Vakansie tyd.

Desember 13, 2011 at 6:51 vm 7 Kommentaar

Ek het altyd so daarna uitgesien dat dit vakansie word sodat ek my kinders by die huis kon hê. Al het dit oor die algemeen beteken dat ek die hele buurt se kinders ook daar sal hê. Dit het my altyd verbaas as ander ouers gesê het “Die vakansie is te lank.” Ek het dit regtig geniet as hulle by die huis was. Al wou hulle soms net tv gekyk het. As ek vandag terugkyk, is dit gewoonlik met spyt dat ek destyds omtrent altyd te moeg was om iets met hulle te doen. Kyk net hoe gou het die tyd verby gegaan en is hulle almal vandag volwassenes wie hulle eie lewe lei.

Dis dan dat ek met spyt terug dink aan die kere wat ek eerder op die stoep gesit en brei het terwyl ek gekyk het hoe hulle gespeel het, pleks van om met hulle te speel. Wat doen kinders vandag? Dis nou behalwe om tv en dvd te kyk? Of die Sondagmidda … Wyk, Satan. Ek weet nie wanneer laas ek kinders sien speel het nie. As kinders was ‘n pakslae soms nodig om ons sover te kry om lank genoeg stil te sit om te kon eet.

Gedagte van die dag: Om lank te lewe, is dit nodig om stadig te lewe.

Rus sag, Sonskynkind. By daardie waters van ewige rus is geen toilette nie, net Ouma se liefdevolle arms.

Advertisements

Entry filed under: Sug.

Geskenk tyd. Blok vir Olga

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Desember 13, 2011 om 10:41 vm

    Eerste!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Desember 13, 2011 om 10:42 vm

    Ek sal wat wil gee om weer 4 vakansies ‘n jaar te hê.

    Antwoord
  • 3. Jan Twak  |  Desember 13, 2011 om 10:50 vm

    Ons het ‘n TV, maar geen DSTV of ander opvangste nie. Ons kyk dus net DVD’s. Wanneer ons en ons kinders dus voor die kassie gaan sit is dit ‘n bewustelike besluit, nie net ‘n neerplons voor die TV bloot omdat hy nou maar daar is nie.

    Antwoord
  • 4. Olga  |  Desember 13, 2011 om 11:19 vm

    jan, wat doen jou kinders om die tyd om te kry? Wat speek hulle?

    Antwoord
    • 5. Jan Twak  |  Desember 13, 2011 om 1:24 nm

      Speel, modder, paddas, boomklim, baklei, puzzles, lees, swem, verinneweer bure se hond en kinders, nou en dan tv-speletjies op die rekenaar (net die bloeddorstiges) en het ek genoem baklei?

      Antwoord
      • 6. Olga  |  Desember 13, 2011 om 10:22 nm

        Weet jy Jan, ek sal een vakansie deur jou dorp moet kom ry om kinders aan die speel te sien. Ek het dit in geen jare gesien nie.

  • 7. Olga  |  Januarie 7, 2012 om 11:42 nm

    Mens moet altyd probeer om op hoogte van sake te wees.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: