It’s a heartache

Desember 20, 2011 at 6:39 vm 5 Kommentaar

Nie so lank gelede nie, was daar sestien dae van aktivisme om geweld teen teen vroue en kinders te keer. Bid jou aan hoe seer my hart was toe ek gister moes hoor dat ‘n kind wat ek soos eie lief het, ook ‘n vroue slaner is.

Die probleem is, die klein blixem is te ver weg dat ek gou in die Fordjie kan klim en sy ore vir hom gaan warm klap. Nevermind ore warm klap. Ek wil my sambok vat en hom ‘n moerse pakslae gaan gee. Dit omdat hy nie kritiek kan hanteer nie. Sy seun was stout en het hom ‘n paar klappe van sy ouma op die gat gehaal. Wat geregverdig is. Toe hy egter daarvan uitvind, het hy sy skoonma gebel en lelik sleggesê. Hy weet mos ook dat die ouer wie sy of haar kind liefhet, die kind sal tugtig. Tugtig, nie aanrand nie. Die kind is ‘n befaamde vloeker. Niemand kan hom enige iets vertel nie, dan vloek maatjie jou dat die vlamme blou en bont staan. Hy loop sy ma ook vir “good measure” by en slaan haar. Dis toe ouma hom gryp en ‘n paar rapse op sy gat gee. Al sy gepraat met die kind het hom nou nog nie van die gevloekery en slanery laat afsien nie. Nou vra ek julle, “Wat sal die kind dan leer om nie te vloek en ander mense en kinders te slaan nie?”

Wil hy nou regtig die kind ongedisseplineerd deur die lewe laat gaan? Nee, genade, my skat, as hy jou ma kan vloek en slegsê, jou gereeld verbaal kan laat deurloop en dan nog slaan ook, sal hy nie verander nie. ‘n Kind leer immers deur die voorbeeld wat aan hom gestel word. Hy het in sy kindertyd dikwels moes toesien hoe die werfetter wie sy pa is, sy ma geslaan het. Hulle sê die appel val nie ver van die boom af nie. Daar is die bewys. Duidelik en onteenseglik. Wil jy dit ook vir jou seun hê?

Gedagte van die dag: JY IS ‘N LUIS! HOOR JY MY???

Advertisements

Entry filed under: Diere Maniere.

En daar was…. Kersversierings.

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Desember 20, 2011 om 9:59 vm

    EERSTE!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Desember 20, 2011 om 10:01 vm

    Mense wat hulle tot geweld wend om hulle sin te kry, is niks beter as diere nie. Regte kategorie wat jy gekies het.

    Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Desember 20, 2011 om 10:09 vm

    My krag het netnou eers aangekom. Dit is amper genoeg om my ook ‘n dier te maak

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Desember 20, 2011 om 10:39 vm

      saaaaa!!!

      Antwoord
  • 5. Gerda. J  |  Desember 20, 2011 om 11:35 vm

    en dit so op die kerstyd. sy moet nou so pimpel en pers geslaan in die kerk gaan sit. dan kan hy aan die padre en die gemeente verduidelik hoekom sy vrou so lyk.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: