Gryp die bul by die horings!

November 23, 2011 at 7:13 vm 3 Kommentaar

Ek wil vandag vertel van “Uncle” Johnny se siening. Nee, hy is nie oom Doep se broer nie. Hy is ‘n vriendin se vader. Afgetree, maar nes meeste ouer mense in ons land vandag, was die goeie voorsiening wat hy en sy vrou gemaak het vir Oudag, net nie goed genoeg nie. Hy is egter in aanvraag waar kundigheid nodig is met padbouery. Ewentwel, sowat sewe maande gelede het hy weer vir ‘n wyle uit pensioen gekom. Hy is na ‘n landelike gebied waar daar ‘n nuwe pad aangelê word.

‘n Gawe deel van wat hy nou verdien, ploeg hy egter terug in die gemeenskap waar hy werk. Dis ook ‘n geval van “through the lips and over the the gums, watch out belly, here it comes.” Heel winter het hy rond gery met ‘n sak lemoene of appels, ‘n bak met toebroodjies of koekies wat die tannie vir hom gebak het, agter sy bakkie se sitplek. Sowat twaalf kinders het elke dag verby die pad geloop oppad skool toe en terug. Soggens het hulle in die verby draf oppad skool toe net gewaai en “Morning uncle Johnny” geskree. Middae was ‘n ander storie. Dan het hulle kom gesels. Hy moes dan verduidelik wat sy span die dag gedoen het, hoekom dit so gedoen was en wat sal gebeur as die mense bv. dit minder maak en die sand meer.

Hy het dan verduidelik en appels of lemoene uitgedeel. Hy het gevoel dat die kinders dalk ‘n hol kolletjie mag hê. Maar ek loop nou weer ‘n vêr draai. Hy sê altyd die kinders is so leergierig. En dit is ‘n feit soos ‘n perd. Hulle het hom eendag gaan wys waar die skool is en waar hulle nedersetting was toe hulle druipnat gereën by sy bakkie aangekom het. Dit was amper 5 km wat die kinders in een rigting moes stap om by die skool uit te kom, maar stokkiesdraai was nie ‘n opsie nie. Hy sê al die tyd wat hy daar gewerk het, was daar net mooi twee dae dat die groepie nie volledig was nie. Toe hy hulle gevra het waar die ander meisietjie is, het hulle gesê dat sy die Woensdag-middag gekraam het. Hy was so verbaas want hy het nie agtergekom dat sy swanger was nie. Maandag was sy weer deel van die groep, oppad skool toe. want sien, sy is graad 11 en sy wil natuurlik matriek maak want sy stel baie belang in “Feada stadie.” Sy wil ‘n ingenieur word.

Oom Johnny se kleindogter aan die anderkant, het in Julie vakansie ‘n baba gehad. Ten eerste wou die skool haar nie vanjaar terug laat gaan nie, sy moes glo die jaar afvat om te “bond” met haar baba. Nou het juf ‘n vleislus ontwikkel. Sy wil nie volgende jaar skool toe gaan nie. Met al die geleenthede wat sy het, weier sy. Sy wil eerder saam met haar kêrel, nie die baba se vader nie, intrek en vir hom huishou as om terug skool toe te gaan. Niks wat enigiemand sê kan ‘n jota se verskil aan haar siening maak nie. Dan is ons oor die algemeen so haastig om te sê alles word vir die swart nasies gegee. Is dit nie eerder ‘n geval dat hulle gebruik maak van alles wat beskikbaar is, terwyl ons, die wit nasie, nie ons hande wil uitsteek en vat wat met bietjie moeite beskikbaar is nie.

Gedagte van die dag: Moenie kla as jy versmaai wat iemand ander wel benut nie.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Sterregesiggies Back to the ….

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  November 23, 2011 om 8:30 vm

    EERSTE!!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  November 23, 2011 om 8:33 vm

    Dit is waar. Ek het ook al gesien dat blankes in sommige gevalle aansienlik meer verwag as ‘n swarte met dieselfde kwalifikasies. Dit ruil natuurlik om ook. Wanneer die BBBEE gogga by verwag swartes aansienlik meer as blankes met dieselfde kwalifikasies en ervaring en hulle kry dit ook.

    Antwoord
  • 3. Olga  |  November 23, 2011 om 4:31 nm

    Ai, vodacom stink. Goeiste tog!!!! Is dit so 4ken moeilik om diens te lewer???

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: