Grrrrrrrrr!!!!!!!!!!

Desember 6, 2011 at 6:59 vm 5 Kommentaar


Ek was al tevore skerp veroordeel omdat ek dit durf waag het om te sê dat sekere beroepe net eenvoudig nie vrouewerk is nie. Ek voel steeds so.

Ek het onlangs gehoor van ‘n vroulike bosbouer wie elke dag gaan werk met nie een nie, maar drie yslike rigrughonde op haar bakkie. as dit darem nie sonde soek is nie, dan weet ek wragtig nie wat is sonde soek nie. Die honde is blykbaar ook maar geneig om ongdissiplineerd te wees. Ek kan vandag eerlik sê dat ek my rifrug met die grootste selfvertroue aan ‘n tenger dogtertjie kan oorlaat. Ons sal by bokke, beeste en self bobbejane verbystap. Hy sal vreeslik hoogtrap van paraatheid, maar hy sal nie eers na hulle kant kyk nie. Tog hoef ek net die woord te sê en hy sal aanval.

Kyk hoe blaas ek weer my eie beuel. Feit is, as die honde van haar bakkie kan afspring om deur heinings in bekgevegte met ander honde betrokke te raak, sidder ek as ek dink wat kan gebeur as hulle ‘n kind of mens langs die pad aansien as ‘n bedreiging en teen ‘n redelike spoed van daardie bakkie gaan afspring. Ek voel regtig waar in haar geval, as sy nie haar weg oopsien om sonder die spul blaffende honde ‘n plantasie in te gaan nie, dan hoort sy nie in die betrekking nie. Dan weer, dalk neem sy die honde vir geselskap saam nie om haar teen die plantasie werkers te beskerm nie.

Gedagte van die dag: Helder jou dag op met die sonskyn van dankbaarheid vir nog ‘n dag.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Deel en deel regverdig Sewe sondes/skandes

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Desember 6, 2011 om 7:43 vm

    EERSTE!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Desember 6, 2011 om 7:46 vm

    As jy jou honde oral wil saam sleep, moet hulle gedissiplineer wees. As jy geen beheer oor jou honde het nie, los hulle by die huis. Beter nog, raak ontslae van hulle

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Desember 6, 2011 om 8:56 vm

    net so, my ou grote luister. Dit het broekskeur gegaan toe hy jonk was. Vandag kan n baba hom beheer.

    Antwoord
  • 4. Toortsie  |  Desember 6, 2011 om 10:55 vm

    My rifrug luister so 60% van die tyd… dit raak al beter! Twee jaar gelede het sy 1x per dag geluister. Maar ons werk daaraan!
    En ja, ek stem saam dat daar sekere werke is wat mans beter doen en ander wat vroue beter doen. En DAAR IS UITSONDERINGS op elke reël.

    Antwoord
  • 5. Sewe skandes… | Toortsie en Kameel  |  Desember 6, 2011 om 11:27 vm

    […] Seegogga; Chess; Demoerin; Jan Twak; Jagter (hoog tyd dat jy ‘n slag weer skryf!!); Klippie; Olga; Roer; Maankind; Murphy;  Slakkelak; Ons Vee-arts; en natuurlik […]

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: