek na waar ook al ‘n werkie mag gewees het. Die oudste kon ook nie gaan werk nie, die Moeder was te swak van al die kinders wat sy elke jaar, min of meer, in die lewe moes bring. Weet julle, wat ek so goed kon onthou, was hulle bereidwilligheid om te help. Ons het dikwels van die skool af gekom, dan was die oudste dogter in die waskamer besig om ons wasgoed te stryk terwyl ou Mini met ‘n langlip sou vensters was. Die oudste van die seuns, was nog skoolpligtig. Smiddae na skool, het hy en twee broers jonger as homself van huis tot huis gegaan om karre te was en blare te hark. Die Vader het gewerk. Ek kan nog goed onthou hoe hy asvaal van die sementstof smiddae van die trokkie afgewip het en soveel kinders hy kon op sy skouers getel het. Dan het hy met sulke skuifel spronge sy huis binne gestap met tot vier kinders op sy skouers.

Ewentwel, ek kon vandag nie help om aan die gesin te dink toe ek van ‘n ander gehoor het waar die Moeder en volwasse kinders nie van hulle rue af kan kom om te werk om hulleself te help nie. Hulle het in die gewoonte gekom om hulle hande bak te hou en het altyd ‘n storie gereed oor hoekom hulle gehelp moet word. Gehelp moet word? Ekskuus, hoekom hulle moes KRY. Al drie lyk vir sterk en uitgevreet en heeltemal in staat om hulleself te kan onderhou.

Terug na die ander gesin. Die oudste dogter het ons eenkeer ‘n foto gewys van hulle huis op die plaas wat hulle verloor het. ‘n Mooi plek gewees ook. Ewentwel, ek onthou die eerste jaar met kerstyd hoe ons my wyse Moedertjie en haar suster dikwels in fluister konsultasie met die bure betrap het. So kan ek dan onthou hoe my Moedertjie en meeste ander ma’s baie geheimsinnig besig was. Al wat ons gehoor het, wanneer ons wel sou waag om ‘n vraag te vra, was die ou afgesaagde “Husse met lang ore.”

Om ‘n lang storie kort te maak, toe die gesin van hulle kerkdiens teruggekeer het, was die tafel op hulle stoep toegepak met gaar kos, eetgoed en geskenke. So was die lewe destyds. Mense het nog vir mekaar omgegee. Hierdie gesin was bereid om hulleself te help. Daarom het niemand omgegee om hulle so ‘n ouhupstootjie te gee nie. Vandag besef ek wat het gebeur. Destyds het niemand ooit ‘n woord gerep nie. Hulle was seker ‘n goeie vyf jaar op ons dorp. Dit het wel beter met hulle gegaan mettertyd. Dikwels oor die jare het ‘n situasie of ‘n naam, my aan hulle herinner. Dan het ek gewonder wat het van hulle geword.

Gedagte van die dag: elke mens, nes elke donker wolk, het ‘n silwer randjie. Soek dit altyd en kyk hoe dit lig in jou lewe bring.

Advertisements

Entry filed under: Volk en taal.

‘n Vergadering van ‘n ander kleur Geseënde kersfees.

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Desember 23, 2011 om 10:45 vm

    Eerste

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Desember 23, 2011 om 10:55 vm

    Ek hou hiervan. Dit blyk dat die mense nie skaam was om te help waar hulle kon nie. Sonder om enige iets te verwag daarvoor. Jou wyse ou moedertjie en vriende het regtig knap opgetree.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Desember 23, 2011 om 11:10 nm

      Sover ek kan onthou,was hulle altyd ‘n geldjie in die hand gestop vir die skoon kar, gestrykte wasgoed, blaarlose erf. In daardie tyd, Grieters, was dit hoe bure opgetree het. Hulle het nie bloot weggekyk nie.

      Antwoord
  • 4. seegogga  |  Desember 23, 2011 om 11:31 vm

    Ek hou ook hiervan mooi storie ook vir Kerstyd

    Antwoord
  • 5. pienkpantoffels  |  Desember 26, 2011 om 5:36 nm

    Dis nou baie nice. Ek onthou ook hoe ons – ons het op ‘n plot grootgeword – gewag het vir die werkers se ‘happiieeee, happieeee’ en meegaande bakhande wat kom vra het vir ‘n Krismas. My ma het altyd lekkers byderhand gehad vir die kinders en seep en waslappe vir die grotes 🙂

    Antwoord
  • 6. Reinhardt  |  Desember 30, 2011 om 8:55 vm

    Baie mooi geskryf – dit is iets wat deesdae nie meer baie gesien word nie. Ek het self die ondervinding gehad baie jare terug as kind om so deur iemand geseën te word, toe ons ook bittermin gehad het, het iemand ons stoepie so toegepak met kos. Ons weet nie wie dit was nie, maar die waardering was baie groot. Dit maak ‘n ongelooflike verskil in iemand se lewe, nie net die persoon wat ontvang nie maar ook die een wat gee.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Desember 30, 2011 om 10:19 vm

      welkom reinhardt.
      It is soms sommer net leke om te gee en die verrassing van die onvanger, soms n vreemdeling, wie n halwe pastei kry, se blydskap te sien.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: