Toe herders

Desember 15, 2011 at 7:15 vm 18 Kommentaar

Ek het weer gister na die sendingstasie gegaan vir ‘n kerkraad vergadering. Daar gekom, was alles taamlik verlate. Ek het die toeter so ‘n keer of wat geblaas, maar niemand het te voor skyn gekom nie. Toe het ek maar die Fordjie gesluit en gaan soek waar almal dan is. Dit is veronderstel om ‘n finansiëlekerkraad-vergadering te wees. Waar is almal dan?


Dis die beste wat ek het, Kameel. Skuus. Sal volgende keer die boord afneem.

Eers het ek na die saal gestap, maar die deur was gesluit, met ‘n dik blink ketting en ‘n groot “Viro” slot. Bark het agter my aangedros, met sy bal in sy bek. Ek het die bal so in die loop ‘n keer of twee geskop dat dit daar getrek het, met Bark agterna. Ek het toe na die eetsaal gestap. Ditto! Na die slaapsale. Ditto. Na die Padré se studeerkamer. Dit het leeggestaan. Na die konferensie kamer. Ditto. Na die eetkamer in die anneks. Ditto. Na die kombuis. Net Mama Beauty met haar groot glimlaggende swart gesig. Na die ablusieblokke. Niks. Die hoenderhokke. Ditto.

Van skone moedeloosheid het ek na die lietchie boord gestap. Wat het ek gesien?

Xena, Sonkind, Klippie, Seegogga, Toortsie, Jagter, Nadia en Jan Twak?  Gaan vir goud, mense. Vertel my wat ek gesien het. Dalk so ‘n lekker kinderlike kersverhaaltjie?

Gedagte van die dag: Daar is regtig min dinge wat mense nader aan mekaar bring as ‘n opregte verskoning.

Advertisements

Entry filed under: Speel saam.

Blok vir Olga In die litchie boord

18 Kommentaar Add your own

  • 1. Toortsie  |  Desember 15, 2011 om 7:33 vm

    Ek sal probeer….
    Maar eintlik wil ek net 100% saamstem met jou heel laaste sin. Dit sluit so baie dinge oop!

    Antwoord
  • 2. Toortsie  |  Desember 15, 2011 om 7:50 vm

    Eintlik wil ek vra…. hoe lyk ‘n litchie boord?? Het jy dan nie ‘n ou foto’tjie om vir my te email nie??

    Antwoord
  • 3. Kameel  |  Desember 15, 2011 om 8:04 vm

    Ek weet ook nie hoe lyk ‘n litchieboord nie, alhoewel ek gaande is oor litchies. Dit daar gelaat… verskoning vra is maar ‘n “humbling experience,” maar soos Toortsie se… dit sluit baie dinge oop.

    Antwoord
  • 4. Jan Twak  |  Desember 15, 2011 om 8:35 vm

    Ek het ongelukkig die vermoë om kersverhaaltjies heel op te foeter. Ek sien nou al klaar vir Padre en ‘n klomp nonne tussen die lietsies…

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Desember 15, 2011 om 9:36 vm

      😆 Vertel, vertel!!!! Jan, dit klink belowend.

      Antwoord
  • 6. Olga se storie | Toortsie en Kameel  |  Desember 15, 2011 om 8:43 vm

    […] Olga moes na ‘n kerkraadsvergadering gaan, maar toe sy daar kom was daar niemand te bespeur nie. Nadat sy orals gesoek het, stap sy na die litchie-boord…. http://abhi-recipecollection.blogspot.com/2009/02/fruits.html […]

    Antwoord
  • 7. Toortsie  |  Desember 15, 2011 om 8:47 vm

    Jan, dis die wonder van die hele ding, dat hier soveel verskillende stories gaan uitkom, sommige ernstig, ander laf!! maar dis lekker

    Antwoord
  • 8. Xena Phoenix  |  Desember 15, 2011 om 9:04 vm

    . . . Toe sit almal en vreet hulle dik aan Litchi’s.

    Fluit Fluit!!

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Desember 15, 2011 om 9:37 vm

      Kroekens!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
      Teer en veer die vrou.

      Antwoord
  • 10. Son  |  Desember 15, 2011 om 1:52 nm

    Dans die hele kerkkraad kaal in die litchiboord, lekker ver heen van litchi mampoer!

    Antwoord
    • 11. seegogga  |  Desember 15, 2011 om 10:13 nm

      Ons kan sommer almal Toortsie en Kameel se storie lees. Hulle het die goud gekry. wow!

      Antwoord
      • 12. Xena Phoenix  |  Desember 15, 2011 om 11:04 nm

        Toe, toe, Seegogga

        Ek weet jy brand om daarvan ‘n feeverhaal te maak.

    • 13. Xena Phoenix  |  Desember 15, 2011 om 11:03 nm

      Hoor hier, Tannie Gypsy!!! Jy kan nie nou my kroekstreke kom uithaal nie. Laat daardie grystof so ‘n bietjie werk.

      Antwoord
      • 14. Olga  |  Desember 15, 2011 om 11:09 nm

        whoop, whoop, lets hear it for Xena Phoenix. Waar is joune nogal Grieters???

  • 15. Multiplication Chart  |  Desember 19, 2011 om 11:09 vm

    i like it

    Antwoord
  • 16. Een vir Afrika « Herriemerrie  |  Desember 20, 2011 om 11:08 vm

    […] Olga het huiswerk uitgedeel wat ek nog moet doen as ek hoop om een koekie uit haar te kry. […]

    Antwoord
  • 17. Olga  |  Januarie 7, 2012 om 11:40 nm

    Ek stem saam. Mense weet dikwels nie die mees elementere beginsels oor sake nie en niemand gaan hulle inlig nie. Veral nie diegene wie hulle gaan of wil onderdeur spring nie.

    Antwoord
  • 18. Olga se storie leef voort – toortsie.com  |  Maart 24, 2019 om 2:44 nm

    […] ontwikkel wat skryfwerk aanbetref en het ek besluit om deel te neem. Op 15 Desember 2010 het Olga ons uitgedaag met ‘n storie wat sy begin het en ons moes voltooi. Ek was ook onder die lys van gekose […]

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: