Deel en deel regverdig

Desember 5, 2011 at 6:31 vm 3 Kommentaar

Ons het Saterdag gaan inkopies doen. Dit het wraggies heeldag in beslag geneem. Nee, nee!!!! Nie omdat ons so baie gekoop het nie, eenvoudig omdat ons so baie moes baklei. Ok, ok!!! Omdat ek so baie baklei het.

Ek maak altyd my inkopieslysie uit die koerant uit op. Dan bestaan my lysie uit dit wat op “special” is by PnP. Checkers en Spar. #@$% en %#@!!! By elke winkel moes ek omtrent vuisslaan om die goed te kry teen die geadverteerde pryse. PnP was die blerrie ergste. Ons het al ‘n geveg tussen die rakke gehad oor goedere wat nie teen die geadverteerde pryse beskikbaar was nie, ander was daar, maar teen ander pryse want, volgends die persoon by wie ons navraag gedoen het, was die geadverteerde goedere uitverkoop en die wat nou op die rakke was, was die nuwe voorraad en nie beskikbaar teen die spesiale pryse nie. &^%$^& sê ek vir Homer, laai in. Hulle adverteer, hulle moet dit eer.

By die til, was daar nie minder as ses items in my trollie wat teen ander pryse geregistreer het nie. Ek mag haastig wees, maar pryse onthou ek oor die algemeen vir langer as wat dit my neem om van die rak tot by die til te kom. Maar by die til word die goed na ‘n argument teen die pryse wat teen die rak op is, opgelui en daar was natuurlik geen maar GEEN bestuurder beskikbaar om my te vertel dat die PnP beleid van as die prys verkeerd is, jy dit gratis kry, intussen verval het nie.

Aangesien PnP laaste op my lys was, het Homer gou vir ons pasteie gaan kry wat ons wou eet terwyl ons die kruideniersware in die kattebak van die Fordjie laai. Buite het die hysbak nie gewerk nie, en daar staan ons met twee gelaaide trollies. Homer het sy pastei verslind nog voordat hy agtergekom het die hysbak werk nie. Toe het hy my eers gebel om te sê ek moet weer al die trappe optrippel om hom te kom help want die hysbak is buite werking. Die karnag trippel toe maar saam met my op.

Toe ons die goedere klaar gelaai het, het ek my pastei uitgehaal en vreeslik behaaglik daarin gehap. Dit was toe al na 17:00 en ek het voor 08:00 al ontbyt gehad. Ai tog, gulsige Olga. Dis toe op die punt dat ek gesien het hoe begerig die karnar, nog ‘n blote kind, die pastei bekyk. Ek het toe die gedeelte onder die hap afbebreek met my hand en hom die ongebyte gedeelte gegee. Wat hy toe geneem het en die sakkie toegevou het. Ek wou nog vir Homer gesê het om by die ander ingang weer in te ry want as hy my sooooo begeerde pastei weggesmyt het, was ek kapabel en klap hom vuurwarm. Toe ons egter in die ander baan ingedraai het, die een wat na die uitgang gaan, het ek omgekyk. Die ander karnar het by hom aangesluit en hy was besig om sy helfte met sy kollega te deel. Toe het ek goed bevoel dat ek gedeel het.

Gedagte van die dag: Self gedeelde kos maak die honger minder.

Advertisements

Entry filed under: Sug.

Top verkoper Grrrrrrrrr!!!!!!!!!!

3 Kommentaar Add your own

  • 1. seegogga  |  Desember 5, 2011 om 8:23 vm

    ai, die gedeelde pasteitjie het hopelik opgemaak vir die pryspetaljes. Jy sal maak dat ek van nou af daardie betaalstrokies met ‘n vergrootglas bestudeer.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Desember 5, 2011 om 9:42 vm

      n mens moet. Ek bestudeer die bedrae soos dit registreer. Jy sal verbaas wees hoe dikwels klop dit nie. Ek vergeet name, nie pryse nie.

      Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Desember 5, 2011 om 9:56 nm

    Jy moet Pick n Pay se klientediens bel. Of soek hulle sommer op Facebook op.

    Dit is regtig mooi hoe die karnar sy halwe pie gedeel het.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: