Is dit steel?

November 1, 2011 at 8:24 vm 4 Kommentaar

Ons was Saterdag Nelspruit toe. Ek het met ‘n paar kleertjies gestaan wat ek vir ‘n vriendin se kleinseun gekoop het. Agter my het die “mama” gestaan met haar drie spruite. Sy was geklee in ‘n rooi “adidas” t hemp. Levis jeans en adidas tekkies. Sy staan in Ackermans met ‘n pnp trollie. Die kinders was seker so twaalf, dogter, ‘n nege jarige dogter en die jongste was ‘n seun. Ek dink hy was dalk vier.

Dan druk hulle die trollie teen my rug vas, dan storm die sussietjie teen my vas, dan was dit dit boetie wie my as ‘n stopblok gebruik het. Homer het veiligheidshalwe eerder buite gaan staan toe hy my sien vastrap en die trollie in trurat dwing. ‘n Verbete stryd met die ma wat ewe hard vorentoe probeer stoot het, maar ek het haar gewys, twee Olga bene is sterker as ‘n paar arms. Veral as die bene deur die uwe staangemaak is. Sy het gou bes gegee. O, ja. Ewentwel, omdat die jongste is seun is, is hy natuurlik bo sy sussies verhewe. Dan gaan hy in watse taal ookal aan’t skel dan lê die ma haar eier en die sussies moes maar bes gee.

Daar gryp mama toe ‘n whippie en skil dit. Gee vir Boetman wie ewe kordaat weglê aan die lekkerny. Hy het haar ‘n hap uit sy mond laat neem, stukke afgebyt en sy sussies daarmee gespoeg. Toe die trollie weer heeltyd druk, druk in my rug, draai ek dwars en heup die trollie weer vol teen mama se maag vas. Ek kyk haar glimlaggend in die oë terwyl ek dit doen. Ek kyk in die trollie en wat sien ek? Daar lê die leë whippy papier, boetman staan nou met ‘n barone” in die hand. Verder is daar drie pare ou, ja, ek meen ou, afgetrapte, deur geskifte pare kinderskoene in die trollie en een paar dames plakkies. Ek sien dat aldrie kinders nuwe skoene aanhet. Die ma staan egter met die etikette in haar hand. Dus neem ek aan die kinders wou die nuwe skoene dra voordat dit betaal was. In Olga se boekie ‘n groot NEE NEE NEE. Maar almal is egter nie Olga nie. Die jongste van die dogters het ‘n pakkie jelliebeertjies beet en sy lê weg en kla as ousus haarself uit die pakkie wil help.

Toe ek die volgende rondte stampe met die trollie die hoofbied sien ek dat Ousus staan met ‘n pak kougom in die hand. Mama is nou al grys om die kieue maar ek gee nie ‘n moer om nie. Druk my en ek druk terug. Sy neem toe ‘n perc. Daar is blykbaar twee in die pakkie en dit kos die rojale som van R2. Sy gee dit vir Boetman wie dit uithou na Ousus wie dit oopmaak en ‘n hap neem. Wat toe veroorsaak dat Boetman ‘n regte vloermoer gooi. Wat weer ten gevolge het dat mama ‘n ander perc neem dit oopskeur en vir Boetman gee. Genadiglik was dit my beurt en wragtig, ek het net my goedjies op die toonbank neergesit toe is Boetman teen my.

Sy ma is by die kasregister langs my. Toe besluit ek ek mis die betaal tog vir absoluut boggerol. Die etikette wat van die skoene afkom lê nou onder in die trollie tussen al die sweet papiere. Glo my, sy het nie die etikette of enige van die papier aangegee om opgelui te word nie. Ek het toe die dame wie my help vertel wie my gesê het hulle monitor almal wie in die ry staan. Ek het haar gesê dis stront. Maar het maar my kleingeld geneem en geloop. Dis geen wonder jy kan al deesdae goedkoper by Edgars koop as by Ackermans nie. Met al die “nie diefstalle” wat hulle beleef, kan dit nie anders nie.

Gedagte van die dag: Is dit net ek, of het hulle gesteel?

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Doring in die vlees Sop vir 4

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  November 1, 2011 om 9:07 vm

    EERSTE!!!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  November 1, 2011 om 9:09 vm

    Natuurlik is dit steel. Soos die mense wat hulle papiere tussen die winkelrakke ingooi. Ek wonder of dit regtig so moeilik is om te wag tot jy klaar betaal het voordat jy wegval of aantrek.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  November 1, 2011 om 6:08 nm

      wil jy vhr my se hulle koekeloer nie eers meer die kliente tussen die rakke nie? Verhaal hul bloot die tipe diefstal op die produkte wat onskuldige KOPERS wel betaal?

      Antwoord
  • 4. Bileam se Donkie  |  November 1, 2011 om 12:11 nm

    Is steel ja!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: