Hoe sê?

November 14, 2011 at 6:57 vm 8 Kommentaar

Sommige mense is hardhorend, ander is doof en ander? Ja, wat kan ‘n mens sê?

Kom ek vertel julle vandag so ‘n bietjie van Hansie. Hansie het seker so vyf jaar gelede inkompleet Bell’s verlamming gehad. Sy huisdokter het hom na ‘n oor neus en keelarts gestuur aangesien die persoon aan chroniese sinusitis ly. Om ‘n lang storie kort te maak, vyf jaar later is Hansie se gesig nog windskeef vertrek. Sy oog is so lam dat dit nie hang nie, maar met ‘n klomp kraaispore opgetrek is in die binne hoek. Ek verneem dat wanneer Hansie slaap is sy gesig normaal. Geen afwykings is dan te bespeur nie.

Dikwels loop ek vir Hansie raak en dan is die hoek van sy mond wat destyds gehang het, dik opgeswel. As ek hom vra wat makeer sy mond, verseker hy my altyd met ‘n sleeptong dat dit nog die gesigsverlamming is wat so maak. Ek het al gewonder of hy regtig dink dat niemand anders weet wat gebeur wanneer jy die lip hard en lank genoeg suig nie. Dit is werklik baie afpissend.

Verlede week toe ek in die dorp was, het ek hom sien aankom. Ongelukkig het ek toe in die ry gestaan om te betaal, gelukkig was daar heelwat mense agter my in die ry en kon hy dus nie indruk nie. Ek het wragtig geen gras onder my voete laat groei nie en soos ‘n vetgesmeerde blits uit die winkel uit. Toe ek egter met ‘n arm vol pos voor my posbus gestaan het, hoor ek sy “diklip” mompel agter my en ek raak toe regtig so afgepis dat ek besluit om hom ‘n streep te trek. Hoe meer en harder hy agter my gepraat het, des te meer het ek gekonsentreer op die pos wat ek besig was om deur te gaan. Hy het my later op die skouer getik. Toe ek omgedraai het, was sy eerste woorde dan ook “Ek dag nog altyd ek is die een wat doof is.” Asse4kenblief tog.

As enige audioloog hom doof gevind het, sou hy verseker aangedring het op ‘n outydse gehoorapperaat wat nog met die ou kamoerse battery om die lyf gedra was sodat almal kan sien hy is “doof.” Ek het na hom geglimlag, my mond soos ‘n vis sn oop en toe gemaak sonder dat daar ‘n geluid uitgekom het. Ek het egter net gehoop dat ek nie moes nies of ‘n windjie moes los nie. Hy het elke keer gevra “Wat nou? Ek hoor gn woord wat jy sê nie.” Dan het ek maar die hele proses herhaal. Uiteindelik het hy sy pen uit sy sak gehaal en gesê “Skryf tog wat jy wil sê, ek hoor gn woord wat jy sê nie.” Toe skryf ek agter op een van die koeverte in my hand: ” Het jy nou stom geword ou Hansie? Jy lyk tog so koddig met jou mond wat oop en toe gaan nes ‘n vis wat op droë grond asem haal.”

“Nee, nee!” Sê hy “Dis jy wat geen geluid uitkry nie.” Toe skryf ek weer “Skuus?” Hy het beduie na sy mond, my mond en sy ore terwyl hy woord vir woord stadig en duidelik gesê het “Daar kom geen klank uit jou mond nie. Ek kan niks hoor nie.” Toe druk ek die pen en koevert in sy hand terwyl my mond weer oop en toe, oop en toe gegaan het. Ek kon toe sien dat sy kop baie deur mekaar was. Toe “praat” ek weer met hom en skryf op die koevert, “Skryf liewer dat ek kan sien wat jy wil sê.” Hy het op die stadium baie verwilderd gelyk, die pen en koevert in my hand terug gestop en haastig aangestryk na sy kar toe. Halfpad het hy onthou dat dit sy pen was. Hy het teruggedraai, maar ek was oorgehaal. My mond het weer oop en toe, oop en toe geklap, terwyl die pen in die lug rondgewaai het. toe het hy van plan verander, in sy kar gespring en is haastig daar weg.

Gedagte van die dag: geluk is nie die pot goud aan die einde van die reënboog nie. Jy vind dit eerder wanneer jy stop om die reënboog te geniet.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Tiek tok Wat sien jy?

8 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  November 14, 2011 om 8:30 vm

    EERSTE!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  November 14, 2011 om 8:31 vm

    LOL

    ‘n Tipiese Candid Camera oomblik. Ek wonder hoe verlig was hy toe hy darem kon hoor.

    Antwoord
  • 3. Gerda. J  |  November 14, 2011 om 10:18 vm

    goed so. hoop jy doen dit weer.

    Antwoord
  • 4. Olga  |  November 14, 2011 om 12:32 nm

    en daar was sein! Vodacom sein. Internetsein! Selfoonsein. Gsteraand omstreeks 21:05 laas in die omgewing opgemerk.

    Antwoord
  • 5. Olga  |  November 14, 2011 om 12:35 nm

    ek dink vodacom sien al sy kliente soos hansie my anderdag gesien het. Ons monde beweeg, maar hulle hoor nie wat ons se nie.

    Antwoord
  • 6. Selene Phoenix  |  November 14, 2011 om 1:12 nm

    LOL! Goeie een!! Dit sal hom leer!

    My oupa het volgens my ouma “convenient” ore gehad! Net gehoor wanneer hy wou… veral wanneer hy sports gekyk het! 😆

    Antwoord
  • 7. Olga  |  November 14, 2011 om 3:15 nm

    het alle mans nie? 😆 dit werk soms soos n charm om die bordjies te verhang.

    Antwoord
  • 8. Sonlig  |  November 15, 2011 om 8:28 vm

    Olga, jou stouterd! Wens ek was ‘n vlieg teen daai posbusse!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: