Koffietyd

Oktober 19, 2011 at 8:19 vm 8 Kommentaar

Ek is ‘n tee drinker.

Dr Zeus het my egter die dood voor oë gestel as ek nie een koppie koffie per dag drink teen Alzeimers nie.  Dus, 19:00 is koffietyd vir Olga.

Wanneer ek tee drink, dan drink ek tee.  Tog 19:00 wanneer ek my koffie maak, kry ek ‘n lus vir koekies soos julle nie sal glo nie.  Nie koek met ‘n heerlike versiersel, of tert met die lekkerste, romerigste,  sjokoladerigste vulsel nie, nee, nee.  Dan kry ek lus vir ‘n soetkoekie.  ‘n Droë koekie.  ‘n Lekker outydse soetkoekie.  Een wat ek in my koffie kan doop.  Dan tel ek gou 1, 2, 3, en lig dit vinnig op na my mond toe.  As dit ‘n lekker dik koekie is, sal ek gou eerste die koffie daaruit suig voordat ek die nat gedeelte afbyt en verorber. Bogger, dit, laat ek vir my ‘n baksel aanmekaar gaan slaan vir more aand.

Gedagte van die dag:  Moenie ophou dink voordat jy nie sake deurdink het nie.

Advertisements

Entry filed under: Go Go.

The gift of the gab. ET alweer

8 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Oktober 19, 2011 om 8:31 vm

    EERSTE!!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Oktober 19, 2011 om 8:55 vm

    Ek is ook nou lus vir koekies en dit sonder koffie.

    Antwoord
  • 3. Selene Phoenix  |  Oktober 19, 2011 om 9:05 vm

    Ek love ook koekies en koffie!! Deel asb ‘n lekker soet koekie resep Een wat ek sal kan maak 🙂

    Antwoord
  • 4. Olga  |  Oktober 19, 2011 om 10:13 vm

    ek het n resep wat maklik is selene, dit kan met sukses gehalfeer word as jy dit te veel vind.

    Antwoord
  • 5. seegogga  |  Oktober 19, 2011 om 11:25 vm

    Gemmerkoekies- niks doop lekkerder in koffie nie!

    Antwoord
  • 6. Olga  |  Oktober 19, 2011 om 12:24 nm

    mens moet eintlik maak soos my noolste nolie. Vat beskuit, alle koekies en slaan jou emmer koffie met 1 slag weg. Dan eet jy droe beskuit en koekies.

    Antwoord
  • 7. iemand wat weet  |  Oktober 23, 2011 om 11:37 nm

    hoe verlang en nou terug na my kinderdae opi plaas. die kofie pot in die hoek op di aga. die bord vol klinkers wat ma in die middel van die kombuis tafel neergesit het. as ek jawbreakers sien, verlang ek ook na die middae om die ou kombuis tafel op die plaas.

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Oktober 24, 2011 om 9:00 nm

      Ek dink soetkoekies en mariebeskuitjies sal goeie karperre uitmaak.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: