Daglelies

November 7, 2011 at 7:23 vm 9 Kommentaar

Toe ons 2004 in hierdie huis ingetrek het, was daar ‘n paar bome, onder andere drie azalea bome. Alles wat ek gekoop en geplant het, het met die beste versorging waaroor ek en Patrick beskik het, gevrek. Hulle het absoluut gekwyn en gevrek. Dan het ons weer gespit, klippe geoes, kompost gegee, goed gewater en weer probeer. Altyd met dieselfde gevolge. Patrick het my egter verseker dat hy ook vir die vorige inwoners gewerk het en dat hulle plante in die tuin gehad het. Die tuin was egter gestroop voordat ons ingetrek het. Sake het so voortgesleep tot 2007 toe ‘n vriendin my weereens vertel het om kompost en kunsmis vir eers te laat links lê en Seagro te gebruik. Die goed stink egter ten hemele en ek het dit nietemin gaan koop en gebruik volgens die aanwysigings op die bottel en Way se raad.

Eerste reël het sy gesê, BEG, STEAL OR BORROW. Jy kan koop wanneer dit groei. So gesê, so gedaan. Onder die eerste bedelplante uit haar tuin, is daar een daglelie want sy self het net vier. Ek het dit geplant. Toe roep die buurvrou oorkant die straat my eendag toe ke verbygestap het met my honde en daar staan haar daglelies vol in die blom, ek he seker nie te sê nie, maar ek is daar weg met ‘n arm vol.

Vandag kan ek julle verseker daglelies is geharde, aanpasbare plante wat verkieslik volson wil hê. Hulle groei geil en gedy met geen of bitter min versorging. Sommer gou was my een enkele daglelie ‘n klos. Ek het dit verlede jaar, toe hulle afgeblom was, opgespit, verdeel en herplant. (Ek verkies om dit te doen wanneer hulle begin uitloop in lente. Maar soos Selene sou sê, dis nou net ek.) Spit dit maar wyd uit want die wortels is nogal wyd versprei. Dan kan jy die plant ferm vasdruk terwyl jy die plante versigtig uitmekaar uit trek. Spit die plek waar jy hulle nou gaan plant, goed om, breek kluite op, verwyder klippe en spit bietjie kunsmis of kompost in die grond in. Verplant dit sodat die “kroon” (waar die wortels en blare aanmekaar vaskom) sowat 3 cm onder die grond is. Druk dit stewig vas. Water dit baie goed en gee die eerste twee weke gereeld water sodat die plant nie verdor nie.

Dis ‘n baie dankbare plant en sal nie nalaat om jou te beloon nie. Dis nie goeie snyblomme nie, soos die naam sê, die blom hou maar ‘n dag. Tog sal daar elke dag ‘n blom oopgaan want dit mos ‘n trossie knoppe en lyk behoorlik of daar net een blom per dag oopmaak. Geniet hulle. Hulle is glad nie lui om te blom in lente en somer nie.

Gedagte van die dag: Tyd wat jy gebruik op ‘n goeie taak is nooit tyd wat vermors is nie.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Ousus sê nee!!! Rusty myne

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  November 7, 2011 om 8:22 vm

    EERSTE!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  November 7, 2011 om 8:24 vm

    Ek het beslis nie die geduld om ‘n tuinier te wees nie. 😉 Maar ek waardeer graag ‘n mooi tuin.

    Antwoord
  • 3. Olga  |  November 7, 2011 om 10:01 vm

    ja, mens moet maar geduldig wees. Veral hier waar jy bv angeliere plant dn kruiiwa vol klrp kom op.

    Antwoord
  • 4. Selene Phoenix  |  November 7, 2011 om 1:09 nm

    Dis baie mooi!! Sal nie omgee om so paar in ons tuin te hê nie!

    Ek is mal oor tuin maak! Ons het alles in ons tuin geplant, want daar was net gras toe ons intrek… en moet sê vandag is dit lekker om terug te kyk en te weet dit was alles jy (en die tuin jong natuurlik) 🙂

    Maar dit kom alles met geduld want as mens nie geld het nie, koop jy die kleinste boompies en plante 😆 (maar dis dalk net ons 😉 )

    Antwoord
    • 5. Olga  |  November 7, 2011 om 5:42 nm

      ek dink die kleiner boompie is in elk geval die beter keuse. Jy is gelukkig om n tuinjong te kry. Hier wil hul nie meer tuin en huis-werk doen nie. Tuindienste weier om randte netjies te hou of beddings skoon te maak. Nou maak ek maar organies tuin. 😉

      Antwoord
      • 6. Selene Phoenix  |  November 8, 2011 om 9:56 vm

        Ek moet sê (en brag) ons tuinjong is vir ons goud werd! Hy doen alles, van tuinwerk, houtwerk en het al ons honde gestap! 🙂

        Hy maak ook nie bedding al hoe groter en groter nie… sny ons lolliepop boompies mooi en pak selfs klippies reg.

      • 7. Olga  |  November 8, 2011 om 9:04 nm

        Waardeer hom lienkie, hulle is skaars, hoor.

  • 8. iemand wat weet  |  November 7, 2011 om 3:09 nm

    ek wonder altyd wat is die blomme se naam. nou kan ek by did kwekery n naam gee. ek het al 4 lote blomme met lang smal groen blare gekoop maar dis nooit die regte blom nie.

    Antwoord
    • 9. Olga  |  November 7, 2011 om 5:45 nm

      dan is ek bly ek kon help, iemand. Ek gaan ook dikwels kwekerye toe. Om die naamlose blomme in my eie tuin te gaan eien en n naam vir hul te kry.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: