Sewe sondes/skandes

Desember 7, 2011 at 6:39 vm 14 Kommentaar

Dit kan ek dalkies maal tien doen, Toorts, maar vrek, ek beleef droogte. Hier is geen bloggers om te tag nie. Ek kan beslis nie weer vir Grieters tag nie. Almal het haar seker reeds getag. Bessie vee haar gat aan my af, sy sal gn niks met niemand deel nie.

Ewentwel, sondes??? Skandes??? Wat niemand nie alreeds weet nie??? Laat ek kyk wat ek kan doen want Toorts het my nou getag.

1. Ek is die luiste mens wie ek ken. As ek ‘n ding nie hoef te doen nie, doen ek dit eenvoudig nie. Sou Homer, (wanneer hy wel hier is) Bessie, Toughey of Rusty dit waag om my daaroor aan te spreek, vertel ek hulle vinnig waar die busstop is.

2. Ek geniet my eie geselskap terdeë. Buitendien, as niemand by my huis kuier nie, maak hulle niks vuil of deurmekaar nie. Dit pynig my om dieselfde ding oor en oor te doen. Buitendien,

3. Ek hou te veel van skinder. Bessie, Toughey en Rusty dra gelukkig nie stories oor nie. So as niemand kuier nie, dan hoef ek by niemand te kuier nie. So hoor ek geen stories nie en kan geen stories verder versprei nie. (Hoekom sê mense tog so graag “Dit moet asb net tussen ons bly?”)

4. Ek leen niks nie. Ek kom eerder sonder klaar, as om te leen. Ek het al dikwels gewonder of dit oor “vanity” of daardie vieslike gogga “trots” is. Ek kon dit egter nog nooit antwoord nie. My geliefde blou-oog mensies, my kleinkinders, is egter vir my geleen. Hulle is my suster se dogter se kinders. Dankie E.

5. Ek het prostese. Ek sal nie sê wat of waar nie, net dat ek dit het.

6. Ek is selfsugtig en verpes partytjies, veral troues, stork parties en kitchen tea’s met ‘n passie. Hoekom gat maak daarvan? Ek kon nog nooit die pret daarin raaksien nie. Ek is nie ‘n mense mens nie. Die “speeches” ding op troues is veral lam.

7. Homer se vriend wou my eenkeer soen. Ek kon die vent nie eers wegstoot nie. Ek het eenvoudig daarvan weggeloop. Ek het geskree van die lag vir sy verwaantheid. Het die skepsel werklik gedink ek sal sy attensies verwelkom of toelaat? Die uitdrukking op sy gesig was hilarious. Ek dink hy was lank daarna erg benoud dat ek Homer of sy vrou sou vertel.

Tevrede Toorts?

Entry filed under: Huiswerk.

Grrrrrrrrr!!!!!!!!!! Whoop whoop!!!!

14 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Desember 7, 2011 om 8:05 vm

    Eerste!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Desember 7, 2011 om 8:09 vm

    Whahhahhahahahahahaha

    Dit is sooooo snaaks as mense in hulle eie schemes vasgevang word (oor Homer se vriend). Ek neem aan hy het seker verniet jare lank sy stories reggehad van hoe jy hom probeer verlei het.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Desember 7, 2011 om 8:57 vm

      wel, ek dink hy was maar leke bang oor wanneer die vuishou hom gaan tref.

      Antwoord
  • 4. Son  |  Desember 7, 2011 om 3:34 nm

    Jou no 2 & no 6 kan ek myself baie goed mee vereenselwig 🙂

    Antwoord
  • 5. Selene Phoenix  |  Desember 8, 2011 om 9:35 vm

    Hello!

    Jammer, gaan dol die kant! Ek wou al laaank al vir jou baie baie dankie gesê het vir ons geskenk!! Ek waardeer dit BAIE!! Baie dankie! 🙂 Ek het ‘n seker Tweeling gevra vir jou nommer om dankie te sê… maar nou ja sy travel so! xx

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Desember 8, 2011 om 11:03 vm

      maar, die plesier is in elk geval myne.

      Antwoord
  • 7. Olga  |  Desember 8, 2011 om 11:02 vm

    dis nooit n goeie idee om dieselfde foon of bril te he as iemand met wie jy fisies in kontak kom nie.

    Antwoord
  • 8. iemand wat weet  |  Desember 8, 2011 om 3:08 nm

    sondes en skandes isal ek maar nie van praat nie.

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Desember 8, 2011 om 8:32 nm

      Te min?

      Antwoord
  • 10. pienkpantoffels  |  Desember 8, 2011 om 3:19 nm

    Ek like 1 en 2

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Desember 8, 2011 om 10:04 nm

      Al2 sondes en skandes. 😉

      Antwoord
  • 12. Toortsie  |  Desember 8, 2011 om 9:23 nm

    Knap gedaan, Olga! Ek hou ook nie van leen nie. En is ook maar effens lui. Sommige van die goed wat jy noem is nie skandes nie, maar dit maak nie saak nie.

    Antwoord
  • 13. Olga  |  Desember 8, 2011 om 10:03 nm

    Dan is dit skandes.

    Antwoord
  • 14. Olga  |  Desember 8, 2011 om 10:03 nm

    Ek meen, dan is dit sondes.

    Antwoord

Lewer kommentaar op Son Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter