Blues

Desember 1, 2011 at 7:05 vm 6 Kommentaar

Maak nie saak hoe mens probeer nie, daar is maar altyd iets in jou lewe wat jou afbring. In die diepste depressie kan smyt. Vir een mens is dit dalk skuldgevoelens, vir ‘n ander is dit dalk vrees. Dalk word ene afgeknou. Ek dink dikwels dat iewers in elke kas is daar ‘n geraamte. Dalk ‘n pa wie sy kind molesteer. ‘n Man wie sy vrou mishandel. Soek hy ooit

Wie weet, dalk afhanklikheid. Die dwelmverslaafde wie nie geld vir die volgende fix het nie. Die pil of poeier verslaafde wat in die toilet al die tekens sien oor hoekom dit dringend nodig is om nie die poeier te drink nie en dit dan tog maar agter in die keel gooi en met ‘n beker koffie wegspoel. ‘n Roker wie gisteraand sy laaste sigaret gerook het en wakker word met die lee pakkie op die bedkassie. Alkoholis wie besef hy of sy trosie taboe is dalk as gevolg van ‘n leë beursie, dalk omdat hy of sy vrees om uitgevang te word. Die seks verslaafde wie besef die speletjie is verby, die lewensmaat het uitgevind. ‘n Dobbelaar wat hom of haarself te buite gegaan het en bly met die besef dat die kinders se skoolfonds weg is, die verband se paaiement, water en ligte geld is uitgegee en ‘n fix is nou so nodig.

Wat maak so ‘n mens dan? Hoe ver sal jy gaan om die “habit” te voed? Ons weet nou al dat die dwelmverslaafde sal steel, moor of hoer om geld vir die habit te kry. Ek kan praat van rookverslawing. Ek het al voor agt in die oggend in die pad geval om vir my sigarette te gaan koop. Jou gedagtes maal heeltyd om die ding wat jy so ‘n groot begeerte aan het. (Ekskuus, ek wil nie promiskieus voorkom nie, maar die seksmalle kan ‘n diy job doen, verkragting behoort nie ‘n opsie te wees nie.) Hoe regverdig die dobbelverslaafde haar of homself egter? As dit eenkeer met my moet gebeur, sal ek die dobbelplekke soos die pes vermy. Maar, dis ek. Hoe ver sal ‘n regte dobbelverslaafde egter gaan?

Sal hulle voorgee dat hulle geld vir medisyne nodig het en dit gaan uitdobbel? Sal hulle sê dat hulle sterwend is en pyn ly om geld indie hande te kry? Dalk lieg en sê hulle was beroof en kon dus nie die water en ligte betaal nie en nou gaan die elektrieseteit afgesit word en die kinders is tog so bang vir die donker. Dalkies sê hulle het oor die rooi robot gery en sit nou in die aanklagkantoor en tensy hulle nie xxxx bedrag voor die tyd betaal nie, sal hulle gearresteer word. Hoe regverdig ‘n mens die drang om in ‘n casino te gaan sit en jou kinders se behoud prys te gee om ‘n donnerse knoppie te kan druk? Om ‘n plastiese skyfie op ‘n nommer neer te sit? Om ‘n kaart om te draai?

Iemand wie vir my jok om geld te kry en dit dan gaan uitdobbel wanneer hy of sy ry om die kinders by die skool te gaan haal, moet liewers nie naby my kom nie. As jy die andrenalien surge so nodig het, gaan terg die bure se Amerikaanse pitbull. Gaan speel op die “highway.” Loop in ‘n winkel kompleks en trek die naaste geuniformde se ….

Gedagte van die dag: Moenie dat ek jou uitvang dat jy my belieg en op gevoel gespeel het nie.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Alweer????? Top verkoper

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Gerda. J  |  Desember 1, 2011 om 7:31 vm

    ek se jou wat. gee my so n persoon se id en volle name. dan vind ek vir jou uit waar en hoeveel hulle uitdobbel. of dagvaardings bevele teen hul is. as jy ni id het nie sal die geboorte datum baie help.

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Desember 1, 2011 om 9:10 vm

    Verslawings kom alles maar op dieselfde neer, ongeag waaraan jy verslaaf is. Tot die dag wat jy nie meer verslaaf wil wees nie, gaan jy verslaaf bly.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Desember 1, 2011 om 9:22 vm

      dis n feit.

      Antwoord
  • 4. Olga  |  Desember 1, 2011 om 9:21 vm

    retories gesproke gerkie.

    Antwoord
  • 5. Gerda. J  |  Desember 1, 2011 om 9:44 vm

    😉 ek weet ja, so retories soos n windmill in pellisierstr. moet my net NIE DAGVAAR NIE. soos in glad nie.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Desember 1, 2011 om 2:25 nm

      whateva!

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: