Versigtig ry

November 3, 2011 at 7:00 vm 3 Kommentaar

My noolste Nolie sal altyd sê: “Graskop? Die dorp se naam moes blerrie miskop gewees het. Ek is nie groot op die rondry ding nie. As dit tyd word vir my Fordjie se diens, dan kners ek op my tande. Dis nie bloot om die hoek ry nie, ek moet 89km ry om by die motorhawe te kom waar my Fordjie gediens word. Waar ons woon, kry ons dikwels mis. Ek dink meer dikwels in somer as in die wintermaande.

Maar ek wil nie kerm nie, so ek sal nie afdwaal nie. Ek is nie ‘n goeie bestuurder nie, nee, net gemiddeld of net ‘n gewone bestuurder hoe jy dit ookal wil stel. Ek ag dit werk om in my Fordjie te klim en dorp toe of waarookal heen te ry. Dis veral ‘n sjleb wanneer dit reën of mistig is. Ons paaie is, soos almal wie al via Graskop Potholes of Limpopo toe gery het, vrot. Absoluut vol slaggate. Van die slaggate is herstel maar vir al die goed wat dit gedoen het, kon hulle maar die geld in die een of ander staatsamptenaar se sak gedruk het.

Ari tog, daar het ek klaar weer afgedwaal. Wanneer dit so mistig is, stel ek dikwels uit om dorp toe te gaan. Solank my honde, kat en hoenders kos het en natuurlik oorle Gatiep se ses weduwyfies ook, sal ek eerder swart tee drink as om in die mis te ry. Dis vir my so opvallend wanneer ek wel ry hoe die mede motoriste se manier van doen altyd verander. Jy kry die mens, die uwe ingesluit wie maar dan die pad bekruip. My hoofligte is aan, maar dit moet aanwees sodat ek die misligte kan gebruik. Ander se “hazard” ligte is aan, self al is die mis nie juis dig nie. Tog so snaaks hoedat hulle die “hazard” ligte sal aansit en dan tog 120km per uur voortstorm. Dan kry jy ook mense wie nie eers in die ergste reënstorm hulle spoed sal verminder nie.

Ek het ook al in die Laeveld geleer as dit DIGTE mis is, om my fordjie se “hazards” aan te sit. Die vraag wat telkens by my opkom wanneer ek dit doen is hoe wettig dit is om met die “hazards” aan te ry? Ek het egter lankal besluit “wanneer in Egipte, doen soos die Egiptenare.” Wanneer op die pad,doen soos jou mede motoriste doen. Sit jy “hazards” aan in gure weer? Verminder jy spoed? Dink jy die spoedvermindering van ander motoriste is gevaarlik vir ander padgebruikers?

Gedagte van die dag: Die ligte maak dalk jou motor meer sigbaar, dit laat jou nie sien sonder om te kyk nie.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Sop vir 4 Ousus sê nee!!!

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  November 3, 2011 om 8:13 vm

    Eerste!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  November 3, 2011 om 8:15 vm

    Party mense sit hulle noodligte vir 10 druppels reën aan. Ek ry wel stadiger as die pad nat is, maar dit is seker nog steeds nie stadig nie.

    Laat my dink aan wat ‘n duitser my vertel het. In die winter is sy bang dat sy in die sneeu gaan gly, daarom stel sy haar spoedbeheer op 190 km / h. 😯 As ek ‘n intense behoefte het om 190 km / h te ry, sal ek wag tot die pad droog is en sigbaarheid uitstekend is.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  November 3, 2011 om 1:21 nm

      ek wil nie eers 190 km/h ry op n reguit, droe pad nie. Veral nie in mpumalanga nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: