Balans

November 29, 2011 at 6:54 vm 8 Kommentaar

Toe ons kinders was, was balans die vermoeë om die die regte kos elke dag aan jou gesin voor te sit en toe te sien dat hulle dit eet. So het ek my kinders ook groot gemaak. Sekere kosse is mos nodig vir goeie gesondheid.

Vandag hoor ons egter dat balans is wanneer jy ‘n die regte grote klere kan dra. Bygesê klere met die regte etikette. In die regte winkels gekoop. So het ek dan ook besluit “Truimph” moet verouderd wees, want as jy vroue deesdae onderklere hoor praat, is die enigste naam mos “Wonderbra” selfs op ‘n broekie. So gaan soek die uwe mos toe tussen die goedjies rond. Lo and behold, hulle maak nie goed nie in my grote nie. Dus moes ek toe maar verlief neem met die tweeling koepel-tente wat met ‘n bietjie van ‘n squeezze kan deur gaan as kindertente. Maar dis mos ook ok. Ek meen, dit kon erger gewees het en waar sou dit my gelaat het?

Ten minste kan ek hierdie tente met vrymoedigheid ophang. Julle sien mos die afgelope honderd jaar staan daar uitdruklik dat die goedjies nie masjienwasbaar is nie. Ek wonder nogal hoekom nie, toe verduidelik die tannie by Edgars dat masjien was bolletjies aan die beste stukkies onderklere maak. Dit is blykbaar hoe hulle weet wanneer so ‘n stukkie onderklere nou met ‘n defek aan hulle gepresenteer word. Dit is glo gewoonlik ook wat maak dat hulle waarborg nie die stukkies balans dek nie. Die regte sorg kan mos nou bewys word, was nie toegepas nie.

Toe ek die dag tuis gekom het, was my eerste daad dan ook om my stukke balans van naby te bekyk, en sowaar, geen bolletjies het aan hulle gekleef nie. My wyse ou moedertjie het ons mos van kleins af geleer dat ‘n meisie se onderklere te fyn is om met die wasmasjien gewas te word. No kyk, ons was sewe (7) susters. Julle kan dus dink hoe ons badkamer moes gelyk het met al die stukkies onderklere wat opgehang was om droog te word. Dit mog mos ook nie buite gehang gewees het nie, want die son was dan ook te skerp vir hulle.

Vandag het ons die TUIMELDROEëR. Ek wonder ook al meer en meer oor die uitgawe om die stuk gereedskap te koop. Ek het soos in jare laas iets teëgekom wat getuimeldroog kan word. Die etikette van alles wat jy deesdae koop, stipuleer dat dit nie getuimeldroog kan word nie. Tog dra geen tuimeldroeër ‘n etikket wat stipuleer dat klere vandag nie tuimeldroeër vriendelik is nie.

Kyk, ek dink ek moet maar eerder ‘n koeksister en ‘n glas wyn kry. Dit sal ‘n goeie brekvis maak. Aan die anderkant, wyn vir brekvis is nie ‘n goeie idee nie. Ek moet nog dorp toe gaan.

Tel julle al die dae af totdat julle werkplekke toemaak vir kersfees?

GEdagte van die dag: Gemoedelikheid begin in die hart en werk sy pad uit. 😉

Advertisements

Entry filed under: Sug.

Clivias Alweer?????

8 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  November 29, 2011 om 9:18 vm

    EERSTE

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  November 29, 2011 om 9:33 vm

    Die blote gedagte dat ‘n mens bras moet koop, depres my. Ek wou juis ook die week ook bras blog, maar nou het jy my voorgespring.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  November 29, 2011 om 10:25 vm

      baie depressing. Dis nou beslis erger as skoene koop.

      Antwoord
  • 4. Selene Phoenix  |  November 29, 2011 om 10:10 vm

    Ek koop nie regtig meer Wonderbra nie, dit het te duur geraak. Oor die R300 vir ‘n bra, en amper R200 vir ‘n stukkie garing! 😉

    Ek het op ‘n winkel afgekom wat Wonderbra’s spot goedkoop verkoop het, so dis amper al rede hoekom ek nog van hulle dra (dis nou as hulle my nommer het)

    Dink ek moet fake boobs kry en bras sommer heeltemal los – sal dalk goedkoper uitwerk in die einde! 😆

    Antwoord
    • 5. Olga  |  November 29, 2011 om 10:29 vm

      toe ek jonger was en die dames nog trots . . . Was bras te mooi om nie te dra nie. Nou . . .
      Ag, ja, ek het dalkies al te veel gese. Ma lucky jy wat goedkoop BRA’S kan kry. Ek dink my size kom net in DUUR n LELIK. 👿

      Ns. Dan kkom hulle nog met tanne ook want hulle byt blerrie seer.

      Antwoord
  • 6. Olga  |  November 29, 2011 om 3:07 nm

    Daar kom ek dit toe in pep teë, slippers, Afrikaanse pantoffels wat in die masjien kan word en helaas, dit kan ook getuimeldroog word.

    Antwoord
  • 7. Gogga  |  November 29, 2011 om 4:54 nm

    my bra gain masjien toe. maar hull is goedkoop en die label se ek mag. ek haat bra koop sessies so as ek die dag ‘n goeie een kry gaan ek altyd terug en koop baie

    Antwoord
    • 8. Olga  |  November 29, 2011 om 6:39 nm

      it is n goeie idee. Ek woon ver vn die winkels af. Wanneer ek terug gaan, dis dit gewoonlik al uitverkoop.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: