Back to the ….

November 24, 2011 at 7:04 vm 4 Kommentaar

Ek kan dit wragtig nie noem back to the future nie, wratig, dis eerder “back to timjan.” Ek dink die anc het nou aandele in die selfoon netwerke bekom daarom dat ons dienslewering oornag met twee jaar terug is. Daar word egter van ons verwag om te vergeet dat ons vir vol dienslewering moet betaal. Vodacom het ingeklap en gehelp met kompensasie aan Blackbery gebruikers, maar het geheel en al nie ‘n saak met hulle kontrak kliënte wat ten minste tien dae per jaar sonder netwerkdekking was. Dan was die jaar ‘n goeie jaar in ons omgewing sover dit netwerkdekking betref.

So, ja, laat ek maar die timjan gryp. Dit help mos vir baie dinge. Dalkies dek dit netwerkbedonnerdheid ook. Wonder of ek my foon daarin kan laat week? Ari, dan gaan hulle beslis skree “liquid damage.”

Hey, geniet’n b4kte Donderdag. Ek gaan kerskoek bak. Dit is al ‘n week laat. 😉

Gedagte van die dag: Hou jou kop tussen die sterre, jou voete stewig op die grond en jou hart om die middel om die twee te balanseer.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized, Waarhede.

Gryp die bul by die horings! Aliens en sulke goed!

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  November 24, 2011 om 8:05 vm

    EERSTE!!!!

    Dit is vir my of selfoondienste vanjaar die swakste ooit was. Ek dink as dinge so aangaan, kom ek (en ‘n paar ander mense) een van die dae sonder selfone oor die weg.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  November 24, 2011 om 12:46 nm

      Ek wonder of daar nie binnekort geheel en al nie meer selfone gebruik gaan word nie. Instandhouding is net nie meer ‘n prioriteit in hedendaagse Suid Afrika nie. Dit was blykbaar iets wat net die base van die NP afgedwing kon word.

      Antwoord
  • 3. Selene Phoenix  |  November 24, 2011 om 8:43 vm

    Ek het geen opvangs die naweek in Hazyview gehad nie… dis skokkend! Moet sê ek gaan nie daaroor kla nie, was eintlik lekker om so afgesny te wees.

    En sou daar ‘n nood gewees het, het hulle darem my man se nommer om te skakel. As ek in nood was, was dit nou ‘n ander storie, dan het julle my tot hier in Jhb hoor skreeu!

    Antwoord
  • 4. Olga  |  November 24, 2011 om 9:42 vm

    as daarander hulpmiddele is, fine. Maar ons is net 8 gesinne hier, almal afhanklik van ons selfone. Dan verander die prentjie aansienlik. 👿 vir internet gebruik is ons ook van selfoon sein afhankik.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: