Psssst???

November 9, 2011 at 7:09 vm 4 Kommentaar

Gister het Grieters gal gebraak oor Greenpeace en hulle kaskenades. ‘n 5c Wat Selene gelos het, het my herinner aan Maandag-aand se 50/50.

Daar was ‘n insetsel waar die dames, Ntox (Spelling) en Boné ‘n abbatoire besoek het. Die beeste was geskok wat hulle bewusteloos gelaat het, daarna het die onaangenaamheid gevolg. (Ek sien geen fout met ‘n lekker stukkie vleis nie. Daarom wil ek nie uitbrei nie.) Sy, Ntox, het gevoel dit is vreeslik wreed en onvanpas. Waar ek gesit het met die hekelpen roerloos, ‘n paar sentimeter bokant my hekelwerk, kon ek net sug “Ag pleeeeeeeeeeeeeezzzzzzzzzzz.” Het julle al ‘n tradisionele slagting van ‘n bees, skaap of die gunsteling, ‘n bok gesien vir enige bakatel wat hulle reken ‘n paartikie regverdig?

Ewentwel, toe wys hulle (50/50) hoe ‘n tradisionele Swazi slagting plaasvind. Te naar, ek belowe julle. Die bees was vasgebind, hy was uitgelok om om ‘n paal te storm en homself sodoende styf teen die paal gevange, gevange bevind. Waarna verskeie pogings aangewend was om hom agter die nek te steek sonder dat hy sterf sodat die bloed uit ‘n lewende dier in ‘n skottel opgevang kon word. Eers daarna, was die arme dier verlos en die res het gevolg. Natuurlik het die blanke dame op haar beurt inmekaar gesak en gelamenteer.

Die kern? Die swart dame het gevoel dat dit verskriklik wreed was om diere eers bewusteloos te skok en die res dan te laat volg vir massaproduksie. Tog voel sy dat die Swazi tradisionele manier heeltemal geregverdig is om God (?) te eer as ‘n meisie mondig word. Met ander woorde wanneer ‘n meisie begin menustrueer. Hello???

Ewentwel, dit laat my nou dink. In 2001 lui ons telefoon een middag laat. Dit is ‘n swart man, wie saam met Homer gewerk het. Hy vra Homer moet assebleif, asseblief, asseblief dadelik kom help. Hulle wil ‘n bees slag en die bees maak amok. Die bogenoemde tradisionele metode was gebruik en die bees is absoluut beserk. Om ‘n lang storie kort te maak, toe Homer nog in die pad afgery gekom het, het die bees verby gestorm. Kort assegaai steeds in sy nek. Sowat 1 km van die stat af. Homer het besef watse katastrofe daar kon wees as die dier die pad (Ermelo na Oshoek bereik en hy het die bees dood geskiet. Ook maar goed, dit stomme getraumatiseerde dier was toe sowat 200 m van die pad af.

Toe kom die verwoede “Impi” daar aan, met stokke, spiese, klippe. Van hulle te voet, ander op ‘n bakkie. So julle kan dink in watter toestand was die dier toe Homer dit geskiet het. Hulle het die dier daar en dan vasgemaak en agter die bakkie aan teruggesleep stat toe.

Skok en dan doodmaak versus die tradisionele manier? Ek weet vir ‘n feit ek sou eerder ‘n handvol gras geeet het voordat ek van die grtraumatiseerde dier se vleis sou eet.

Gedagte van die dag: Mense is weird.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Rusty myne Kruie en speserye

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  November 9, 2011 om 8:53 vm

    Eerste!!!

    Dit is barbaars. En net ‘n barbaar tree barbaars op. Hoef ek meer te sê.

    Ek was al in ‘n slagpale waar beeste geslag word. Die beeste word sover as moontlik heel rustig gehou. Die skok spaar hulle al die ander trauma.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  November 9, 2011 om 10:26 vm

      net interessantheidshalwe. Die boere manier mag die vinnigste en die genadigste wees. Die dier weet nie wat het hom getref nie.

      Antwoord
  • 3. Selene Phoenix  |  November 9, 2011 om 9:11 vm

    Nee kyk, ek het het nou wraggies al alles gehoor!! Hoe kan jy dit vergelyk? Is daai vrou van haar trollie af? Hoe regverdig dit met “kultuur” om ‘n dier so te laat lei met die wat hopenlik niks voel as hulle geslag word nie?

    En dit omdat ‘n meisie “mondig” word – net omdat jy begin bloei beteken nie die dier moet ook nie! 👿 (om dit nou kras te stel)

    Antwoord
    • 4. Olga  |  November 9, 2011 om 10:23 vm

      ek kon dit nie beter gestel het nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: