Sterregesiggies

November 22, 2011 at 6:56 vm 8 Kommentaar

Soos Grieters altoos sê, Die tyd, die tyd van aktivisme teen vroue en kinder mishandeling bring altyd die ergste mishandeling na vore. ‘n Vriendin het my gebel. Sy het so gehuil ek kon haar beswaarlik hoor. Ouers, 18 en 19 jaar oud, het hulle gestremde seuntjie van net ‘n jaar oud dood geslaan.

Weet julle, hier kan ek net teruggaan na my ou geykte vraag: WAAR WAS DIE OUERS? 18 en 19 jariges, besef ek, is volgens die anc en die grondwet mondig. Dit maak hulle egter nie volwasse nie. As julle sien julle kinders word goeie suid afrikaners, neem hulle kliniek toe. daar kan hulle nog voorbehoedmiddels GRATIS kry. Gratis meen verniet. Sonder betaling. Hoekom leer julle nie die kinders van vroeg af dat sex tussen mense wie nie met mekaar getroud is nie neerkom op EGBREEK?

Miskien as hulle hierdie punt begryp, sal hulle hulle-self van die sonde weerhou. Dit mag miskien beteken dat een, net een baba per jaar nie doodgeslaan of doodmishandel word nie. Pappa, hoe kan jy jou vuis toemaak en teen daardie ou gesiggie laat ontplof? Mamma, hoe kan jy daardie ou spoegbekkie slaan? Voel jy die spoeg aan jou hand, teef? Warm en nat. Voel jy die bloed? Het dit jou na ‘n mens laat voel? Weet jy, die ou dingetjie het jou nie gepootjie nie. Jou vleislus het. As jy lus voel vir vleis, eet bees, skaap, vark, hoender. los die voël uit totdat jy ouer is. Totdatjy jouself gekwalifiseer het om ‘n kind groot te maak.

Kind is ‘n GROOT verantwoordelikheid. Is jy opgewasse daarvoor? Kan jy die huil sessies hanteer? Die min slaap want Skapie sny tande? Die geskree want jy is te sleg om doeke te was en maak jou kind op weggooi doeke groot en die ou Liefie se doek was ure, dalk dae laas omgeruil want daar is nog net twee doek oor en die maand het nog ses dae oor. As jy nie kan bekostig om doeke te koop sodat daar ten minste agt doeke per dag is nie, dan kan jy nie die kind op weggooi doeke groot maak nie. Punt. ‘n 1.5 kg blik melk formule kos nagenoeg R200. As jy nie kan bekostig om vier blikke, een vir elke week van die maand, vooruit te koop nie, dan knyp jy jou knieë toe Sussie. Weerhou jou van die sonde. Die kind vra nie jy moet sex hê nie. Dit is jou keuse. Daar is ander dinge wat lekker is. Sit die donnerse tv af en gaan speel netbal. Gaan speel rugby en krieket. Los die sex vir jou ma en pa.

gedagte van die dag: olga. tula!

Advertisements

Entry filed under: Hoogsb4k.

Pylvak Gryp die bul by die horings!

8 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  November 22, 2011 om 8:19 vm

    O heng!!!! Dit is nou toevallig!!

    EERSTE!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  November 22, 2011 om 8:21 vm

    Nou vra ek met trane in my laventel pers oë: Hoe wil iemand nog wins uit ‘n kindertoelaag maak?

    Iemand het nou die dag voorgestel dat kindertoelae geskrap word en mense eerder R10 000 betaal word as hulle gesteriliseer word. Ek hou by die dag meer van die idee.

    Antwoord
  • 3. Olga  |  November 22, 2011 om 9:12 vm

    hulle hoef dit nie eers r10 000 te maak nie. Kyk hoeveel sal opdaag vir n r1 000 op 1 slag. Dis lagwekkend hoe lief die wereld geld het.

    Antwoord
  • 4. Selene Phoenix  |  November 22, 2011 om 9:49 vm

    Beter kon ek dit nie gestel het nie!

    Ek stem, hulle sal vir enige bedrag geld in daai tou gaan staan! En ek sal op en af loop in daai tou en gratis koeldrand en broodtjies uitdeel sodat hulle nie moeg en honger raak nie!

    Dis skokkend!! Ek sal net so hard saamgehuil het!

    Antwoord
  • 5. Xena Phoenix  |  November 22, 2011 om 9:55 vm

    Waar is daar ‘n like knoppie as jy een nodig kry? Tweeling, dit is ‘n bak plan. Die wat nie deur geld getrek word nie, kom dalk vir die kos.

    Antwoord
  • 6. Olga  |  November 22, 2011 om 10:06 vm

    he, he, he, ek sal vrywillig koekbak om in daardie tou te gaan uitdeel.

    Antwoord
  • 7. Melanu  |  November 22, 2011 om 4:14 nm

    Did u see the arrogant bastards on tv lart night? it made me sick just to look at them.

    Antwoord
  • 8. Olga  |  November 22, 2011 om 4:42 nm

    Ek het hulle op die nuus gemis. Tussen hulle en oepsie sal my tv dit dalk nie meer so lank oorleef nie.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: