In die litchie boord

Desember 16, 2011 at 6:32 vm 14 Kommentaar

Ek stap die koel litchie boord binne. Te dankbaar om uit die son te kom. Ek gaan staan eers stil dat Bark kan opvang. Toe ek sy nat neus teen my been voel, sit ek my bril terug op my neus en stap dieper die boord in.

Iets tref my teen die kop. Toe op my skouer en gly teen my rug af. Ek vryf my kop, dit was nogal seer. “Eina! Sker-kwater!!!” Hoor ek ‘n stem brom. ‘n Bekende stem. ‘n Baie bekende stem. Ek hoor Bark blaf, toe tjank hy skerp en ek hoor hom vlug. Ek het gou omgekyk en jou wrintie. Daar staan Laviga, besem dreigend omhoog tussen my en die vlugtende Bark. “Slapgat” dink ek so in my enigheid. Nog voordat ek haar kan groet, moet ek egter agter ‘n litchie boom inspring om uit die pad van ‘n opgewonde, galoppende kameel te kom. ‘n Kameel?

Doef-doef donder die pootslae verby. Al wat ek sien is die geel lig op die kameel se rug. Ek bly maar vir my eie veiligheid agter die dik stam van die litchieboom skuil. Toe hoor ek kinderstemme. Dit klink vreeslik jolig, maar wag, ek hoor weer die naderende doef-doef en maak myself klein agter die boomstam. Versigtig, voetjie vir voetjie, beweeg ek weer vorentoe nadat die galoppende kameel verby is. Die keer sien ek twee hoppende koppies agter die liggie op die kameel se rug. ZZZZZZZZZZZZZZZzzzzzzzzzzzzzzzzz zwoep iets weer langs my oor verby. ‘n Klein koppie agter en voor Lavigs op die besem. ZZZZZZZZzzzzzzzzzzzzzz by die kameel en sy vrag verby. Soos blits sit ek hulle agterna. Ek hoor ‘n gejuig opgaan net toe ek met brandbors by die laaste ry litchie bome verby nael. Ek slat die brieke aan, swenk kortom en vlug weer agter ‘n boom in.

Ek loer versigtig om die stam. Ari gedorie!!! Daar voor my in die oopte in die middel van die litchie boord is ‘n groot, mooi versierde kersboom staangemaak. Daar lê stapels geskenke onder die boom. Juigend en handeklappend staan Selene en haar tweeling Xena by Laviga wie op en af spring, want natuurlik het sy vir Kameel gewen. Ek sien iemand wie, wag…. Gedoriewaar, daar val die mens op jaar rug in die gras neer en ek sien net voetjies skop. Mapstieks! Dis Willetjint wat haar so verlekker in Laviga se oorwinning. Toe sien ek dit was Wille M en Wille T wie op Laviga se besem was.

Jayde staan uitbundig en hande klap terwyl klein T Lief wie nie meer so klein is nie, langs haar staan en hande klap terwyl Plig en Terror van kameel se rug afgly. Ek kyk op en sien dis Toortsie wie nog bo op Kameel sit en ander kinders flink ophelp om hulle beurt in die resies te kry. Daar eenkant sit die Padré en …. Ouma Wip skaterend en hande klap. zZZzz klink na miskiet en ek maak reg om te klap, toe is dit Klip wie aangestap kom met mev. Klip en klein Klippie tussen hulle. Toe kry ek darem maar ‘n yslike knop in my keel. Soveel bloggers wie gkom het om die kinders van Justicia kinderhuis ‘n verrassings partytjie te kom gee, en ek was alweer laat.

Gedagte van die dag: Om goed te suiwer moet dit deur ‘n smelt vuur gaan. Net so word ons deur pyn en smart gelouter om ons harte te suiwer.

Advertisements

Entry filed under: Speel saam.

Toe herders En daar was….

14 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Desember 16, 2011 om 8:16 vm

    EERSTE!!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Desember 16, 2011 om 8:20 vm

    Ek het amper gedink die dom heks het jou met haar besem geslaan. Sal dit nie verby haar sit nie.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Desember 16, 2011 om 10:36 vm

      teen my kop vasgevlieg. Jy weet mos, as daardie besem en sy vrag eers in die lug is, an word dit so klein soos speelgoed.

      Antwoord
  • 4. Toortsie  |  Desember 16, 2011 om 8:29 vm

    Sjoe!!! Fantasties!!! Oorspronklik!

    Antwoord
  • 5. Wip  |  Desember 16, 2011 om 8:44 vm

    LOL dis ‘n Wow!! inskrywing,

    ‘n Baie liefde- en vreudgevolle kersfees vir jou en joune xxxx

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Desember 16, 2011 om 10:42 vm

      ouma wip!
      Awlrite!
      Baie danjie, wippie. Dieselfde vir jou en joune. Wees veilig en geseend, altyd. XXX

      Antwoord
  • 7. Wille Kjind Q  |  Desember 16, 2011 om 9:30 vm

    My magtag!!! En daas ek wragtag EERSTE!!! :mrgreen:

    Hallo julle 😀

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Desember 16, 2011 om 10:49 vm

      WK!
      Ari gedorie, maar olga is omtrent knop in die keel vandag met twee uiters skaars besoekers op een dag.

      Antwoord
  • 9. Wille Kjind Q  |  Desember 16, 2011 om 5:34 nm

    Ai tog! Ek weet eks sleg met die kom hallo seg ding maar my lewe het helemal verander vandat Nick in my enni kjinners se lewe is. Ek het skoon dik geraak van so baja relax.

    Julle moet ‘n wonnerlikke krismis hê en ek hoop vader kersfees bring vi julle alles wat julle hartjies begeer

    Antwoord
    • 10. Olga  |  Desember 16, 2011 om 10:47 nm

      Mag julle net geluk ken. Geseende kersfees vir julle almal.

      Antwoord
  • 11. Nadia  |  Desember 16, 2011 om 6:30 nm

    BRavo! Wat ‘n pragtige verhaal – ek dink nog aan myne so hoop ek kry hom geskryf die naweek – dankie vir die tag – die ene is besonders 😉

    Antwoord
    • 12. Olga  |  Desember 16, 2011 om 10:48 nm

      Hoop jy geniet die skryf daarvan, Nadia, ek sien uit om dit te lees.

      Antwoord
  • 13. Ella Chesterton z  |  Desember 24, 2011 om 11:20 nm

    Alles wat julle skryf is daar op gebaseer dat all die wit mense na die gebiet gaan trek, wat ek persoonlik regtig betyfel.

    Antwoord
  • 14. David Aportunse  |  Desember 27, 2011 om 1:15 nm

    Terwyl ons almal sit met n knop in ons keel, vasgenaal voor die televisie, stap Inzi af terwyl hy n traantjie pink.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: